Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Dankie Rona
(Vandag is dit Jan se beurt. Gelukkige verjaardag. Ek wens vir jou net die allerbeste vir die jaar wat kom, met goeie gesondheid)
Dankie Rona die dag het toe aangebreek 😁
Baie geluk Jan met jou…
Baie geluk Jan met jou verjaardag, n mooi jaar vir jou vol vreugde.
Lekker "ou" Jan
Goeie môre Jan, mag jy 'n heerlike verjaarsdag geniet vandag, met al jou lekkernye en derglike dinge.
Ek wens jou toe, 'n gesonde vreugdevolle nuwe lewensjaar.
PS: Enige geskenke wat verband hou met die Jimny, vereis 'n foto mededeling.
Mooi jaar vir jou Jan. Hoop…
Mooi jaar vir jou Jan. Hoop die knie raak sterk genoeg vir nog n Comrades! Groete.
Goeie hout...
....hoekom so stil????
Geniet jy die Amarok, klaar deur die boek gewerk?





Haelstorm in Brits
Ek kry ewe vanmiddag 'n sms van Santam, waarsku my om voertuie onderdak te kry. Seg so ewe, nie YR of accuweather voorspel lelike weer nie.
Mensig, so 17h15 breek hier 'n haelstorm los. Gelukkig fyn hael, maar seker vir 'n kwartier aanmekaar met wind.
Ek het geen skade nie, maar ek moes 3 breke op die elektriese heining regmaak. Die hael slaan die "tensioners" stukkend, drade verslap en kortsluit die stelsel.