6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Dankie Geert Vakansiebeplanning 2026/27 Jan Meyer -41 minutes ago
Jan Meyer Vakansiebeplanning 2026/27 Geert -6 hours ago
Toer alte lekker saam Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -8 hours ago
6 Oktober Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Swak sein Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -9 hours ago
Op n ander blad gelees..copy en paste Bestuurderslisensie Geert -11 hours ago

September 2026 saam gesels

Brits
Submitted by Wessel Strydom on
Forums

Ek het met groot gesukkel en lank aanhou vir Ezibookings, my bespreking vir Mokala en KarooNp gedoen. 

Ek het later vir Chris B gebel, hom gevra om klaar te maak, sodat ek ook 'n beurt kan kry. Die vriend pleit toe geheel onskuldig.

Teen 10h30 kry ek bespreek, en vra sommer vir Nossob ook. Volgens die kantoor was Nossob toe reeds vol bespreek, seker vir Aug'27. MataMata en Twee rivieren het nog plekke oop gehad.

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 16:19

ek het nounet vir Anton [Voortrekker] 'n boodskap gestuur om hom te verwittig dat forum steeds vashak met insette. Hopenlik word dit binnekort reggestel

Oudtshoorn

neef Herman

Mon, 21/09/2026 - 21:19

Al n paar keer in my jare op die Forum  so gekakkel gehad, maar dit was waneer die send knoppie gedruk was, en dit lyk my effe stadig uitgevoer was, en dan druk ek weer " send" , en dat is daar twee !!! Of drie.

So dit is in my nederigheid dalk deels n ietsie anders. Is dit IT se doenigheid!? Of Wessel en Grootwind se atoom skenaaiwers wat nou backfire.? 

Who knows.

Groete...groete..groete..groete..groete...

 

 

Brits

Wessel Strydom

Mon, 21/09/2026 - 21:52

...jou teorie kon water gehou het, MITS Anton nie erken het daar is wel fout nie. U beskrywing van die save knoppie 'n paar keer druk , is egter ook 100% korrek.  

As dit my en Grootwind se gekonkel is, sou daar so 'n sagte blou gloed op jou skerm verskyn het.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/09/2026 - 08:25

Sommer om te toets of die forum se databasis probleem opgelos is.

Dit was 1ste keer gelaai om 08h23

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/09/2026 - 12:33

Lyk my mens moet maar net "save" druk, en aanvaar die inset sal later wel opgeneem en vertoon word. As mens egter die "save" weer en weer druk, word die inset herhaaldelik gelaai en vertoon.

Pretoria

Geert

Tue, 22/09/2026 - 12:44

Ek hoor wat jy sê Wessel.  Is net as mens relatief baie tik, mens bang is dit word nie gesave onder draad nie en jy moet weer oortik

Dan wil dit voorkom of daar lede is wat kan lees, maar glad nie kan inteken om deel te neem nie.....maar hul name wys wel asn my kant dat hul aanlyn is

Oudtshoorn

neef Herman

Tue, 22/09/2026 - 13:27

Wil vir Rona, en die ander Voolie volgers laat weet dat sy nou broei.

Ek kan net dink hoe gaan ouma Vonnie besig bly met kos uitsit vir die kleintjies oor so 10 dae. Katkrummels wat in water geweek word. Sag nie pap nie! Roereiers. Kossies moet hoog in proteiene en net genoeg vog !! Sy gaan dit geniet want ek sien haar glimlag as sy vir Voolie uit haar hand laat eet.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/09/2026 - 15:08

.... jy moet tog vir Yvonne daarop wys dat oumas nie die kleinkinders grootmaak nie. Oumas moet net toesig hou dat hulle niks oorkom nie..

Miskien wag die huiskatte ook met blinklippe op die aankoms van sagte vleishappies wat uit die lug gaan valdevil 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/09/2026 - 19:16

... dit is lekker om sulke dinge te lees. Hou ons op hoogte 

Kleinmond

Chris Boucher

Tue, 22/09/2026 - 19:23

... 'n lekker beesstert-bredie op die spyskaart. Die Engelse naam is mos "Oxtail" - maar my pa het menige keer verwys na koeistert, want volgens hom was daar nie só baie osse geslag nie.

Aag man - dit is lekker om mens te wees. Maar dan moet jy natuurlik 'n lekker mens wees. Ek sê so, want môre-aand is daar gebraaide galjoen en soetpatats op die spyskaart. 

Brits

Wessel Strydom

Tue, 22/09/2026 - 19:43

....om lekker te kan eet en drink.

Dalk moet ons 'n spesiale gesprek begin oor wyn voorkeure, en wat drink ons saam met watter disse. 

Pretoria

Geert

Tue, 22/09/2026 - 20:53

Dalk moet ons 'n spesiale gesprek begin oor wyn voorkeure, en wat drink ons saam met watter disse. 

My keuse is nie moeilik nie....Fish Eagle met alle disselaugh

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/09/2026 - 09:21

Etlike jare gelede het ons as maatskappy 'n klompie van ons top-verspreiders op 'n tiervisvang-trippie na Katimo Malilo (spelling?) geneem. Ek en my destydse bestuurder het, anders as al die ander manne, die eerste aand rondom 'n bottel lekker koue witwyn gekuier. Die ander was deur die bank op polisiekoffie. Die een ou, ene Louw Pieterse van die Springbokvlakte, spreek toe sy verbasing uit dat ons Kapenaars ons suurwyn (soos hy dit genoem het) só kan geniet. Want volgens hom is daar net een ordentlike wyn - en dit is brande"wyn".

Dieselfde Louw Pieterse het vir die kroegman gesê dat hy twee enkel-brandewyne wil hê - maar hy kan dit maar in een glas gooi.

Lekker herinneringe van goeie ou dae.

Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/09/2026 - 10:52

Ek wil sommer toets of die probleem opgelos is. 

Inset: 10h50

Probleem is steeds op stelsel. Inset word nie dadelik gelaai en vertoon nie. Foutboodskap----Unexpected error

Brits

Wessel Strydom

Wed, 23/09/2026 - 19:16

Naand Anton, ek sien Geert kla dat hy nie fotos gelaai kry nie.

Dis duidelik daaruit, en my toets insette die afgelope paar dae, dat die probleem wat die forum ondervind nie opgelos is nie.

Dit sal baie jammer wees as so iets hierdie fantastiese forum, in enige taal, sal kniehalter tot 'n stilstand. 

Neem asb die vrymoedigheid en plaas op die forum wat gedoen moet word, is dit 'n gebrek aan jou eie tyd, of is dit 'n gebrek aan finansiële ondersteuning. Indien dit laasgenoemde is, sê dit op die forum. Die verlede het mos bewys dat ons lede bereid is om 'n bydrae te maak.

Ons hoor graag van jou.

Oudtshoorn

neef Herman

Wed, 23/09/2026 - 20:57

Twee enkel brandewyne in een glas.

Het ek dit nou baie geniet Chris !! En die "Suur wyn" is net so half uit die Perd se bek.

Ek sien ons Wessel trap Anton se to..e. Nou wonder Neef wat is die finansïele voordeel vir Voortrekker om sy Kampforum aan te hou?  Vir paar dollars of net omdat hy dit geniet ? Het...

Hy was bitter skaars sedert die tweeling se geboorte en Jonika se stoma. Kan nie onthou dat hy vertel het hoe dit verloop het nie. Dit is privaat, so ek respekteer hom.

Kleinmond

Chris Boucher

Wed, 23/09/2026 - 21:56

Die eerste oggend van ons tiervis-ekspedisie is daar besluit dat die ernstige hengelaars, met ervaring van tiervisvang, saam met die onderskeie gidse sou uitgaan op die kleiner bootjies. Ons onervare tiervishengelaars, seker 6 - 8 van ons, is almal op 'n platboomskuit gelaai - met hengeltoerusting en 'n moerske klomp bier in koelhouers.

Ek het maar altyd 'n blaas, niks groter as 'n okkerneut, gehad en bier het baie vinnig deur my gestel beweeg. Maar om op 'n skommelende platboomskuit op die Zambezi te piepie was vir my 'n onbegonne taak. Elke keer (kort tydjies uitmekaar) moes die skipper kant toe vaar sodat ek kon water afslaan.

Louw Pieterse was na 'n paar keer se wal toe vaar behoorlik gatvol van my swak blaas en haak toe af met: "Is jy dalk 'n lid van die pisbeteriaanse kerk?"

Aag man - lekker herinneringe.

Kleinmond

Chris Boucher

Thu, 24/09/2026 - 10:13

Rona het vanoggend aan my 'n WhatsApp gestuur en vertel van haar frustrasie om in te log op die forum. Ek ervaar skielik dieselfde probleem as ek op my laptop werk, maar nie met die selfoon nie. Die laptop wys ek is nie "logged in" nie. Maar wanneer ek wil in log, kry ek dié boodskap: The website encountered an unexpected error. Please try again later.

Ek kry dieselfde boodskap as ek 'n inset vanaf my selfoon "save". Maar gaan ek weer in op die forum, verskyn my inset tog daar.

Dit wys op die lys van aanlyn aanwesiges dat Rona aanlyn is, maar sy kan glad nie deelneem nie. Wat's fout? Waar's ons vriend Anton?

Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus