Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tyd tot Junie'27..... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Mata Mata Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Afrikaanse Forum Afrikaanseforum.co.za Maria Lock -6 hours ago
Jou gelukkige dag Neef Herman Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -14 hours ago
Herman... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -14 hours ago
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -16 hours ago

November saampraat

Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Jan Meyer skop die maand af met sy verjaarsdag (wat toe 'n fout is). Vele meer word jou toegewens Jan (wat ek sal herhaal op 19 Nov). Mag jy vinnig volkome herstel na jou operasie.

Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 10/11/2025 - 21:58

Sake het so effe anders verloop. Ek het gedink dat ons verlede Dinsdag eers gou by die parkeraad se kantoor in Nelspruit kan aandoen om so 3 of 4 nagte in die wildtuin te bespreek. A.g.v. 'n trok wat omgeslaan het in Schoemanskloof was ons te laat daarvoor en net betyds vir Daan se afspraak by die ortopeet. Die clips van sy knievervanging is uitgehaal maar die ortopeet was nie baie gelukkig met heelwat swelling van die been en voet nie - gaan vir 'n sonar. Dit wys toe 'n bloedklont erens onder die knie. Hieroor is die dr. nie te bekommerd nie - medikasie kan dit oplos. Na al hierdie toertjies was dit vyf uur en te laat om die wildtuinbespreking te gaan doen. Dit was sommer donker en het begin reën. Die enigste karavaankamp wat ons daar ken is wat tevore Ben-mari was in Witrivier. Dit heet nou Busa House......en ja, daar was plek.....

Woensdagoggend het ek voorgestel dat ons miskien eerder huis toe kom, maar Daan reken om pille in die wildtuin te sluk kan 'n beter uitwerking hê as tuis. Terug Nelspruit toe en kry plek vir 1 nag in Skukuza en 2 aande in Satara. Die reën het in daardie stadium opgeklaar en ons het vir die hele tyd heerlike koel en bewolkte weer gehad. "Die hele tyd" het uiteindelik nog 2 aande meer geword - 1 in Satara en die laaste in Skukuza.

Die suide van die wildtuin en so ver as Timbavati piekniekplek (hoogste waar ons gedraai het) het goeie reën gehad en is pragtig groen. Die grassies is nog kort en mens wens vir opvolgreën. Dít alles gesê het ons nader aan Phabeni vanoggend 'n gedeelte gekry waar dit nog baie droog is. Damme kort ook water.

Diere: ons het baie gesien - veral bly oor die drie bromvoëls, 'n paar enkel aasvoëls en twee witrenosters. Leeus en luiperds was volop - darem nie net lui slapers nie, sommige het in die pad gestap.

Ons het vanoggend by Phabeni uitgery, Hazyview, Sabie toe. Daar is steeds baie padwerk en dit wat mens wel op moet ry is nie in 'n goeie toestand nie. Die pragtige plantegroei maak egter op vir al die pad-ongerief. Ek verkies dit ook veel eerder as die N4 tussen Nelspruit en Malelane wat ons Woensdag gery het - die hoeveelheid trokke en padwerk daar maak dit 'n nagmerrie. Kort anderkant Sabie het ons in digte mis beland wat die Long Tom Pas minder plesierig gemaak het tot in Lydenburg. Ons is darem veilig tuis en ek is dankbaar daarvoor.

 

 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 11/11/2025 - 01:13

Sjoe Rona, as jy praat van volop luiperde en leeus in die pad, het julle besondere goeie tyd in KNP gehad. 

Julle moet maar Daan se bloed klonte mooi dophou

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Tue, 11/11/2025 - 05:53

Baie geluk met jou verjaarsdag Herman. 

Goeie gesondheid en vreugde vir hierdie jaar. 

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Tue, 11/11/2025 - 05:58

Baie lekker verjaar Oom Neef en baie lekker wildtuin wegbreek Rona! My hart trek met ‘n punt. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 06:16

...ek hoop jy word vandag bederf met alles wat jy van hou!!! 

Baie geluk met verjaarsdag. Ek wens jou toe 'n gesonde, opwindende en reisende nuwe lewensjaar.

Vandag veral mag jy doen net wat jy wil, al is dit ook niksdoenlaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 11/11/2025 - 07:45

Baie geluk met jou verjaardag. My wens is dat die jaar (en sommer jare) wat voorlê goeie gesondheid sal inhou sowel as vele lekker wegbreke.

Ek wou vir jou 'n "prentjie" plaas, maar hier is nie 'n gepaste een nie. Die rooi lippies sou moontlik 'n bietjie te gewaagd weeslaugh. In elk geval, sien maar 'n helder geel sonneblom in jou gedagtes.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 08:03

Ek sien nounet die goeie nuus. die inwerkingstelling van die gewraakte mankoliekerige stelsel is UITGESTEL tot 1 Julie 2026.

Ek wonder hoeveel het die WesKaap se hofaansoek teen implementering daartoe bygedra. 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 11/11/2025 - 11:42

Dankie al die Maters. Baie dankbaar dat ek nog elke oggend langs ouma wakker word en vir haar te kan koffie maak, en die katte se brekfis gee, en vir Giep ń gekookte hoendernekkie warm maak. 

Die waarheid is eintlik dat die oud word nie regtig aangenaam is nie. Die veranderinge in my lyf die afgelope paar jaar was soos ń weghol mynkar in die skag af. Dis flippen duister daar voor, en die spoed raak buite beheer.

Maar vandag kry ek tjoklit koek. Vanaand stukkie steak met ń  Raka  Quinary wat nou al te lank my lê en koggel. Sal my glasie op julle almal lig.

Groete.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 11:53

....ons sal die kant ook 'n glasie lig----Cabernet of Pinot Noir. 

Die naam "Raka" pla my so effenslaugh 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Tue, 11/11/2025 - 16:16

Het jy ook Raka as voorgeskrewe werkgehad ? Ek het dit nogal geniet. Die Raka wyne is eersteklas.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 11/11/2025 - 17:17

...seker maar waar ek die negatiewe persepsie oor woord "Raka" gekry het.

Sowaar daar lees ek dit nou die aand in Bybel ook, sal die plek moet soek.

Dit staan in '53 vertaling in Matthëus 5 vers 22. deur iemand Raka te noem is so goed mens skel hom uit as 'n gek of idioot.

Die woord is uit die latere vertalings weggelaat.

0
Irene
Profile picture for user Grootwind

Grootwind

Tue, 11/11/2025 - 18:26

Ook Raka as voorgeskrewe werk gehad, Deel van Afrikaans, was nogal 'n riller gewees, of dalk het die onderwyser dit 'n riller gemaak!

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Tue, 11/11/2025 - 18:38

Hulle 1ste SA YouTube video is gelaai. Ek gelp hulle nasr idees gee waar om te gaan. Hulle wou Drakensberg sien....ek het paar opsies gegee, hulle het toe Mahai gekies omdat hul hou van mooi natuur eerder as oord fasiliteite. Reen en slegte weer het hul besluit om Oos Transvaal toe te gaan. Ek was verbaas toe hulle my gister WhatsApp en sê hulle is in Nelspruit. Hulle wil n dag of 2 wildtuin toe gaan, maar moet volgende Saterdag terug in Pretoria wees. Die plan is om nou 2 dae te staan by Panorama in Graskop en dan 2 dae by Swadini. Vandaar gaan hul Knp toe via Orpen hek....kon 1x aand in Satara kry en 1x aand in Skukuza. Voorstel is dan om uit te gaan by Malelane en N4 huistoe.

Hulle is tans in Swadini....hulle love die plek

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 11/11/2025 - 19:34

Ek het die eerste video van hul toer in Afrika gekyk en baie dankie gesê dat hulle kampeerders soos o.a. Geert ontmoet het wat 'n bietjie rigting en advies kon gee. Uit onkunde kan buitelanders hier nogal in die moeilikheid beland. Swadini is pragtig en ek hoop dat hulle die wildtuin ook sal geniet.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 11/11/2025 - 19:56

Ek is bietjie agter met leeswerk, maar hoop dat Jonika by nou reeds tuis is en dat dit voorspoedig gaan met haar. Dankie vir die deel van goeie nuus. Ek is baie dankbaar saam met julle.

Wanneer jy so "afwesig" raak neem jy seker darem ook 'n paar foto's?? Plaas asb. so 'n een en ander - selfs al is dit weer eksotiese geregtelaugh

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 11/11/2025 - 22:51

Rona, dankie vir die uitvra.  Lolla is nogsteeds in die hospitaal asgevolg van hoë infeksie tellings - wat eers moet afkom voor sy ontslaan kan word.  Sulke infeksies is maar sensitief ingeval van derm-werke.

Ek gaan komende naweek vir die eerste keer in 'n baie lang tyd kamp. Pa alleen saam met die 2 laaities en die tweeling moet saam gaan.  Die seuns verjaar 4 dae uitmekaar komende naweek en aangesien hulle so bietjie visvang mal is gevra ons moet gaan visvang kamp.  Ek gaan dit natuurlik eenvoudig hou met 'n enkele groot seiltent en isolasie met slaapsakke. Daar gaan min geslaap word aan my kant.    Ek sal dus foto's neem en plaas van Wonderland 45 waar die visse gewoonlik byt.

Lolla se nasorg is reeds gereël en ons het al voor die operasie voorsiening gemaak vir die komende visvang kamp.  Sy gaan uit die hospitaal eers bietjie by haar ma herstel anders gaan die kinders haar nie ruskans gee nie.  

Dalk kry ek ook tyd om 'n paar lyne nat te maak en 'n bass te kul met 'n stuk plastiek.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus