Dae en maande vloei deesdae vir my aaneen. Sonder aankondiging is dit skielik 'n nuwe maand. Wat ek wel met sekerheid kan sê is dat dit somer is. Dullstroom is kokend warm (regtig!) en dis droog. Verder wag ons vir brandstofpryse van Desember voordat verdere ritte moontlik kan gebeur. Geniet die beplanning van waarheen julle ookal heen op pad is.
Kry by VW die Torque vs rpm…
Kry by VW die Torque vs rpm kurwe. Dan kies jy maar jou ratte handrat om binne daai maksimum kragband te bly. Jy gaan dit teen Sir Lowry's pas boontoe, nodig kry.
Sal so maak en aan jou terug voering gee en jy dan vir my verduidelik. Accountants verstaan nie daai syfers....🤔
Kry by VW die Torque vs rpm…
2.0 BiTDI (8-Speed Automatic): Produces 420 Nm of peak torque between 1,500 and 2,000 rpm (or at 1,750 rpm depending on market calibration).
Wessel, dit is wat tannie google se. Verduidelik asb.
Amarok torque kurwe
GH, torque of dan wringkrag is die krag wat aangewend word om te werk, soos woonwa-sleep.
Optimale wringkrag is in die spesifikasie hierbo die hoeveelheid beskikbaar as die enjin by daardie genoemde omwentelinge [revs] draai.
In praktyk sal die outomatiese ratkas die ratte so kies om vir 'n sekere snelheid die enjin teen daai "revs" te laat draai.
Mens kan byvoorbeeld 80km/hr beweeg, teen verskillende "revs" afhangende van die gekose rat. Snelratte word gebruik om snelheid te kry, maar teen laer "revs" en so word brandstof gespaar. Daai keuse is meestal dan nie geskik om harde werk, soos woonwa sleep bult op, optimaal te doen nie. Die ratkas moet dan eintlik laer ratte kies om jou spoed te hou, maar by die "revs" waar optimum wringkrag beskikbaar is.
In jou bakkie se geval tussen 1500 en 2000 rpm. [Revolutions per minute.]
Nou met "speed control" kies mens soms 'n sleepspoed en dan probeer die beheerstelsel dit handhaaf, deur ratte self te verander. Soms gebeur dit teen 'n steilte dat dit onmoontlik is, en dan sny spoedbeheer net uit. Die 1ste paar kere het ek my blaker afgeskrik, want mens verloor net spoed en dit lyk of enjin ophou werk het.
Daarom teen steil berge/bulte op, hou jou rev-counter dop. As die enjin nie binne daai band werk nie, is dit dalk tyd om met die hand die ratte te wissel. Dit voorkom ook sommer dat die ratkas nie oor verhit nie.
Voorbeeld: Ek sleep meestal teen 100km/hr met spoedbeheer. Gou gou teen 'n bult voel/sien ek hoe laer ratte deur rekenaar gekies word. As dit gebeur en die revs is meer as die bo-perk, is dit tyd om snelheidbeheer af te skakel en spoed te verlaag.
Al voordeel wat die "torque vs revs" kurwe gee, is om te wys hoe vinnig verloor die enjin sy torque uitset bokant die maks perk, 2000rpm in jou geval. As die kurwe skerp daal, byvoorbeeld teen 2500rpm is torque net 300Nm, is dit onwys om teen daai revs te sleep. Dis dan wat mens diesel brand en nie sleepkrag bykry nie.
As hierdie "Grieks" lees, bel my vir 'n geselsie.
Hallo almal
Ek het nou net uitgevind my karavaan plug wat in kar se "female" ingaan pas nie op Onderrok se plug. Dit is n foto. Kan iemand help. Is daar n plan.

Vroue proppie
GH, ek dink die maklikste is om na 'n plek te gaan wat sleepstange en proppe aansit/verskaf. laat hulle 'n gewone 7-pin metaal prop aansit. Ene wat "ontvanklik" is vir jou wa se "mannetjie" prop.
Ek het nog nie so 'n prop gesien nie. Gaan gou kyk na buurman se amarok





Rearview kamera
Een van die beter aankope op my karavaan was wireless rearview kamera. Ek het nog n nuwe stel spieels wat ek destyds gekoop het toe ek Ranger gehad het.....dit het al losgekom voor ek die kar gestart het. Het toe Midas toe gegaan, maar die ou sê toe die vorm van spieel is probleem.....straps kan nie lekker vasvat met die skuins afwerking nie.