Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -6 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -6 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -7 hours ago
Ja Springbok rugby Goeie Hout -8 hours ago
Kort net n bonus punt Springbok rugby Geert -10 hours ago
Hennie's toe vanaand Springbok rugby Rona du Plessis -13 hours ago

Jongensfontein 2026

Sandbaai
Submitted by maurits on
Forums

Ons is klaar gepak vir die maandlange rus op Jongensfontein vanaf 1 Februarie tot 1 Maart. Net sit en niks  doen , braai en n wyntjie geniet. Sal darem so n bietjie loop sodat die skarniere nie vas roes nie. Maurits

Brits

Wessel Strydom

Fri, 30/01/2026 - 13:26

Maurits, wat op aarde gaan jy 'n maand lank daar niksdoen??

Gelukkig is daar wasserye naby, so jy hoef nie eers klere te was nie.

Daar is mos ook 'n getypoel waar mens kan lyf natmaak, of breek jy nog die branders.??

Gooi ons asb toe met insette en fotos. Sal graag wil verneem en sien waar jy kamp gemaak het.  

0
Sandbaai

maurits

Fri, 30/01/2026 - 14:25

Ek en Martie het nou net in Onrus voor die karavaan park gaan swem. Die water is 18.5 grade. Koel n mens lekker af. Wessel ek het altyd my stokke saam gevat vir sommer net op die rote ontspan. Hierdie keer los ek dit by die huis. Maurits

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Fri, 30/01/2026 - 15:14

Ek verkyk my altyd aan die grootmense wat daar voor Onrus se karavaanpark in die koue water swem. Dis te koud vir my. So 22° is lekker solank dit warm is buite. 
 

Die probleem met Jongensfontein se getypoel voor die kamp is dat ek glo daar eens op ‘n tyd ‘n beton helling of ‘n ding was wat opgebreek het. Mens moet oor die beton brokstukke loop om te swem en dit is minder aangenaam. Ek dink die getypoel op die buitewyke van die dorp aan die westekant is beter, maar dis nie regtig binne loopafstand nie. 

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Sat, 31/01/2026 - 21:12

Jongensfontein is pragtig, en met soveel lekker dinge om te doen in die omgewing glo ek julle gaan 'n fees hê. Wens vir julle 'n veilige pad môre.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 01/02/2026 - 11:23

Julle moet dit geniet Maurits. As ek vir jou so luister klink dit vir my of jy amper op dieselfde "level" is as ek - want dit klink vir my of jy ook maar beplan om te gaan niksdoen.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 02/02/2026 - 13:34

Goeie Griet, dit moet vreeslik droog daar wees. Ek herken omtrent nie die oord nie.

Ek verstom my aan die baie kampeerders, die plek is net so gewild as Dwarswegstrand, net goedkoper.   

0
Sandbaai

maurits

Mon, 02/02/2026 - 14:20

Die gras in die kamp is baie droog. Hier is genoeg water vir verbruik maar die mense werk spaarsamig. Die kamp is baie mooi vol en hier is n lekker atmosfeer. Ek sal latet meer stuur

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Mon, 02/02/2026 - 20:48

Seker die grootmense wat die oord so volpak. Die res van ons werk nou. 

0
Kaap

Goeie Hout

Tue, 03/02/2026 - 21:27

Dankie vir die fotos.  Ek kan nie wag om ook daardie tyd te gaan kamp as ons aftree.

Hoe kouer die water, hoe lekkerder is dit vir my.  Om te scuba in die winter was die lekkerste.  Onrus se poel was kouerig, maar ek het blajaar in die swembad in die see.  Gaan juis die 12de Feb soontoe.

 

Mooi aand en Maurits lekker kamp.  

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus