Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Pietersburg na Phalaborwa hek. Pad en roete inligting Wessel Strydom -8 hours ago
Nieuwoudville na Kambro.... Oktober 2026 saam gesels Goeie Hout -10 hours ago
Len... Len gaan weer Kruger Wildtuin… Wessel Strydom -15 hours ago
Brandstof kostes Len gaan weer Kruger Wildtuin… Geert -16 hours ago
Ek sou ook die einde van die… Len gaan weer Kruger Wildtuin… HennieBo -17 hours ago
Reiskoste Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -18 hours ago

Junie - Algemeen saam klets

Pretoria
Profile picture for user Geert
Submitted by Geert on
Forums

.Eerste winter maand het aangebreek. Kampeer jy in die winter? Deel sommer waar was jou koudste kamp ooit gewees

Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/06/2026 - 06:47

Wat het Trompie reg gekry??

Triljoene Dollars van sy belastingbetalers gemors. Was hierdie oefening van hom ook n " military excersise" om Putin te na-aap. Sy military superiority het nie heeltemal oortuig nie. Inteendeel het dit baie tekortkominge uitgewys. Die oorspronklike idee van " In, slaan hard, druk hul op hul knieë" het heeltemal ge- backfire. In sy " deal"  wat nou onderteken word. as dit ooit volledig publiseer word, wonder Neef of dit ń  hallelujah werd sal wees.

Wat die invloed van sy " Oefening" op die wêreld in Rand en sent gehad het....kyk net hoe die finansieële markte senuagtig reageer het. My portifeulje wys dit, en so ook seker al wat n pensioenfonds wêreldwys sal doen. Dat die US Dollar baie magtig is, het hy weer bewys. 

Wat Trompie baie deeglik bewys het is dat die wêreld totaal nog van fossielbrandstof afhanklik is. Die gedagte van om sonder binnebrandmasjiene te wees oor 5 jaar is n fabel. Hier verdien hy n koppieknik.

 

 

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Mon, 15/06/2026 - 19:48

Goeie Hout... dit is niks lekker hier nie. Net te koud vir buite wees. So ons maak vuur in die kaggel en het vanaand die laaste van ons lamtjops gebraai. Ou Neef begin al amper blêr van al die lamtjops wat hy verorber het die laaste maand.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 15/06/2026 - 21:46

....kla jy of brag jy met die BAIE lamtjops???

By ons het skaap ook nou duur geword. Ons wissel skaaptjops af met vark en steak. 

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 16/06/2026 - 13:15

Ek het verneem dat onse vriend môre-aand terug in SA is. Dan moet hulle skarrel om teen die komende naweek met die woonwa te vertrek na Die Eiland.

Ek is seker hy sal mettertyd detail hier kom deel. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Wed, 17/06/2026 - 09:45

Hy was in hierdie tyd nog aktief kon wees op die ander forum, so hy was nie vir my heeltemaal afwesig gewees nie, maar daar was nie vertellinge van sy Roemenie trip nie.
Ja....dis n vinnige pak vir so n ver trippie. Dan moet hy seker nog Joey slaghuis toe ook?laugh.  Altyd lekker om sy trip noorde toe te volg. Ons gaan n rukkie saam met hom in die wildtuin wees, maar gaan mekaar mis kampeer....hy in Shingwedzi terwyl ons in Satara gaan wees

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Wed, 17/06/2026 - 11:31

O liewe land, ja. Ek hoop Chris het onthou om hulle te kontak met 'n vooraf bestelling. Sonder Joey's.....nee! Dit gaan rampspoedig weeslaugh

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 12:09

....het sekerlik 'n lang lys take gekry om af te handel vir die uittog. Ek weet dat hy moet toesien dat die " ou lady" haar pedi- en manikuur kry. laughDis nou remme, wiellaers en derglike nagaan van woonwa

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 15:36

Ek sien in koerante die politiek woel, en poste word rondgeskuif.

Ou John Deerhuisen het omtrent die wind van voor gekry, en 'n klou in die bek skop ontvang. Duidelik het iemand die moed gehad om hom uit sy onstuimige omstandighede te haal, en na ander adjunkpos te skuif. 

Ek vermoed die boere gaan die skuif verwelkom. Ek hoop net Aucamp gaan die spreekwoordelike pyp gerook kry met die bek en klou-seer tameletjie.  

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 17/06/2026 - 17:26

Ek merk die afgelope 2 weke gereeld die advertensie op van Solidariteit se Welvaartprogram. Dit nooi jou om 'n belegging te maak, en dan waarborg hulle omtrent vreeslike opbrengste.

Ek het toe Solidariteit en my makelaar gekontak, beide het dadelik bevestig dat dit 'n skelmstreek is. Solidariteit is bewus van die slenter, maar kry blykbaar dit nie gestop nie. 

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Thu, 18/06/2026 - 12:22

Ek lees ChrisB kon nie inkom op forum nie om scammers te blok. Watse scams doen hulle? Ek het al klompie keer op die ander forum gesien daar daar ongewenste mense goed probeer adverteer, maar forum lede raporteer dit vinnig en word verwyder deur admin. 

Ek het self n groep waar baie mense probeer scam...nie net van oorsee nie, maar ook baie SA plasings (meer as oorsee) ...mens sorteer daai mense maar uit...dis deel van onderhoud op n groep

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 18/06/2026 - 13:49

Geert, die advertensie/bemarking wat onder die vaandel van Solidariteit die rondte doen, het my vrou op Face book gevind.  

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 08:38

Dit is uiteindelik Vrydag die 19e. Onthou vanaand se Bulle/Leinster eindstrydlaugh

0
Pretoria
Profile picture for user Geert

Geert

Fri, 19/06/2026 - 10:17

Laat jy my nou lekker lag....gaan beslis nie vergeet nielaugh. Punte voorspelling is Bulle 24 Leinster 18. Ek wou dit nie noem nie, maar het nog n datum mis gehad.....Vadersdag. Gedink dit was laas Sondaglaugh. Gewag vir breakfast in bed wat toe nie gebeur het nie...lol. 

Lyk my my hele kalender is n week vervroeg. Ten minste n lekker naweek om na uit te sien

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 10:48

Nie sleg nie Geert. Moet net nie die ingeboude kalender reset nie. Dit kan ook beteken dat jy 'n week te vroeg by die wildtuin aankom. Daar draai mens nie om nie. Seker jy sal plek krylaugh

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 10:55

Ek dink 'n 24-18 voorspelling is baie optimisties. Moontlik 'n laer telling?? Ek hoop maar net vir 'n wen al is dit die Springbokke se 1-punt spook wat ons kom uithelp.

0
Kaap

Goeie Hout

Fri, 19/06/2026 - 20:02

Wat is daai ronde ding...Nie die ys of wors,

Ai mense ek was in Februarie vir n knie operasie.  Minuscus en kraakbeen gesny en knie skyf geherposioneer.  Ek het gevra dat hy my knie sommer my FADE in golf moet uithaal.  AI AI ek stap soos n 90 jarige dis nog seer.  Dr se ( 9 maande, so ek byt vas.)  Ek werk die heel week in weskus.  So ek is net lus vir niks doen die naweek.

Vannaand ondersteun ek die BLOU BULLE.

Lekker aand ALMAL.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Fri, 19/06/2026 - 22:57

By 'n gebrek aan woorde moes ek iets gaan soek wat hierdie toestand van my opsom: 

" Shell shocked: a state of being mentally confused, stunned, or emotionally exhausted as the result of a highly stressful, sudden or traumatic event".

Geert, verlede week se oefenlopie met die braai het gewerk - lyk heeerlik!

 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus