6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Piekniek plekke Kruger 2026 Wessel Strydom -47 minutes ago
Piekniek plek Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Wessel.. Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Wildtuin restaurante Kruger 2026 Rona du Plessis -1 hour ago
Rona... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -1 hour ago
Geert se braaivleise.... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago

Springbok rugby

Pretoria
Submitted by Geert on

Wie volg almal Soringbok rugby? Daar lê n lekker Springbok rugby program voor. Ek moes gister met n swaar hart my Springbok - All Black kaartjies van 5 September op FNB stadion oordra na vriende aangesien ek per ongeluk n wegbreek bespreking gemaak het oor dieselfde datum. Ek wou nog wegbreek datum aanskuif, maar het nie so uitgewerk nie

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/08/2026 - 19:35

...ek was gelukkig klaar ge-eet voordat ek die telling gehoor het. Sleg om 'n reeks met 'n agterstand te begin.

Ek hoop Goeie hout het die wedstryd oorleef.

Sedgefield

Jan Meyer

Sat, 22/08/2026 - 19:45

Die Springbokke se gebrek aan dissipline het hulle nou ingehaal. 

In die eerste 20minute het die skeidsregter twee keer Springbokke aangespreek omdat hulle sy beslissings bevraagteken.

In die tweede helfte het hy ons kaptein aangesê om met die Springbokke te praat oor hulle hom aanmekaar nader oor beslissings en dat hulle moet stilbly en dat hy net na die kaptein sal luister. 

Vandag is ons deur 'n beter wedstryd beplanning uitoorlê. 

Oudtshoorn

neef Herman

Sat, 22/08/2026 - 20:26

Stem Jan. Dit was duidelik dat NZ goeie huiswerk gedoen het. Die bokke het vir my te lank geneem om die bal te " recycle" en net daar is hulle ook uitgevang. Die voorspeler spel van die bokke het is maklik neutraliseer. Na die vorige twee wedstryde van NZ hier, was dit half duidelik dat hulle bal hantering en speltempo baie goed is.

Maar Neef weet bokerrol van Rugby af, en geniet egter n goeie wedstryd. Die was vir my n goeie wedstryd waar die " under dog" gewen het. 

 

Pretoria

Geert

Sat, 22/08/2026 - 21:05

Ek neem glad nie meer deel aan rugby-gesprekke nie - my bek is toegezip

Ek voel vanaand ook so. Ek haat die geskoppery....hoeveel veld en punte het dit ons nie gekos nie. Snaaks....gewoonlik aan einde as SA punte benodig van wedstryd, word daar nie meer geskop nie en meer hardloop rugby gespeel....maar dan te laat.   Elke keer as SA gehardloop het met bal, het ons veld gewen, maar word dan afgerond met n skoppie wat paar meter veld wen, maar balbesit verloor. Was seker nie SA se dag nie....maar ek is vol vertroue ons is baaaaie beter as die AB....moet werk aan onnodige foute

Kaap

Goeie Hout

Sat, 22/08/2026 - 22:03

Oorleef is nie genoeg.

Ons is letterlik met ons broek op ons kniee gevang.

Ons skrum hulle in hulle kanon en vat geen skop pale toe.  Steph du toit is nie n kaptein.  Hy is die beste speler, maar kaptein nie.

My pa het gese Morne Du Plessis is te veel in die Burger koerant die week.  Dan skop Naas ons stukkend op Nuweland.  Ons sperlers was te veel in SPUR advertensies oor eiers wat reg gebak is ens.  Ons fokus het  verander.  

Ek vat die verloor en glo ons gaan opstaan.  Mar vir n New Zeelander ... 

Kaap

Goeie Hout

Sat, 22/08/2026 - 22:04

Ek konsentreer eerder nou op my Karoo en Addo toer.

Kaap

Goeie Hout

Sat, 22/08/2026 - 22:21

Rona.  jou foto gesien en ek wens jou beskuit maak my hart beter.

Maar die verloor sal ek op die ken neem.  Maar dis nog seer.

Het julle lekka slaap se advertensie gesien...

Brits

Wessel Strydom

Sat, 22/08/2026 - 22:37

Ek het nie die wedstryd gesien nie. Ek het al te veel gesien dat as jy die goeie speler kaptein maak, verloor die span en jy breek die goeie speler. 

Dit gebeur nie net in rugby nie, het in krieket ook al gebeur. 

Hierdie verloor kom van Woensdag [?] af, waar Rassie ruiterlik erken het, hy/hulle is op hulle senuwees vir die wedstryd.

Of Pieter 'n kaptein is of nie, weet ek nie, maar dat hy 'n uitstekende speler is, dit weet ek wel.  

Ja, dis maar nie lekker nie. Stem saam met Goeie Hout. PSdT is ń baie goeie speler maar ek dink ook nie hy moet kaptein wees nie. Maar wie ook dan nou weet ek nie.

Jasper het ń groot game gehad en die ABs mooi aangevat. Was lekker om te sien. Wat ook nie gehelp het nie is die deurmekaarspul in die agterlyn. Dit het gelol. Skrums was lekker.

Dalk is dit maar nodig dat die Bokke en van ons ondersteuners net weer bietjie voete op die aarde kry.

Brits

Wessel Strydom

Sat, 12/09/2026 - 22:02

....nee wat, ek bly nie vir die wedstryd op nie. 

moenie verbaas wees as die bokke verloor nie

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/09/2026 - 00:03

So wakker soos 'n akker. Nou met rustyd eers weer vir my 'n polisiekoffie gaan skink (middernag?). Rugby in die VSA maak nie mooi met 'n normale mens se slaaptyd nie.

Pretoria

Geert

Sun, 13/09/2026 - 01:49

Goeie pak slae....43-28. Die hoeveelheid drieein elke spel verbaas my. Vanaand 10x driee tussen n spel van top 2 spanne....dis baie

Sedgefield

Jan Meyer

Sun, 13/09/2026 - 06:41

Stem saam ChrisB die laat wakker bly is erg. 

Die Springbokke se verdediging pla my en alhoewel die All Blacks se aanvallende spel goed is kon ons hulle in 4 wedstryde nie keer nie. 

 

Kleinmond

Chris Boucher

Sun, 13/09/2026 - 09:47

... het ek tot na 09:00 in die oggend vas geslaap - dalk te danke aan daardie polisiekoffie wat ek rustyd geskink het.

Die teleurstelling sou darem groot gewees het om so laat wakker te bly indien die Bokke dit nie gemaak het nie. Maar op die ou end was dit absoluut die moeite werd.

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Mon, 14/09/2026 - 10:15

Is daar dalk pille om 'n ou se positiwiteit 'n bietjie op te kikker ?

Ek vermoed iemand in ons midde kort 'n pilletjie of twee.  Hy gee wraggies pad uit die Kruger Wildtuin oor 'n paar vlooi-berigte en dan weer vertrek hy uit Pilansberg vroeër oor moontlike, let wel moontlike reën die volgende dag ! En Saterdag skemer dit deur hy dink wraggies die Bokke gaan verloor !

Ons moet probeer om hierdie vriend te help waar ons kan.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 14/09/2026 - 10:56

....daai ou ken ek persoonliklaughlaugh Sy vrou het nie kans gesien vir daai sandvlooie nie, en hy hou nie van in die reën afbreek nie.

 

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus