6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 minutes ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -29 minutes ago
Wessel Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -1 hour ago
Het die rooi kadotjie gesien… Forum Herstel en terugvoering neef Herman -2 hours ago
Jan... Vakansiebeplanning 2026/27 Wessel Strydom -3 hours ago
Privaat Boodskap Opsie Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -4 hours ago

Kruger 2026

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek weet Len het gevra om 2025 en 2026 te kombineer, maar ek verkies om volgende jaar se besprekings en gesprekke apart te hou. 

Dit maak die besprekings soveel makliker as mens hier kan kyk, wie het waar en wanneer bespreek.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 21/04/2026 - 09:15

Alweer!!! Wat is dit met die brande in Kruger eetplekke.? Ek ruik 'n rot, nie rook nie.

Pretoria

Geert

Tue, 21/04/2026 - 09:31

Toe ons laasjaar in restaurant in Skukuza sit, het n Sanparks personeel lid vertel dat daai Letaba winkel en Berg en Dal restaurant aan die brand gesteek is deur personeel wat in opstand gekom het omdat hul salarisse nie betaal was nie

Irene

Grootwind

Tue, 21/04/2026 - 09:49

Heel waarskynlik is julle reg. Indien wel is dit tipiese kort termyn denkwyse wat deurkom, mens sien dit o.a. by salaris betogings, waar werkers staak ter wille van bv. 10% verhoging terwyl hulle vlgs die "geen werk, geen betaling" beginsel nie 'n pennie kry nie. En later, partymaal maande later, skik hulle vir bv 5% waarmee hulle die aanvanklike verlies aan inkomste, agv die staking, byna nooit heeltemal verhaal nie, dus is hulle aansienlik slegter daaraan toe. Sal eerder die plek afbrand en daarna sonder inkomste sit as daarmee...Eish! 

Dullstroom

Rona du Plessis

Tue, 21/04/2026 - 23:31

Dit wil voorkom asof asof daar vir ons moontlik nog 'n kamp-sit-dag in vooruitsig is. Wat doen mens heeldag in die kamp? Ek het darem 'n nuwe boek om te lees, kan museum toe gaan maar meer as dit weet ek nie.

Onder Sabie se winkel wat gebrand het, ai! Nou weet ons om ook nie daarop staat te maak nie, sou ons in die komende dae daarheen wou gaan.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Wed, 22/04/2026 - 08:33

.......met julle huis op wiele hoef julle mos nie heeldag in die kamp te sit nie. Ry iewers heen by 'n mooi uitsigplek en maak daar ontbyt en/of drink op 'n ander uitkykplek tee of koffie.  En as jy lus het, lees jou boek op so 'n mooi, nat, reëenerige plek, maar tog net nie in die kamp nie !  Julle kan selfs 'n middagslapie neem op 'n mooi plekkie !

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 22/04/2026 - 08:37

... om te verneem van die brand in Onder-Sabie. Ons is nie juis wildtuin-restaurantmense nie, maar die een in Onder-Sabie is nogals 'n uitsondering. Verlede jaar, tydens ons 28 aande verblyf in Krokodilbrug het ons seker omtrent 2 keer per week daar ge-"brunch". 

Worcester

Wildehont

Wed, 22/04/2026 - 08:52

Die verhoging wat tans voorspel word is tussen R7,07 en R7,09 per liter. Teen ‘n gemiddelde prys van R35/l sou ons Krugerwildtuin toer in Julie my net oor R31000 aan diesel kos. Sou ons met die Prado ry sou dit amper R27000 kos teen ‘n gemiddeld van R26/l (‘n styging van R2,02/l vir petro word beraam).

Pretoria

Geert

Sat, 25/04/2026 - 08:27

Ek wil kyk of ek n dag by Satara en n dag by Lower Sabie weg te neem en 2 dae by Skukuza te bespreek. Ons het laas maand lekker daar rond gerits. Alhoewel Lower Sabie n groot gunsteling is as dit by kampeer kom, is roetes waarvan ons geniet effe beperk. Om suid te ry na Krokodilbrug bring altyd goeie besigtiging op. Om op te ry Skukuza toe ook altyd goed vir ons. Maar die ander roetes is nie meer hoog op ons "to do" lys nie. Die pad ba Tshokwane het ons nog nooit eintlik baie gekry nie. Die S21 is afgelope klompie jare baie onplesierig om te ry agv swak pad oppervlak. S30 is meeste van tyd gesluit. So daar bly nie veel vir ons behoeftes oor om maar op en af na Krokodilbrug en Nkulu te ry nie. Soos genoem bring dit altyd goeie besigtiging, maar ons doen maklik daai Krokodilbrug-Nkhulu pad 2x per dag...by dag 3 begin dit te veel raak. Sal maar kanselasies dophou en kyk of ek regkom

Worcester

Wildehont

Sat, 25/04/2026 - 12:11

Ek dink sodra Mei se dieselprys vasgemaak is gaan die kansellasies vermeerder. Gister was die vooruitskatting steeds meer as R6/l verhoging. Mens begin die effek op die winkelrakke se pryse ook sien. Waar Lays bv tot onlangs twee pakke vir R40 op spesiale aanbod was is dit nou R42 (dis maar net ‘n eenvoudige voorbeeld). 

Pretoria

Geert

Sat, 25/04/2026 - 14:09

Ek het reggekom met 2 dae by Skukuza, maar moes volgorde verander. Dis nou Satara, Skukuza, Lower Sabie, Malelane. Maar ek sou graag eers Lower Sabie toe wou gaan en dan Skukuza, maar maak nie saak nie. Ek het eers Ezibookings gebel, maar n Kersfees boodskap ontvang. Het toe Skukuza self gebel en was vinnig gehulpe gewees. Ek het al paar keer via Skukuza besprekings gedoen of verander en is beindruk met hul diens, maar deur die week is Ezibookings nommer een keuse 

 

Pretoria

Geert

Mon, 27/04/2026 - 06:58

Elders hierdie foto's gesien van water beskadigde  brue waarmee hul nou besig is tussen Lower Sabie en Skukuza....hulle reken dat dit klaar gaan wees einde Mei?

Pretoria

Geert

Mon, 27/04/2026 - 07:50

Vir dié van julle wat kanselasie briewe gekry het as gevolg van kampe wat nog toe is weens waterskade....gee Sanparks vir julle n alternatief of kanseleer hulle net en jy moet self weer vir iets soek?

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 27/04/2026 - 10:02

Geert, SANParke het my verlede week in 'n e-pos verwittig dat ons drie bespreekte rondawels in Letaba nie gereed gaan wees wanneer ons in Augustus gaan arriveer nie. Hulle het egter ons bespreking na drie ander, duurder rondawels, ook in Letaba verskuif sonder enige verdere koste.

Pretoria

Geert

Mon, 27/04/2026 - 10:38

Dis baie nice van hulle. Ek wonder wat in die geval van kampeerders?

Brits

Wessel Strydom

Mon, 27/04/2026 - 10:50

...het jy nie 'n kansellasiebrief van Sanparke vir kampering gekry nie??

Ek het nie gekry vir my besprekings nie.

Pretoria

Geert

Tue, 05/05/2026 - 07:21

Ek lees op Sanparks se blad dat daar afgelope Saterdag oggend n luiperd uit die dames badkamer by die Malelane hek gestap het

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus