Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Wessel Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Johann.... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 hours ago
Kla met brood onder die arm, Oktober 2026 saam gesels Johann L -3 hours ago
Gazebo, Hoe maak ek my ou rally tent… Johann L -4 hours ago
losstaande raam... Hoe maak ek my ou rally tent… Wessel Strydom -15 hours ago
Neef Herman Braai met 'n Weber Geert -15 hours ago

Die onverwagte (onbeplande) Boucher-reis

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on
Forums

Terwyl ons in Roemenië was het my seun ons ingelig dat hul vriende nie meer die vakansie na Eiland Spa kan meemaak nie. Die vriende se staanplek was op my naam bespreek omdat hulle ATKV-lidmaatskap nie op daardie stadium betaal was nie. Die gedagte was om die bespreking later op die vriende se naam oor te dra. Laasgenoemde het egter die volle besprekingsfooi betaal. Pappa se arm is toe gedraai (hy het mos maar 'n rubberarm) om saam te gaan.

'n Voorwaarde was dat hy (seun) moes reëlings tref om my karavaan te laat diens. Ek laat diens die "Ou Lady" elke keer voor ons langpad vat - dit gee my maar net 'n bietjie gemoedsrus. Dit is vandag hier by my huis gedoen voordat ons Sondag in die pad val.

Eiland

Eiland

Môre word 'n paar inkopies gedoen en Saterdag moet die inpakwerk afgehandel word vir Sondag se beplande wegtrek om 08:00.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/06/2026 - 07:22

Hopenlik kry ek komende Maandag my wa terug met "movers". Dit gaan omtrent 'n nuwe speelding wees om te bemeester.

Met die dat ons 12 dae gouer uit Kruger vir die sandvlooie gevlug het, is die lus vir kampeer nie geblus nie. Kruger is steeds vol, amper tot in September. 

Ons oorweeg om sommer Marakele of Pilansberg toe te vlug, sodra die skoolvakansie verby is. Ek vermoed laasgenoemde is ook vol bespreek.  

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/06/2026 - 09:10

Mense - nou kos dit baie om te ry (veral as jy 'n karavaan sleep). Ek het my kostes en brandstof-gebruik uitgewerk tot by Zebediela Sasol naby die Nyl Tolplaza (die laaste plek waar ek opgevul het met diesel). 

Diesel, tot daar, het my R7 469 gekos. Maar ek dink die 2.4 Hilux het hom baie goed gedra met 'n gemiddelde brandstofverbruik van 8.51 km/liter. 

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/06/2026 - 10:50

Die koste faktor is juis wat my laat besluit het om ons Augustus maand toer af Kaap toe te kanseleer. Met die dat baie paaie na Baviaanskloof, Meiringspoort sleg weggespoel het, en selfs oorde by Plett en Jeffreys ook baie skade gekry het, sou dit baie gekos het, met min voordele. 

Chris, ek stem saam 8.5km/l met nuwe trokkie is goeie verbruik. Dit gaan nog mettertyd verbeter. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/06/2026 - 13:11

In die 32 jaar (sedert 1994) wat ek Eiland aan en af besoek, het die weer al by geleentheid sy spreekwoordelike agterkant vir ons gewys. Maar oor die algemeen beskou ons dit as ons somertuiste in die hartjie van die winter - waar ons elke tweede jaar die Bolandse winter probeer ontsnap.

Verlede jaar was ons lankstaan-jaar en as ons met gesondheid en die nodige middele geseën word, mik ons om volgende jaar weer vir ongeveer 3 maande te kom oorwinter. Hierdie keer is dit 'n kort 24 aande besoek. Nee, 2 van die 24 wat ons karavane hier staan gaan ons wildtuin toe - dus eintlik slegs 22 aande. Hopeloos te kort vir hierdie lieflike oord.

Sedert ons Donderdag hier aangekom het, is die dagtemperature in die lae tot mid 20's. En YR wys dat dit die temperature vir die volgende week ook gaan wees. Daar is min plekke waar jy in Junie en Julie langs die swembad kan lê. Hier trek nie eens die geringste windjie nie. Ons soek skaduwee.

