Ons is klaar gepak vir die maandlange rus op Jongensfontein vanaf 1 Februarie tot 1 Maart. Net sit en niks doen , braai en n wyntjie geniet. Sal darem so n bietjie loop sodat die skarniere nie vas roes nie. Maurits
Vang jy vis of hengel jy??
Maurits, wat op aarde gaan jy 'n maand lank daar niksdoen??
Gelukkig is daar wasserye naby, so jy hoef nie eers klere te was nie.
Daar is mos ook 'n getypoel waar mens kan lyf natmaak, of breek jy nog die branders.??
Gooi ons asb toe met insette en fotos. Sal graag wil verneem en sien waar jy kamp gemaak het.
Jongensfontein 2026
Ek en Martie het nou net in Onrus voor die karavaan park gaan swem. Die water is 18.5 grade. Koel n mens lekker af. Wessel ek het altyd my stokke saam gevat vir sommer net op die rote ontspan. Hierdie keer los ek dit by die huis. Maurits
Swem in yskas water
Ek verkyk my altyd aan die grootmense wat daar voor Onrus se karavaanpark in die koue water swem. Dis te koud vir my. So 22° is lekker solank dit warm is buite.
Die probleem met Jongensfontein se getypoel voor die kamp is dat ek glo daar eens op ‘n tyd ‘n beton helling of ‘n ding was wat opgebreek het. Mens moet oor die beton brokstukke loop om te swem en dit is minder aangenaam. Ek dink die getypoel op die buitewyke van die dorp aan die westekant is beter, maar dis nie regtig binne loopafstand nie.
Geniet dit Maurits
Jongensfontein is pragtig, en met soveel lekker dinge om te doen in die omgewing glo ek julle gaan 'n fees hê. Wens vir julle 'n veilige pad môre.
Julle moet dit geniet…
Julle moet dit geniet Maurits. As ek vir jou so luister klink dit vir my of jy amper op dieselfde "level" is as ek - want dit klink vir my of jy ook maar beplan om te gaan niksdoen.
Hy't nie gelieg nie. Hy ís…
Hy't nie gelieg nie. Hy ís by Jongensfontein.
Droog??? !!!!
Goeie Griet, dit moet vreeslik droog daar wees. Ek herken omtrent nie die oord nie.
Ek verstom my aan die baie kampeerders, die plek is net so gewild as Dwarswegstrand, net goedkoper.
Jongensfontein
Die gras in die kamp is baie droog. Hier is genoeg water vir verbruik maar die mense werk spaarsamig. Die kamp is baie mooi vol en hier is n lekker atmosfeer. Ek sal latet meer stuur
Grootmense
Seker die grootmense wat die oord so volpak. Die res van ons werk nou.
Hallo almal
Dankie vir die fotos. Ek kan nie wag om ook daardie tyd te gaan kamp as ons aftree.
Hoe kouer die water, hoe lekkerder is dit vir my. Om te scuba in die winter was die lekkerste. Onrus se poel was kouerig, maar ek het blajaar in die swembad in die see. Gaan juis die 12de Feb soontoe.
Mooi aand en Maurits lekker kamp.





















Julle moet dit geniet - nie…
Julle moet dit geniet - nie in só 'n mate dat ons (soos gewoonlik) niks van jou verneem nie.