6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Privaat boodskap Forum Herstel en terugvoering Geert -12 minutes ago
Plaveisel Olifants River Lodge Geert -1 hour ago
vars terugvoer?? Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -6 hours ago
7 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Dis erg! Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -7 hours ago
Rona ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago

September 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen. 

Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.

Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.

Brits

Wessel Strydom

Sun, 27/09/2026 - 16:38

Dit lyk of dit so 4 minute neem vir 'n inset om vertoon te word. Dit is seker nie te erg nie.

Wat erger is, is die feit dat lede NIE kan "log in" nie.

Ek hoop dat Anton en/of "ADMIN" hier lees om hulle te vergewis wat al die probleme is.  

 

0
Brackenfell

HennieBo

Mon, 28/09/2026 - 06:31

Kom ek toets of ek ook probleme ondervind. 6:29

Ja dieselfde. Ons moet maar net geduldig wees. Anton sal daarna omsien wanneer hy tyd het. Hy sit nie elke dag permanent op die forum. Hy het natuurlik ander prioriteite vir nou. 

0
Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 28/09/2026 - 07:19

Stem saam Hennie. Neef begin voel die maters dring aan op "diens" waarop ons eintlik geen reg het . Ek voel skoon selfbewus  agv ander van die groep wat so onverpoos karring. Ek sal my ook dan maar eenkant skaar vir nou. 

Groete.

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/09/2026 - 08:04

...ek stem saam, ons het geen reg op "diens" nie. Al rede waarom ek karring, is sodat Anton kan sien of die probleem opgelos is, of nie.

Tog is ek van mening omdat ons almal in die verlede gehelp het om onkostes te dek, ons seker kan verwag dat die probleem reggestel word.

Ek het ook besluit om nie vêrder direk met Anton oor die probleem te gesels nie. Kom die forum reg, gaan ek bly deelneem. Loop die forum dood, gaan ek 'n klomp vriende mis, behalwe as hulle ook gaan aansluit by 'n ander forum. 

0
Irene

Grootwind

Mon, 28/09/2026 - 09:32

Kan steeds nie Uitlog nie...boodskap wat ek kry:

The website encountered an unexpected error. Please try again later.

Ekke is nou moeg ge-"try later", koebaai vir eers dan, lyk my ek gaan aangelog bly vir ewig...

 

 

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/09/2026 - 10:52

...ek is altyd "log in". Dis net baie minder moeite, en ten minste kan ons insette maak.

0
Pretoria

Geert

Mon, 28/09/2026 - 12:07

Ek was via my tablet laas Woensdag aanlyn gewees....na paar dae log hy lyk my vanself uit. Nou kan ek nie meer met tablet inlog nie

Net n kort update sou nice wees

0
Brits

Wessel Strydom

Mon, 28/09/2026 - 12:48

....jy moet maar net praat, dan stuur ek Anton se nr vir jou. 

0
Pretoria

Geert

Mon, 28/09/2026 - 13:34

Dankie Wessel, ek het hom. Daar is seker nie meer nuus as wat hy vir jou oordra nie. Die hakkel gedeelte is okay en ons weet al hoe om dit te omseil, maar soos jy noem...daar is lede wat wil saamgesels, maar kannie inlog nie

0
Sedgefield

Jan Meyer

Tue, 29/09/2026 - 06:22

Geert ja dit kan skade aandoen.

Ons kry besonder baie reën hierdie jaar. Maak nie eers meer tuin nat nie en my gras lyk mooi. 

Weet nie of dit die ouderdom is nie maar kry ook kouer as in die verlede. 

Tuin

0
Jeffreys baai

Lapskag

Tue, 29/09/2026 - 07:00

Hi Jan, ek dink nie dit is die ouderdom nie, dit is heelwat kouer hierdie jaar hier onder in die Kaap. So asof die winter nog n bietjie vasbyt. Klink of ons baie warm gaan kry later in die jaar.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/09/2026 - 08:12

....hoe laat het dit gehael daar. Ek hoop jou wa staan onder 'n dak of darem 'n skadunet.

Ons het weinig van voorspelde reën gekry gisteraand.

0
Brits

Wessel Strydom

Tue, 29/09/2026 - 18:26

Blykbaar kan heelwat lede nie aanteken tans om insette te maak nie, of dan deel te neem nie. Ek vermoed dat 'n paar wel ingeteken was toe die spook toegeslaan het, soos ek, Chris B, Grootwind, Geert, Herman, Lapskag, Hennie en wie nog. 

Voorstel:

Ek vermoed dat Anton ook nie hier lees nie, dus gaan ek vra dat almal wat NIE kan aanteken nie, vir Anton 'n whats up stuur en dit noem, asook wat jy gebruik om te probeer aanteken, soos skootrekenaar, foon, tablet of posduif.

Dink julle mens mag sy nommer op die forum plaas, omrede hy die administrateur is. Wat se die regsgeleerdes???

Dink julle dit gaan help????

0
Brits

Wessel Strydom

Wed, 30/09/2026 - 06:50

Ek sien vanoggend die kriptiese inset in die Laevelder van 'n skietery op voertuie op die Schoemanskloof pad. Blykbaar hou dit verband met onwettige mynbedrywighede.

Dis darem hartseer dat wetteloosheid totaal oorgeneem het in die bose land.

0
Pretoria

Geert

Wed, 30/09/2026 - 08:00

Ek dink nie dis nodig om sy nommer te plaas nie. Hy weet van die probleem. Soos ek genoem het....net n kort update sou nice wees. N voice message na iemand soos Wessel sou miskien net 30 sekondes neem

0
Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 30/09/2026 - 13:44

... is 'n ligte beskrywing. Toe ek anderdag noem van vroulief se Honda se sleutelprobleem, stel Wessel baie diplomaties voor dat ek net seker maak of ek nie dalk die battery verkeerd-om ingesit het nie. Ek het nie eens gekyk nie, want ek sal tog nie só 'n simpel fout maak nie.

Ons is toe vanoggend Somerset-Wes toe om o.a. Joey's boerewors te gaan koop vir die komende Kgalagadi-trip. Maar eerste gou na Honda toe met die foutiewe sleutel.

Praat van rooi-gesig daar uitloop toe hulle vind dat die battery is verkeerd-om ingesit.

Mamparra!!!! - is 'n ligte beskrywing.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus