Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Goeie hout...
...het jy toe die Onderrok bestuur en bevoel?? Wat is jou indrukke, of soek jy vêrder??
Ons beplan.
En dit nogals met 'n bespreking of twee in gedagte. Ek het gistermiddag 'n e-pos gestuur aan Teri Lemveli (buite Beaufort) om oornag kampering te reël vir een aand. Dit is naweek en ek wag nog vir terugvoer, so nie sal ek môre die dag net 'n bietjie sy loop gee voordat ek bel. Hou maar duim vas...
Riverside Country Club by Ritchie werk eers weer om 9h30 môre, waar ons 'n eerste oornag beplan.
Brandstofprys moet maar wees wat dit wil 👀. Ons was nou aan huis gekluister vir te lank. Tyd om uit te stap. Opgewonde.








Olie prys en Jodiumpille
Lyk my ons moet ons regmaak vir 'n volgende olieprys verhoging.
Volgens oorsese koerante maak Trompie hom reg om berg Pickaxe te verwoes. Dit huisves glo die hoofsentra van Iran se kernprogram en verrykte Uraan. volgens berigte is Iran reeds besig om jodiumpille uit te deel aan die inwoners naby die berg.
So 'n daad sal beslis Trompie se ego streel, mits dit suksesvol is, en ten minste is daar dan een goeie positiewe uitkoms uit die aanvanklike Iran oorlog.