
My tweede Mahindra.
Ek het hom laat vanmiddag gaan haal en toe 'n lekker draai gaan ry, kon amper nie terug by die huis kom nie want hy wil net toer! ![]()
Môreoggend gaan ek bietjie kyk hoe om hom te laai en dan die pad vat Zaagkuilsdrift toe vir 'n lekker eerste kamp in die bos met ons nuwe kamp voertuig.
Hierdie is die 2020 model met al die nuutste S11 kenmerke sowel as die dieselfde krag en 6spoed ratkas as die nuwe Karoo bakkies.
Ons het lekker getoer die laaste 10 jaar met die LWB Caddy Tdi , maar sy 200k's op die klok was genoeg vir my en hoop ek ons gaan dieselfde en meer genot en toere uit die nuwe Mahindra kry.


Frikadel ek het met die idee…
Frikadel ek het met die idee gespeel en is nie so seker daaroor nie. Dit dra 'n ekstra 65kg gewig by die voertuig en aan die voorkant. Met die Mahindra bakkies is dit 'n ander storie want die bakkies kan voor gstel word om bietjie hoogte te kry indien die bosbumper se gewig hom voor laat sak - Maar die SUV is bietjie anders gebou as die bakkie en vir hom moet 'n mens spacers laat insit om voor te lig (wat ek nioe sommer wil doen nie) - so ek ry maar myne so standaard en as ek die voorste bumper dalk beskadig dan koop ek maar 'n nuwe (2dehandse) een - ek sien die ouens adverteer gereeld voorste bumpers wat hulle afgehaal het om 'n bosbumper voorop te sit - vir so R2000 - Dan kan ek mos 10 keer my standaard bumber in sy dinges ry en ruil vir die prys van een staal bosbumper?
Ek speel wel met die idee om iemand te kry wat vir my 'n liggewig custom tipe nudgebar kan ontwerp en bou wat bietjie meer beskerming voor onderlangs bied. Maar moet sê, ek het al redelik rof gery en toer en alles werk nog goed?
Anton, probeer uitlaat…
Anton, probeer uitlaat plekke soos bv Supa Quick, daar by julle behoort iemand te wees wat van uitlaat pyp so iets te kan bou. Wel sagter, maar dit lyk mooi en sal tog beskerming gee.
Bly n baie mooi voertuig,…
Bly n baie mooi voertuig, waarom ek noem van die bulbar, nou die dag die een gesien wat so uitkom, vrek mooi!
Gaan jy inruil Anton?
Ek sien daar is ‘n nuwe Scorpio. Gaan jy inruil Anton?
Ek sien die nuwe Scorpio-N…
Ek sien die nuwe Scorpio-N trek baie aandag en eerste voertuie is al in besit geneem hier in SA. Mahindra staan defnitief nie stil nie en Indië ook nie - nou bekend as die grootste opkomende wêreld ekonomie.
As 'n mens nou oor die sensitiwiteit van 'n voertuig se kenteken kan kom, dan is Mahindra defnitief 'n voertuig om te oorweeg.
Die Scorpio wat ek besit sal voortaan die Scorpio "Classic" genoem word en sal nogsteeds beskikbaar wees in SA, maar blykbaar slegs in 2x4?
Dit is seker tyd dat ek weer…
Dit is seker tyd dat ek weer 'n update gee. Dit is nou 3 jaar sedert ek ontvangs geneem van my SUV. Ek is amper op 50 000km.
Vandag is ek bly dat ek die SUV gekoop het en nie die bakkie nie, want die ekstra ry sitplekke gaan baie help met al die kinders wat oppad is.
Die enigste probleem wat ek nog gehad het met die voertuig was toe 'n baie skerp klein klippie in die serpentine belt se pully vasgesteek het en die band stukkend gesny het.
'n Kwaal wat nie direk te doen het met Mahindra nie maar eerder die BORG WARNER transfer case is die feit dat die ding gebruik wil word. As ek hom vir paar maande laat los en nie oorskakel nie, dan moet 'n mens gewoonlik eers bietjie vorentoe en agtertoe ry terwyl tussen 4H en 4L geskakel word om dinge te laat inskop. Blykbaar maar 'n algemene issue wat die elektroniese transfer cases het. Ek probeer dus om 'n gewoonte daarvan te maak om ten minste 1 x per maand bietjie in die veld te gaan speel om olie in die transfer case ens te laat beweeg.
Die ladder frame onderstel is solied, maar bied nie dieselfde gemak as die monocogue sogenaamde SUV's nie. Maar wanneer hy die teerpad verlaat voel alles reg.
4x4 gewys - daar is geen difflocks nie, maar ek het dit nog nooit nodig gehad nie. Op diep los sand loop die outjie soos 'n droom solank bande af is tot so 1.6 bar.
Sal ek weer een koop? Nee, want sy kattebak is nou te klein vir ons gesin van 6. 'n Quantum of Kombi sal meer prakties wees. Dalk 'n 4motion transporter? Ek dink die nuwe Sorpio N is 40mm langer as my model so daar is darem klein bietjie meer spasie agter in, maar nie genoeg vir toer met 6 mense nie.
Baie oulik. Dit lyk of daar…
Baie oulik. Dit lyk of daar 2 staan?
En toe ek my oë uitvee toe…
En toe ek my oë uitvee toe is die staalraam 5 jaar oud.
Ek het voorste remblokke nou op 74 000km vervang.






Hy kort nou net daai…
Hy kort nou net daai geintegreerde bosstamper...