Synde daar 'n gedagte geplaas is om 'n gesprekslyn oor braai met 'n Weber te maak, het ek dit goedgedink om hierdie te begin.
Ek weet dat sommige braai-puriste reken dat braai met 'n Weber is nie braai nie. Ek het al by geleentheid die program "Kom ons Braai" op die VIA-kanaal gekyk. En daar het ek al 'n paar uitgesprokenes gehoor indien 'n deelnemer dit sou durf waag om op 'n Weber te braai. Houtvuur is in hulle oë die enigste ware manier van braai. Dan sê ek sommer in my stilligheid: "Gaan skyt man." Of daar's diegene wat hulle uitspreek teenoor die byvoeging van brikette (of houtskool) by 'n houtvuur se kole. Weereens wil ek diesielfde as hierbo in my stilligheid sê.
Die Engelsman sou sê: "There's no two ways about it" dat 'n houtvuur 'n fantastiese atmosfeer skep. En daarteen stry ek glad nie. Maar dat jy op 'n Weber net sulke lekker vleis kan braai, of selfs lekkerder, as op 'n houtvuur se kole, is nie altemit nie.
'n Weber verleen hom tot veelsydige maniere van kosmaak. Maar dit is nie waaroor dit gaan nie. Dit gaan oor braai op 'n Weber. Ek beskik ook oor 'n gewone grootte Weber, maar ek sukkel om dié ding baas te raak om te braai. Omtrent al wanneer ek dit gebruik is wanneer ek meer as een ontbeende heel hoender moet gaarmaak. Maar laasgenoemde is op indirekte hitte. En ek gee toe dat dit nie braai is nie. Maar dat só 'n hoender lekker is as dit op 'n Weber voorberei word, is ook nie altemit nie.
Ek gee myself nie uit as 'n kenner van die gebruik van 'n Smokey Joe (die mini-Weber) nie. Maar oor 23 jaar het ek al 'n paar "tricks" geleer hoe om op hierdie apparaatjie te braai. My eerste Smokey Joe het ek bekom toe ek ingeskryf het vir 'n destydse resep-kompetisie van Coleman mosterd. Dit is 'n storie vir 'n ander dag. Die eerste prys was 'n Weber gasbraaier, maar ek het een van die troospryse gewen, nl die Smokey Joe - wat vir jare in my motorhuis op 'n rak gepak was - want ek het met hout gebraai. Meer spesifiek met rooikrans en sommige kere met Myrtle - laasgenoemde moet nie onderskat word nie. In my Grabouw-jare het ek vragte rooikrans vanaf Stanford en Gansbaai aangery - of in sommige gevalle laat aflaai.
Maar voordat ek my mede-forumiete verveel met hierdie lang inleiding - ek sal op 'n volgende inset of twee 'n bietjie meer inligting verskaf oor my ervaring met 'n Smokey Joe (wat my totaal "bekeer" het daarvan om met 'n houtvuur te braai).
Nuwe eienaars?
Ek hou van die nuwe ontwerp van Smokey Joe...die kole/as nie onder uitval nie. Ek gaan nou in op Makro se Website om te sien of hulle voorraad het.....R2999 op special?
Ek het Makro in Centurion gebel om te hoor oor die prys en of hul voorraad het. Hulle winkels het blykbaar geruime tyd nie voorraad nie en sê dat daai online prys van n buitestaander is en nie van hulself nie. Geen winkel in ons omgewing het voorraad van die Smokey Joe nie. Ek het oplaas by Kloppers gehoor dat hulle al n lang tyd wag vir Smokey Joe Webers aangesien Weber nuwe eienaars het en alles vertraag is. Ek het toe gaan loer op Takealot maar het net al die goedkoper namaaksels. Ek kon egter nog kry by Amazon. Dis die 1ste keer dat ek by hulle koop. Hulle het ook n bypassende dra sak gehad spesifiek vir die Smokey Joe....hom ook bestel....hou van my kampeer toerusting in sakke. Ek behoort dit seker môre te ontvang
Indirekte metode
Hi Chris. Ek maak op indirekte metode. Ek maak gewoonlik net aan die een kant n grooter vuur. Ek maak omtrent vuur op ⅓ van een kant en dan het ek ⅔ van rooster vir vleis of disse.
Ek doen dit in die Smokey Joe ook so (foto's)
Resep is te veel vir ons gesin....beter om dit te halveer
Brood in Weber
EK het nou broodjies gemaak in terracotta potjies....lyk heel lekker....gaan nounou eet
Caramel sous?
Naand Geert. Jy was lekker gatvol toe ek so klompie jare gelede genoem het dat destydse broodjie effe bleek gelyk het, my gestenig.
Wel die broodjie lyk effe na n King Cone doppie met n skeppie Vanilla roomys met Caramel sous op. Vreemd..... Glo jou dit was iets interssant en anders as n sny brood.
Neef Herman
Ja....dit was ook die eerste opmerkings hier tuis gewees dat dit soos roomyse lyk
Ek het nou een ge-eet...oopgebreek en appelkoos konfyt opgesit. My vrou het botter en stroop gebruik. Die brood het lekker sag en nie droog geproe nie....instruksie is dat mens voor elke gebruik die potjies eers vir n ruk in water moet laat week. Weet nie of dit iets met die sagheid/moist te doen het nie....dis terracotta potjies. Ek sal dit graag in toekoms weer wil maak, maar dan die drood gebruik vir n bunny chow
Vark roast met spek en ribbetjies vanmiddag op die spyskaart





Kan dit wees?
Ek hou van die nuwe ontwerp van Smokey Joe...die kole/as nie onder uitval nie. Ek gaan nou in op Makro se Website om te sien of hulle voorraad het.....R2999 op special?