Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -58 minutes ago
Baie dankie November 2026 Jan Meyer -1 hour ago
Mooi jaar vir jou Jan. Hoop… November 2026 neef Herman -1 hour ago
Lekker "ou" Jan November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Baie geluk Jan met jou… November 2026 Lapskag -1 hour ago
Vir Jan November 2026 Rona du Plessis -1 hour ago

November 2026

Dullstroom
Submitted by Rona du Plessis on
Forums

Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.

Brits

Wessel Strydom

Tue, 17/11/2026 - 20:08

Ek kry ewe vanmiddag 'n sms van Santam, waarsku my om voertuie onderdak te kry. Seg so ewe, nie YR of accuweather voorspel lelike weer nie.

Mensig, so 17h15 breek hier 'n haelstorm los. Gelukkig fyn hael, maar seker vir 'n kwartier aanmekaar met wind. 

Ek het geen skade nie, maar ek moes 3 breke op die elektriese heining regmaak. Die hael slaan die "tensioners" stukkend, drade verslap en kortsluit die  stelsel. 

0
Sedgefield
Profile picture for user Jan Meyer

Jan Meyer

Thu, 19/11/2026 - 05:41

(Vandag is dit Jan se beurt. Gelukkige verjaardag. Ek wens vir jou net die allerbeste vir die jaar wat kom, met goeie gesondheid) 

Dankie Rona die dag het toe aangebreek 😁

0
Dullstroom

Rona du Plessis

Thu, 19/11/2026 - 05:42

Geniet jou spesiale dag, en ek wens vir jou 'n mooi jaar vorentoe.

Glo dit is nou die regte datum😸

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 06:49

Goeie môre Jan, mag jy 'n heerlike verjaarsdag geniet vandag, met al jou lekkernye en derglike dinge.

Ek wens jou toe, 'n gesonde vreugdevolle nuwe lewensjaar.

PS: Enige geskenke wat verband hou met die Jimny, vereis 'n foto mededeling.

0
Brits

Wessel Strydom

Thu, 19/11/2026 - 07:29

....hoekom so stil????

Geniet jy die Amarok, klaar deur die boek gewerk?

0
1
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus