6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -41 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -1 hour ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Foto neem Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -3 hours ago
100de by mekaar. Vakansiebeplanning 2026/27 neef Herman -3 hours ago
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -4 hours ago

4x4 met Andre

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Julle manne met die regte voertuie kyk seker ook na die Andre se programme. Dit word op DSTV144 uitgesaai. Ek wag nou vir laaste aflewering in sy nuutste reis, met bakkies en Bush Lapas op die Namibië sandduie. 

Ek het nou die aflewerings oor sy tog deur Richtersveld gekyk, en dit het vir my redelik mak gelyk. Ek het veel erger verwag. Dalk het hy op die maklike roete gebly. 

 

Irene

Grootwind

Tue, 30/12/2025 - 18:58

Ek en Andre het jare gelede saam by Reumech OMC (militere voertuie mpy) gewerk (ons het saam begin in '90) waar hy o.a. Program Bestuurder was van die Mamba troepdraer (en ander Mamba variante) asook etlike ander wiel voertuie. Glo my, hy weet waarvan hy praat en het die nodige agtergrond en ervaring in 4x4 sake. Ek dink nie hy onderskat enigsins enige kyker van sy reeks se IK nie...sulke opmerkings is wat my aanbetref ongevraag. As julle meer van hom wil weet lees gerus sy web blad, spesifiek 

https://www.andre4x4.co…

En hy het selfs 'n paar riglyne vir 4x4 ry innie sand!

https://www.andre4x4.co…

 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/12/2025 - 19:49

Nadat ek oor die vingers getik is, het ek die laaste paragraaf van my inset verwyder.

 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 31/12/2025 - 09:45

... vir die skakel oor "4x4 ry in die sand". As ek maar net die waarskuwing oor "slip faces" voor die tyd gehad het sou ek nie nou in my huidige situasie gesit het nie.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 12:14

Ek het nou eers gekyk na die episode waar Andre en 'n vriend die spergebied en sandduine gery/sleep het. 

Ek moet sê, ek het my verkyk hoe maklik dit lyk om duine te ry, selfs met 'n boswa op sleep. Dit het seker maar baie met ervaring te doen, want die manne het met 'n Isuzu en 'n Ranger gesleep. laugh 

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/01/2026 - 16:04

... vryf maar in. Ek is tot 'n mate dikvellig, maar nie heeltemal nie. Maar ek glo nie ek sal my kop tweekeer stamp nie.

Waarom, o waarom het ek my verleentheid op hierdie forum gedeel. Dalk moet ek maar hierdie jeukerige tikvinger vir goed afsny.

Worcester

Wildehont

Mon, 12/01/2026 - 16:26

Ons almal maak foute en kom ongelukke oor. Dis hoekom ek destyds ‘n gesprekslyn begin het waar ons kan vertel van die foute wat ons gemaak het sodat ons uit mekaar se foute kan leer. 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 12/01/2026 - 17:21

Ek het nie die boonste inset geplaas met jou ingedagte nie, nog minder op jou gemik. 

Ek was net werklik verbaas dat mens met gewone 4x4 bakkies wel boswaens [Bush Lapas] oor sandduine kan sleep. Die verwysing na bakkie fabrikate was 'n korswel met ouens wat met sulke bakkies ry.

Jammer nogmaals.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 12/01/2026 - 17:33

... ek het nie na jou inset verwys nie. Nodeloos om jammer te sê.

Irene

Grootwind

Tue, 13/01/2026 - 10:21

Ek dink Chris het na my verwys? Indien wel, jammer! 

Wat Andre se verwysing na Isuzu en Ranger aanbetref waarna Wessel verwys, het ek ook 'n baie dik vel! Toe Andre destyds met sy 4x4 program begin het het hy, as ek reg onthou, met die eerste generasie Amarok begin en baie mense se bekke laat oophang deur te demonstreer dat mens met 'n klein 2.0l en 8 spoed ratkas in so 'n groot bakkie sulke dinge kon doen (die Amarok het slegs die VW (Audi?) 4-wiel aandryf gehad) sonder enige laestrek ratkas...Ek dink vir programme soos Andre se 4x4 reeks en andere word die keuse van voertuig sekerlik grootliks bepaal deur watter mpy watter voertuig borg? Min uit te waaie met spesifieke keuses.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 10:57

In die episode wat ek gister gekyk het, maak Andre die volgende stelling toe hy lae strek koppel;

"nou het ek baie ratte om te gebruik"

Tegnies en teoreties gesproke, na my beskeie meing, is dit verkeerd. As jy met 'n voertuig ry met byvoorbeeld 'n 8 rat, ratkas, en jy skakel die laestrek rat in, het jy nog steeds net 8 ratte. Elke rat in ratkas het steeds sy oorspronlike verhouding, maar die lae strek ratverhouding van sê 2.4  word nou daarby gevoeg [vermenigvuldig]. 

Die aantal ratte tot jou beskikking bly 8.

Indien ek iets verkeerd begryp, help maar asb reg.  

 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 13/01/2026 - 12:01

Miskien kan die iets verduidelik van die baie ratte. Alhoewel my ervaring net met betrekking het op handrat met laestrek oordragkas. Bv LC 76.

Ry ek in dik sand, is daar baie torque nodig. Trek weg in laestrek.1ste, 2de en dan 3de . Nou het jy lekker momentum en doen die volgende. Koppelaar in,ratkas na neutraal, oordragkas na neutraal. Koppelaar uit. Koppelaar in, skuif na hoēstrek en ratkas in 2de. En als doen jy lekker glad en vinnig om nie te veel momentum te verloor nie. frown. En daar het ek ratte bygekry.

Irene

Grootwind

Tue, 13/01/2026 - 12:27

Stem saam met Neef...

Dit het seker te doene met wat ons definieer as "ratte"!

Hieronder stuk danksy Google AI, dis hoe ek dit ook het:

...transmission (manual or auto) combined with a two-speed transfer case, which adds 2H, 4H, and 4L modes, effectively giving you different gear ranges for normal driving, slippery conditions, and extreme low-speed crawling. So, a 5-speed manual 4x4 can feel like it has 10 gears (5 high, 5 low), plus reverse....

Destyds toe ek werksaam was by Reumech en Rooikatte onder andere gebou het was die aantal "ratte" baie indrukwekkend, vlgs jou definisie Wessel het die swaar stuk pantser staal 6 ratte vorentoe en ene agteruit, maw 7 en dis dit. In praktyk is dit meer ingewikkeld en kon jy ook selekteer tussen 4H (agterste 4 wiele dryf en die ratkas is in hoëstrek) maw 6 ratte vorentoe, en ene agtertoe. Dan kon jy ook 8H selekteer (al 8 wiele dryf met die ratkas in hoëstrek, maw NOG 8 vorentoe asook nog ene agtertoe. Dan dieselfde keuses in laestrek (NOG 12 vorentoe en 2 agtertoe), boonop kon jy ook 4-box-4 kies waar voorste 4 en agterste 4 wiele in laestrek dryf maar basies afsonderlik soos 2 afsonderlike 4x4 voertuie (difflocks kom hier in), ensovoorts. ....genoeg om mens lekker deurmekaar te maak! Maar ek dink dit stem saam met Professor Google se definisie.

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 13/01/2026 - 12:46

Daai Rooikat se ratte sal wragtig  vir troepie Doepie drywer heel om sy senuwees maak. Veral waneer dit nog warm raak ook nog. Daar is seker net so klomp  levers in die kajuit as op Uitenhaag se rangeer office. laugh Jack die bobbejaan kon dit egter baasraak!! 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 13:49

Kyk nou spin my kop, veral na Grootwind se baie ratte verhaal.

Ek het so bietjie vêrder gelees en dis 'n taal en tegniese begrippe wat nie konsekwent gebruik word nie.

Ek dink dat mens maar eers jou oplees werk moet doen, dan 'n keuse maak van 4x4 behoefte, dan bankbestuurder gaan smeek, en laastens 'n voertuig koop. Daarna moet mens daardie spesifieke trokkie se handleiding fyn bestudeer, oor wat mag en mag-nie gedoen word.

Dit lyk vir my dat meeste trokkies op spoed[ v<100km/h] van 2H na 4H geskakel kan word. Om egter dan na 4L te gaan moet jy stop.

Meeste trokkies met deeltydse 4x4, se senter ewenaar is standaard 'n 50:50 split. Daarom is dit nie vir gebruik op teer/harde oppervlakke nie.  

Nou kry mens die beter aandrywing van 'n Mitsubishi Triton, se Super Select II 4WD system. Die stelsel laat jou toe om heeltyd, self teerpad in 4H te ry. Bloot omdat dit 'n glip senter ewenaar het, met 30:70 verdeling tussen voor en agter. Boonop kan mens dan in 4H en 4L die senter ewenaar sluit om 'n 50:50 split te kry na voor en agter. Egter nie op teer nie.

Gaan lees gerus die info op internet, soek vir;

How to use Mitsubishi Super Select II 4WD system

Hoe gaan die liedjie---"if I were a rich man...."

      

Worcester

Wildehont

Tue, 13/01/2026 - 13:52

maak Andre die volgende stelling toe hy lae strek koppel;

"nou het ek baie ratte om te gebruik"

Ek verstaan Wessel se vraag. Die voertuig is vervaardig met die aantal ratte wat dit het. Eintlik met die aantal ratverhoudings soos Wessel dit korrek beskryf het. Om laestrek aan te skakel voeg nie ekstra ratte by nie. Dit verlaag net die hoëstrek ratte se verhoudings. 

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 13/01/2026 - 14:19

Die " Super Select" van Mitsubishi is dieselfde wat Land Rover al dekades lank gebruik. Permanent in 4x4 met ń glipewenaar in die middel wat jy in die ry kan sluit.  Die nuwe reeks Defenders het ek nie ñ idee nie. Al is hulle vreeslik mooi, sal ek nie die versekering kan bekostig nie.

Die term " meer ratte" moet nie gesien word as ander ratte nie, maar as ñ stel ratverhoudings om van te kies. Dit is maar net ń manier van praat. Die tegniese manne verstaan. devil

Brits

Wessel Strydom

Tue, 13/01/2026 - 15:26

"tegniese manne" sal verstaan.!!!!Eina, daai ene sal ek laat verbylaugh glip.

Dan moet seker elke AWD voertuig soos 'n Prado, my ou Territory byvoorbeeld mos, ook so 'n glip ewenaar hê, of nie. ??? 

Worcester

Wildehont

Tue, 13/01/2026 - 15:39

Dan moet seker elke AWD voertuig soos 'n Prado, my ou Territory byvoorbeeld mos, ook so 'n glip ewenaar hê

Korrek. Anders sal opwen plaasvind tussen voor- en agter dryfaste op teerpad. My Prado het ook een met ‘n slot vir gebruik as glip tussen voor en agter sou plaasvind op sand/modder.

Irene

Grootwind

Tue, 13/01/2026 - 15:50

Ek sê weer, moenie "rat" in die konteks konfoes met 'n fisiese rat nie, sien dit eerder as 'n virtuele rat, maw die verhouding van die dryflyn tussen enjin en wiel, as dit verander is dit dan 'n ander virtuele rat...maak dit sin? Nee Neef daar is baie min levers in 'n Rooikat se bestuurder stasie, die ratkas is outomaties en het 'n sg. "brain box" in wat 'n fensie rekenaar is, so ook die seleksie van diffs, hulle mode, ensovoorts. Maklik soos uit 'n boom val vir 'n gemiddelde troepie doepie (die beskrywing lank laas gehoor!) om dit baas te raak Onthou Oom GW het sy Ekstra Swaar liksens met 'n Rooikat gedoen en geslaag...en as ekke daai Kat kon bemeester kan enigeen (amper!)

Om ons nog en Wessel meer deurmekaar te maak, kry die volgende oor die Terri se AWD stelsel 

The Ford Territory AWD driveline is a full-time system with a permanent 38:62 front-to-rear torque split, using an open center differential for consistent power distribution, but it relies heavily on traction control to manage wheel slip, featuring front CV joints, driveshafts, and a rear differential, often requiring specific maintenance like CV joint replacement and susceptible to vibrations if components like center bearings or driveshafts wear, with available Hill Descent Control on some models for off-road assistance. 

Key Components & Function:

  • Intelligent AWD: Ford's system monitors acceleration, wheel speed, steering, and pedal position to proactively send power where needed.
  • Torque Split: A fixed 38% front / 62% rear split, with an open center differential.
  • Traction Control: Replaces traditional locking diffs, using ABS to manage wheel spin.
  • Components: Includes front CV axles (left & right), driveshafts, center support bearing, and a rear differential. 

 

En dit verduidelik sommer ook hoekom my Terri destyds slegs 'n 4x2 was, die AWD het te veel goete gehad wat kan breek en baie shekels kos om te herstel.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus