133427 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Len... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -11 minutes ago
Môre Chris ! Kgalagadi Oktober 2026 Len Loader -34 minutes ago
Skrif Forum Herstel en terugvoering Geert -47 minutes ago
Lekker gesels. Kgalagadi Oktober 2026 Jan Meyer -2 hours ago
Oppi Rivier Lakeview Lodge and Camping Rona du Plessis -8 hours ago
Rockview Lakeview Lodge and Camping Geert -8 hours ago

Kgalagadi Oktober 2026

Kleinmond
Submitted by Chris Boucher on Sun, 07/12/2025 - 18:36
Forums

My beplande Oktober-kuier in Kgalagadi begin al meer in plek val. Met die uitsondering van een aand waarmee ek nog nie geholpe kon raak nie, begin die toerplan al hoe meer vorm aanneem.

Ons skop af met 2 aande in Twee Rivieren gevolg met 4 aande in Nossob. Beskikbaarheid van akkommodasie in Nossob, 'n dag later as die datum waarop besprekings geopen het, is net so goed soos om wors te soek in 'n hondehok. Maar geduld en gereelde loer op Sanparke se webblad, het vrugte afgewerp.

Intussen kon ek, na nog 'n aand in Twee Rivieren, ook 2 agtereenvolgende aande se akkommodasie in 'n rivierfront chalet in Mata Mata bekom en drie aande in Kalahari Tented Camp (KTC). Ek benodig nog 'n nag tussen Mata Mata en KTC maar ek is positief dat ek met die benodigde nag (15 Okt) in hetsy Mata Mata of KTC gaan regkom. Ek sal maar geduldig voortgaan met my soektog.

Ek sou wat wou gee om 'n nag of twee in hetsy Gharagab of Bitterpan te bekom. Ek het mos nou 'n 4x4.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 07/12/2025 - 19:19

....'n 4x4". Ai tog daar begin die inwrywery nou.laugh

Het julle vandag of gister darem 'n ent met nuwe bakkie gaan ry. ? Wat is jou eerste indrukke van die 2.4 weergawe??

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 07/12/2025 - 21:04

... die nuwe outjie het maar nog net effentjies gery - Vrydag van Hermanus-af tot by die huis en gister slegs na die plaaslike SupaQuick toe om die banddruk-sensors te laat installeer. Ek hou nie daarvan om met die tydelike registrasie te ry nie. Dit lyk so asof jy met 'n nuwe voertuig wil "brag". En ek is bang dat ek dalk deur die "speedcops" gestop mag word, want jy kan nie die tydelike registrasie deur die verdonkerte agterruit van die Rhinocab sien nie. Dus - grootliks tuisbly totdat dit amptelik geregistreer word.

Maar ek is beïndruk met die rygemak. Seker maar verbeelding, maar dit voel kompleet of die nuwe een 'n bietjie 'sagter' ry. Gemeet aan die spasie tussen die Rhinocab en die garagedeur, lyk dit of die nuwe een 'n bietjie hoër is. Dit voel ook só as ek agter die stuur sit.

"Early days", maar my eerste indrukke is goed.

Kleinmond

Chris Boucher

Mon, 08/12/2025 - 11:56

Dit is darem maar 'n klomp bakgat, behulpsame persone wat die besprekings by EZI Bookings hanteer. Die vier nagte wat ek in Nossob bekom het is te danke aan Anny (Engelse uitspraak) wat dit aan my genoem het toe ek 'n ander kamp wou bespreek.

My besprekings in Mata Mata en KTC is almal op "online bookings" gedoen. Die Mata Mata akkommodasie was twee afsonderlike besprekings vir 1 nag elk. Na 'n  oproep vanoggend het Anny al die onderskeie besprekings vir my gekonsolideer. Sy het ook 'n aantekening gemaak vir die nag wat ek nog benodig in Mata Mata of KTC. Puik diens!!!

Ek het gewonder of die twee dames met wie ek al jare werk (Joween en Melischia) intussen hulle diens verlaat het. Ek was verlig om te verneem dat beide op kraamverlof was, maar dat Melischia intussen teruggekeer het werk toe. Ek kom net deesdae bykans nooit meer in Stellenbosch nie, maar as ek weer gaan wil ek vir hulle persoonlik gaan dankie sê.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 08/12/2025 - 13:43

Ek stem, daai dames kan werk en behulpsaam wees met besprekings.

Doen my 'n guns----as jy daar inloer, gee hulle ook 'n soentjie namens my.laughwinkdevil 

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 10/12/2025 - 11:42

Na vele kere se inloer op Sanparke se webblad kon ek regkom met my bespreking soos ek dit graag wil hê. My "vermiste" nag wat ek graag in Mata Mata wou hê het vanoggend beskikbaar gekom - saam met 'n bonus. Ek sou aanvanklik moes terugkeer vir 'n enkele nag in Twee Rivieren alvorens ek Mata Mata toe verskuif. Maar nou kon ek ook daardie nag verruil vir dieselfde tipe akkommodasie in Mata Mata.

My bespreking sien nou as volg daarna uit: 6 & 7 Oktober: Twee Rivieren 8, 9, 10 & 11 Oktober: Nossob (nogal in 'n 6-bed chalet) 12, 13, 14 & 15 Oktober: Mata Mata (in 'n rivierfront chalet) 16, 17 & 18 Oktober: Kalahari Tented Camp Ek sal maar bly uitkyk of ek nie 'n nag of twee in hetsy Urikaruus of Kieliekrankie kan kry (in ruil vir die laaste nag of twee in Kalahari Tented Camp).

Ek het nie rekening gehou met die feit dat die skole op 6 Oktober begin nie. Toe ek dus 'n reisplan vir die heenreis wou beplan, kom ek agter dat akkommodasie vir 5 Oktober nogal moeilik bekombaar is. Ek het uiteindelik geholpe geraak by Elim Gastehuis op Melkboomeiland naby Keimoes.

My reisplan na Kgalagadi sien dus as volg daarna uit: 4 Oktober: Mountain View Gastehuis in Vanrhynsdorp 5 Oktober: Elim Gastehuis naby Keimoes Met die terugkeer het ek as volg plek bespreek: 19 Oktober: Kalahari Lifestyle Lodge (net buite die park) 20 & 21 Oktober: Augrabies Nas Park 22 Oktober: Kroon Lodge, Kamieskroon

Brits

Wessel Strydom

Wed, 10/12/2025 - 12:00

....met twee verskillende paaie tussen huis en Upington.

Ek het darem 'n goeie idee van KroonLodge se vaste verblyf. Bly 'n goeie roep vir oornag, hetsty met eie wa of hulle vaste eenhede.

12 aande in Kgalagadi kan net lekker wees, veral as mens die park deurkruis. 

Kleinmond

Chris Boucher

Sat, 29/08/2026 - 19:43

Ek het boontoe genoem dat ek hoop om by hetsy Bitterpan of Gharagab plek te kry. Ek kon gister vir 2 aande plek kry in Bitterpan. Ek sou my laaste 2 aande (van 4) in Nossob moes opgee om eerder Bitterpan toe te gaan. Maar na bespreking met die ghawwermint is daar besluit om eerder die volle 4 aande in Nossob te bly. Sy is bang vir oupa se 4x4 vermoëns in die duine. Moet ek haar verkwalik?

Buitendien is Nossob op só baie mense se wenslys - dat 4 aande daar nie te versmaai is nie. Dalk kom ons weer 'n keer by Unie-end uit - was 19 jaar gelede laas daar.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 29/08/2026 - 19:57

Jis ou maat, ek sal my ou hele Grompie agterna gooi as ek net in Kgalagadi kon wees. Geniet Nossob en vêrder na Unie-end.

Dis nogal jammer dat die pad vanaf Nossob na Bitterpan 'n eenrigting is. Anders kon jy darem so 'n ent ingery en omgedraai het. Ek lei af dat daardie roete 'n sand-duine roete is. Is daar 'n aangeduide pad, of ry jy werklik vrye teuels sandduine??

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 29/08/2026 - 20:35

Ons wil ook graag Kalaghidi bespreek vir "when ever" daar ñ opening is in die boskampe. Het omlangs gekyk en daar is fofol bedskikbaar vir oor n jaar.

Erens doen ek my huiswerk verkeerd. Plan is Jurgie sleep tot by Twee rivieren, en van daar so paar boskampe te besoek. Dit wil voorkom of daar kampers is wat   AI gebruik om die stelsels dop te hou vir kansellasies

Brits

Wessel Strydom

Sun, 30/08/2026 - 06:56

....jy moet 1 Sept bel en bespreek. Dan open die besprekings vir volgende jaar vanaf 16 Augustus. Die 40% afslag periode begin op 16 Augustus.

Ezibookings se nommer is 021 886 8342

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 30/08/2026 - 08:12

... nee, daar is darem 'n pad deur die duine na Bitterpan. Ek is onder die indruk dit is 'n eenrigting-pad wat net suid van Nossob (waar jy moet inboek) begin. Die terugkeerpad sluit aan by die lang duine-pad wat die Nossob- en Auobrivierbeddings met mekaar verbind.

Die ander aspek wat die ghawwermint eerder na die volle 4 aande by Nossob swaai, is die netjiese en goed ingerigte akkommodasie-eenheid wat ons by Nossob het - dit is 'n 6 slaapplek chalet (net vir die 2 oumense). Kyk na die foto's op die Sanparks-web. Dit lyk nogals na 'n oulike plek.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 30/08/2026 - 11:37

Bitterpan is vir ons n baie lekker. Die klompie hout slaapkamers met stortkamers oorkant die loopgangetjie is ñ baie anders gevoel. Dan deel die paar inwoners n kombuis en tafel wat dit gesellig maak saans. Natuurlik het jy jou eie " werfie" met so lae heiningtjie wat oop is vir die rondkyk en soek vir Ta se ogies.

Dit is n eenrigting pad met paar steil duine, 2 spoor, wat vrot getrap word en vol hengse gate van die tollende wiele. Stadig kom jy nie deur nie. Jou ryding sal so paar skommels deurkom en dan vassteek, difflocks en al.

So die beste raad daar is om momentum te hou en die gebokspring te geniet.

Ons het ook al een keer in so 6 bed by Nossob   oorgebly vir paar dae. Het mooi uitsig oor die rivier, maar die Melamien kombuiskaste en basies gewone huisgeriewe met geteelde vloere.......nee dankie. Een aand is lank genoeg vir ons.

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 30/08/2026 - 12:15

... ek hoor wat jy sê t.o.v. Bitterpan. Ons het ook Grootkolk, Urikaruus en Kieliekrankie destyds (2007) baie geniet - veral Grootkolk. En ek reken dat Bitterpan net so lekker is. Maar met my vrou wat amper anti-4x4 is (nog te meer na my bollie by Atlantis Duine) sal die pad Bitterpan toe en terug (soos jy hierbo beskryf) baie ongelukkigheid veroorsaak. Daardie ou geykte sêding, Happy wife, happy life, bly maar in my kop opkom. Sy sien al klaar op daarteen dat ons die gewone Kgalagadi-paaie in baie swak sinkplaat-toestande kan kry (soos meermale vantevore).

Sy't in elk geval nog nie 100% vrede gemaak met my gatjeuk-besluit om van die (so te sê nuwe) 2.8 "af te skaal" na die 2.4 4x4 nie. Ek word daaraan herinner dat ek met die koop van die 2.8 (net om die vorige een met 'n gatjeuk-besluit, na 3 jaar te vervang) gesê het dat dit my laaste nuwe voertuig is. En inderwaarheid is die 4x4 primêr vir Henties hengel-ekskursies gekoop.

Toe ek 2 weke gelede geluide gemaak het van 'n nuwe 2.8 4x4 was ek byna die slaapkamer belet.

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 08/09/2026 - 11:40

Nadat ons vanaf die noorde teruggekeer het, het twee maande vorentoe nogal lank gevoel. En eensklaps is meer as 'n maand verby en minder as 'n maand oor voordat die langpad Kgalagadi toe aangepak word. Vandag oor 'n maand verskuif ons reeds vanaf Twee Rivieren Nossob toe vir die volgende 4 aande, waar ons 19 jaar gelede laas was. En sien ek nou uit daarna - veral om dalk weer 'n slag tot by Unie-end te kom (waar ons ook 19 jaar gelede was toe ons by Grootkolk - die kamp van alle kampe - gebly het).

Die inpaklys is so te sê gefinaliseer. Vir die eerste keer in jare gaan my potbroodpot en broodmeel weer saam. Ek is maar 'n luigat en koop eerder 'n vars brood. Maar in Kgalagadi is jy maar aangewese om vir jou eie vars brood te sorg. Ons het al in Mata Mata en Nossob vars tuisgebakte brood, wat deur die personeel op bestelling gebak was, gekoop. Maar hulle bak net witbrood - en ons hou van growwe brood. Dus sal ek maar weer my broodbak "skills" moet uithaal (as ek dit nog het).

En die driebeen-swartpot gaan ook saam. Daar sal moet 'n paar potjies gemaak word, want ek kan darem wraggies nie aand na aand braai nie.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 08/09/2026 - 11:50

Ek beny julle. Ek moet/wil ook nog 'n toer deur die Kgalagadi inwerk.

Ek dink ek moet my beplanning aanslag verander. ek moet eers plek bespreek in Kgalagadi, en dan die res van die jaar daarvolgens. 

Veral met die feit dat daar net 30 kampplekke in Nossob is, waarvan 10 die duur privaat ablusies is. Dit verklaar waarom mens so sukkel om plek te kry.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 08/09/2026 - 18:36

Jip stem saam met Wessel.  Maar ek wil eers n paar wildtuine onder my belt kry.  So April 2027 is dit Addo en Bontebok, 2028 Oom Paul se tuin en dan miskien Khali Khaldi.

 

Geniet dit Chris.  Ek like jou dat jy jou eie brood gadget saam neem.  lekker man.  Gaan smokey Joe saam.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 08/09/2026 - 18:37

Ek is ook nou n Etosjha man vir braai goed.

Koop jy die kole vir smokey joe of die briketss

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 08/09/2026 - 20:02

Daar is niks beter vir enige Weber nie - ook vir die Smokey Joe wat beslis sal saamgaan Kgalagadi toe nie. Ook vir potjie is Etosha Triquettes onverbeterlik. Juis vandag vir my 'n nuwe potjie gekoop - een van dié wat met enamel bedek is. My seun gebruik al jare só 'n pot - en dit werk soos 'n bom. Só 'n rooi No 2 gekoop.

Kaap

Goeie Hout

Tue, 08/09/2026 - 20:14

Ek het vir my verjaarsdag so n potjie gekry.

Werk lekker.  Gebruik hom net by huis.  maak vinnig skoon.

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus