Vind ek vanoggend baie interessante werkwinkel in Brits. Die plek genaamd Expedition 5.0 spesialiseer in allerhande verbeteringe en ombouings van veral Toyota produkte.
Het die eienaar ontmoet en 'n baie eerlike insiggewende gesprek gehad oor "free flow systems", "mapping" en elektroniese afsluit van die "EGR" stelsel.
Vir ouens wat in sulke dienste belangstel, kan hulle soek op die internet Expedition 5.0 of toyotaservices.
Wonder self
Die wat Wessel hunker na die Toyota tot by Dakar spec wil kry, glo ek stellig dat als gedoen word. Grompie op steroids....
Wat ek .....
...laat doen? Net mooi niks op die stadium nie.
1]Volgens die persoon gaan ek weinig [eintlik niks] baat met 'n vryvloei nie. Hy sê dat hy oneerlik gaan wees om my dit te laat doen.
2]"Mapping" kan groot verbetering bewerkstellig, sonder negatiewe effekte aan enjin.
3] Ek wil weer gaan gesels oor die "afsluit" van die EGR stelsel.
Die man is mal oor hoofsaaklik die V6 petrolmasjiene. Wat ek kon sien in netjiese werkwinkel is Prado's en Land Cruisers, met paar v6 Hiluxe.
Hoe meer blootstelling, hoe meer teenstrydighede kom mens teë. Ek is eintlik effe in die war oor die vryvloei inligting.
Dink daar is 'n oorwig van…
Dink daar is 'n oorwig van getuienis dat veral goed soos mapping oor die lang duur negatief vir die enjin se lewens verwagting is. Is mos logies? As die harder moet werk om "beter" te presteer moet daar mos erens 'n prys betaal word (mother nature gives you nothing for free...it all costs"). Ek verwonder my aan die ouens wat altyd reken hulle kan toor sonder enige gevolge! Die produk wat jy van die handelaar se vloer af koop is die beste kompromis tussen prestasie, effektiwiteit, en omgewings impak.... Die onder werp is al herhaaldelik op verskeie forums bespreek. Verstom my dat party van die lede afskaal van 'n 2.8 enjin na 'n 2.4 ene terwyl ander weer allerhande slangolie truuks oorweeg om hulle 2.4's "op te gradeer"! Eish, dis tyd dat die jaar tot ruste kom.
Grootwind...
ek kan net namens myself praat.
Ek het kasterolie gemeng met Prolong probeer, maar ou Grompie se uitset het effe ka...erig geword. ![]()
![]()
Wat verstommend is, is dat die verskaffers van sulke dienste met "gesag" oor die onderwerpe praat. Ek stem saam met jou oor die "mapping"
Heh heh! Ek onthou nog die…
Heh heh! Ek onthou nog die Prolong storie op een of ander Wegsleep forum klompie jare terug. Ek het nogals destyds die spesifieke vervaardigers se beweerde laboratorium verslag by die Lab self aangevra....kon slegs 'n voorblad van hulle verslag kry met 'n kort boodskap dat dit vertroulike inligting is en my nie beskore is nie - moes dalk eers iets soos "top secret" klaring kry, myne het ongelukkig lank gelede reeds verval!. Daar was (is?) ook party firma's ter plaatse wat beweer hulle produkte is "SABS getoets" Verdere ondersoek toon gewoonlik dat dit korrek is dat die goed getoets is, maar nou nie juis die toets geslaag het nie...die laaste deel is ook gewoonlik vertroulik! Seker ek het erens nog 'n klomp wetenskaplike artikels oor die Prolong goete...dink egter nie daar was iets oor kasterolie nie! Daar was egter rondom daardie tyd ook iets oor die sg. postiewe gevolge van die byvoeging van 'n knertsel 2-slag olie by elke tenk diesel as jy jou trokkie volmaak....
Knertsie 2 slagolie
Dalk was ek die sondebok oor daardie eiertjie.
Lank gelede was hier 'n man op die dorp wat met die 1ste Ford wat met die turbo-diesel masjien uitgekom het, rondgery het. Sy trokkie het besonders sag geluier, so sonder daardie tipiese dieselenjin gekletter.
Ek vra hom daaroor, en hy seg toe, dit is weens die beter smering afkomstig van die knertsie 2-slagolie.
Knertsie 2 slag olie.
Ook gehoor dat dit beter smering gee. Sê ń ander oubaas my eendag, diesel is ń baie fyn smeermiddel. Dit kan ek glo want die meganiese dieselpompe se smering is die diesel self. En as jou filters skoon is, hou dit vir ewig.
Die 2slag olie kan ek so van praat. Nou nie op diesel enjins nie, maar op trimmers en kettingsae wat ek hier gebruik. Daar is die organiese?? Olie wat jy by die garage kry, en dan die vol sintetiese wat deur Husqvarna of Stihl verkoop word. Ek gebruik die sinteties en die sae en trimmers hou verskriklik goed enjin gewys. Na tien jaar of langer, val die hele masjientjie uit mekaar, maar maak die enjin oop, en daar is nêrens ń stukkie koolstof te bespeur nie, als blink. Tot die uitlaatstelsel is nog sonder enige aangebrande olie.
So sou ek ń knertsie 2slag in my diesel voertuig se tenk oorweeg, sal dit vol sinteties wees. Maar eers nadat Neef se Dementia oorhand gekry het.![]()
Ek wil so graag ...
Verstom my dat party van die lede afskaal van 'n 2.8 enjin na 'n 2.4
... ook gaan "for buy for" daar op Henties se sand en in die Kgalagadi en ander plekke. Maar die paar oulap tot my beskikking kan nie 'n 2.8 4x4 bekostig nie. Daarom volg ek maar die 2.4 roete. Ou Wessel bevestig dat dit nie 'n vrot roep is nie - en ek vertrou nogal die ou. En die manier waarop hierdie ouballie ry behoort 'n 2.4 Hilux te werk. Andersins moet ek iets Chinees oorweeg, maar ai - ek het nog nie genoeg vertroue in die goeters nie. Dalk 'stupid' van my.
EGR afsluit
Ek het so bietjie navraag gedoen oor die " elektroniese EGR agsluit".
Dit is wanneer die EGR klep se funksie in die programmatuur oorskryf word om heeltyd toe te bly.
Dan word 'n fisiese blindeflens[plaatjie] in uitlaatstelsel nie benodig nie.
Nou praat die ...
EGR klep
... slim kernwetenskaplike darem heeltemal bokant hierdie ou gifsmous (wie se kop al hoe dowwer word) se vuurmaakplek. Wat de heng is 'n EGR-klep. Het my Hilux ook so-iets?
EGR klep
Chris, ons ry mos ordentlke bakkies, dis darem 'n Hilux!!!! Ongelukkig het ons trokkies ook die Exhaust Gas Reticulation stelsel in. Dit neem uitlaagas en hersirkuleer dit terug in die inlaatgas stroom in. Dit lei blykbaa oor langperiode na die opbou van koolstof aanpaksels.
Ek sal mettertyd nog navors of mens op ons leeftyd![]()
daaroor hoef te bekommer.
Dis nou weer die Europeërs met hulle streng lug uitlaatgas standaarde. Nou straf hulle sommer ons boere boxer-pyprokers ook.





En?
Watter gaan jy alles laat doen?