In meeste kampterreine word jy gewoonlik wakker met die geluid van jou buurman se tent-ritsluiter wat ooptrek of klein kinders wat vroeg wakker word en buite speel. Hier word jy wakker met die voëls se geluide in die oorheersende mopaniebome. Die kôôk-kôôk-kôôk van hetsy geelbek- of rooibek neushoringvoëls, die pragtige sang van die swartkop wielewaal, die gekwetter van glansspreeus of die tipiese Afrika-roep van 'n visarend - en vele ander voëlsoorte.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/06/2026 - 17:31

Die mopanievuur is pas aangesteek en die brikette (Gravelotte - nie Etosha nie) is ook aan die gang vir 'n skaapskenkelpotjie vanaand.

Eiland

0
Brits

Wessel Strydom

Sat, 27/06/2026 - 19:48

....word dit doodgegooi slapenstyd???

Ek is oude doos, en is altyd bekommerd, die wind kom op in die nag. dit het al gebeur in Tsendze dat ek en 'n ander ou, eenuur die oggend vure doodgegooi het. 

 

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 27/06/2026 - 21:27

... as YR nie wind wys gedurende die opvolgende nag nie (wat die algemeen by Eiland is), is ons nie gepla om die vuur dood te maak nie. Ons gaan nie inkruip alvorens die hout nie uitgebrand het nie. M.a.w. dit is as, maar met nog baie lewendige kole.

Toe die "asman" vanoggend die vuurput kom leegmaak het, was die as nog vuurwarm.

Sou die voorspelling wind wys, sal ons beslis die vuur doodmaak. Gelukkig waai hier by Eiland omtrent nooit nie.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/06/2026 - 08:45

Vroegoggend met 'n lekker beker moerkoffie hier langs gisteraand se kole wat nog vuurwarm is. Die skaapskenkelpotjie  van gisteraand was knap - en gelukkig nie opgeëet nie. Die pot is gou op die warm kole/as geplaas vir 'n vroegoggend aptytwekkertjie vir later se brunch.

Eiland

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/06/2026 - 10:44

... bak vanaand lekker Henties-kabeljou hier in die Laeveld. Die anti-vismense sal seker reken ons besoedel die bosveldlug met 'n visreuk. Maar daar wag nog 2 aande se visreuk vir die omliggende kampeerders, want daar gaan nog galjoen en kolstert gebraai word.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 28/06/2026 - 13:52

By gebrek aan korrelkonfyt, waaroor ek in elk geval nie veel van 'n affiniteit het nie, sal daar vanaand heel, ryp vyekonfyt saam met die roosterkoek geëet word. O ja, en dan natuurlik soetpatats. En die wyn sal maar vino-cartonne wees - darem Badsberg se sauvignon blanc.

Eiland

Ons het intussen 'n vuurtjie aangesteek vir 'n paar stukkies Joey's boerewors. Ons het 2 tienerseuns saam met ons. Hulle is mos pal honger - hol tot onder in hul groottone. Ons gaan dus gou 'n paar boerewors rolls maak met Miami se Boerie Relish.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/06/2026 - 09:26

Watter wonderlike voorreg om op só 'n pragtige windstil sonskyn-oggend, met kortbroek, plakkies en T-hemp aan, jou oggendkoffie te kan sit en drink hier in Eiland se mopanie woud.

Met ons aankoms hier, is ons verseker dat die oord tjok-&-blok vol is. Maar hier is nog heelwat kampeerplekke oop. Dit is 'n heerlik-rustige atmosfeer in die kamp. Jy kry nooit die gevoel dat die ablusies oorbeset is nie. En boonop is dit relatief modern en word uiters netjies onderhou. Daar is bedags, tot saans om en by 21:00, pal skoonmakers aan diens. Elke oggend word die as (en kole) verwyder en Martin (ons as-verwyderaar) skrop en skuur selfs ons braairooster.

Gisteraand se Henties-kabeljou het knap afgegaan. En skoondogter het haarself oortref met die roosterkoek. Vanaand is daar blykbaar varknektjops en Joey's op die spyskaart. Ek eet net saam - boeta het die hele vakansie-spyskaart saamgestel en sy kampvrieskaste dienooreenkomstig gepak. Oupa het nie tyd gehad om sulke dinge te doen in die kort tydjie wat tot beskikking was tussen die terugkeer vanaf Roemenië en die vertrek hiernatoe nie. 

Andersins lê daar 'n dag van niksdoen voor. Ek is mos darem 'n ekspert daarin.

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Mon, 29/06/2026 - 12:29

Om 'n week af te skop op so 'n rustige noot is darem maar net die beste. So gesellig as wat dit in die Boucher-kamp lyk en klink, glo ek dat niemand daar 'n saak het met 'n Maandag nie. Hoop die braaihout het dit gemaak tot soverlaugh Maar dan weer is daar mos altyd 'n pak Etosha om uit te help.... Kuier lekker verder.

0
Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 29/06/2026 - 16:09

Hier by Eiland is enkele geplaveide staanplekke - komende uit die Klub Privé-dae tydens die Aventura-era.

Maar ons is al gekonfyt daarin om kaal grond-staanplekke te tem. Net soos wat ons in die wildtuin doen, gooi ons eers plastiek ground sheets voordat ons die grondnet bo-oor span.

0
Pretoria

Geert

Tue, 30/06/2026 - 08:58

Met ons aankoms hier, is ons verseker dat die oord tjok-&-blok vol is. Maar hier is nog heelwat kampeerplekke oop.

Ja....sal intersant wees om te hoor wat is rede dat staanplekke oop is, maar oord is vol bespreek...miskien brandstof prys, maar dan kanseleer mens vooraf? Ek sien op hul aanlyn bespreking stelsel dat hulle vol is en dat eerste staanplek eers oopgaan op die 19de Julie. Daar is egter heelwat chalets beskikbaar op die oomblik.  Vanaf 1 Augustus is kampeer weer vol

0
Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 30/06/2026 - 10:25

Hier het vanoggend weer 'n hele paar kampeerders vertrek. Die mense wat op die 2 staanplekke langs ons gekamp het, was net vir 3 aande hier en is op pad wildtuin toe. Tussen die 2 egpare was 'n hele paar kinders. As 'n mens jonger is sien jy seker vir meer kans. Beide egpare het met Bush Lapas gekamp. Maar die klomp opslaan- en afslaanwerk wat daarmee gepaard gaan om die kinders ook te akkommodeer en jou kamp gerieflik in te rig is nie vir my bedoel nie. Maar nou ja - elkeen soen sy vrou op sy manier.

My seun lees gister op die internet dat die hoofrede vir die toename in boswaentjie-verkope is dat baie vervaardigers die gewig van die waens onder 750 kg hou. Dit beteken dat jy nie 'n spesiale lisensie benodig om te sleep nie. Of dit waar is of nie, dit klink nogal logies.

Dit is seker die kouefront wat die naweek oor die Wes-Kaap beweeg het, wat vanoggend lus het om van sy kloue hier in die noorde in te slaan. Na gister se warm, sonskyn, windstil dag, het ons 'n bewolkte oggend met 'n ligte windjie. Maar steeds is dit kortbroek-weer en lekker in die bos.

Ons "start" net-nou die skottelbraai op vir 'n spek-&-roereier "brunch". Vanaand is daar lamstjops en Joey's boerewors, saam met 'n braaibroodjie op die spyskaart.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 30/06/2026 - 10:58

........bring effe meer werk.

selfs met my Palma en 3 kinders, twee dogters en 'n seun, was dit nodig om "add a rooms" aan te rits. Veral as dit lank staan by die see was, en selfs net 'n week in wildtuin. Met 'n enkel aand oorslaap langs die pad, het dogters binne geslaap, en dan net 1 tent vir die seun.

Ek sien met boswaens is daar hoofsaaklik 2 tipes, ongeag of dit Bush Lapas, Echo produkte ensomeer is, die 2-slaper vir pare sonder kinders, en dan die gesinswa waar almal "binne" kan slaap. Dis veral die gesinne met klein[jong] kinders, wat die gesinswa verkies. Bloot uit 'n veiligheids oogpunt. 

Soos my vriend, wat 'n ervare rowwe veldkampeerder is, seg, daar waar die wild aan jou tent kom lek, en teen daktent se trappies op rek, wil jy almal binne hê. 

Dit is waarom boswaens met die uitstoot beddens, dit nou met soliede kante en dak maak, soos Mobi, Berg, Afrispoor en Infanta waens. 

NS: Ons weet mos kinders is ekstra werk, tot hulle vir ons begin bedien en trakteer.laughlaugh 

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus