Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... Goeie hout se Noord & Oos… Wessel Strydom -43 minutes ago
Goeie hout... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -48 minutes ago
die Burger.... Media24 se koerante en… Wessel Strydom -51 minutes ago
Von maak net so sop, maar sy… Aartappelsop (Vichyssoise) Goeie Hout -1 hour ago
Rapport Media24 se koerante en… Geert -1 hour ago
Puppy Kgalagadi Oktober 2026 Goeie Hout -2 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Sun, 31/12/2017 - 05:18

Môre almal...

N heerlike dag vir almal. 

Ja kyk ek voel vanoggend pyne op plekke waar ek nie eers grweet het ek het plekke nie...  

Die dans was van uit die boonste gestoeltes.. maar ek was lank lank gelede jonk genoeg vir al die gedansery....

 

Wel so het die laaste dag van 2017 ook sy kop kom uitsteek...  Baie mooi oggend hier.  Die voëltjies sing te pragtig.   Die ketel het ook klaar gekook 

Na ontbyt gaan ek die vark kom werkmaak. n Lekker beesfilet en n heel pampoen op die spyskaart vir laat vanmiddag.   ( Harry jy en Y is welkom )..

 

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Sun, 31/12/2017 - 06:21

Goeie more almal hier op die laaste dag van die jaar.

Gaan nou koffie maak en dan gereed maak om kerk toe te gaan.

Mag elkeen n geseende dag geniet.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 31/12/2017 - 06:39

Vroeg opgestaan om kerk toe te gaan. Nou vertel Petra my daar is nie kerk vanoggend nie, net n middernag diens vanaand!

Klim sommer terug in die kooi.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sun, 31/12/2017 - 07:13

Julle moet n awesome dag he julle wat kamp waar ook al gaan groot geniet die koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 31/12/2017 - 07:32

Nouja, so groet ons mekaar vanoggend vir die laaste keer hierdie jaar.   

Ek is weer vanoggend baie vroeg wakker en skoon die hel in vir myself daaroor.   Ek weet mos dit is vanaand oujaar en dan wil ek laat wakker bly.

Vriende kom vanmiddag en ons vier gaan maar kuier so lank ons kan.   Musiek aansit, 'n glasie skink en 'n skenkelpot maak.   

Geniet die laaste dag van die jaar, mense.   

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Mon, 01/01/2018 - 05:32

Môre aan almal.

N baie voorspoedige 2018 en verder word julle almal toegewens.

 

Pragtige oggend hier by Bloekompoort. 

Gaan groot en geniet die dag. Daar is regtig mense wat môre weer begin werk ook.

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Mon, 01/01/2018 - 06:22

More julle almal wat lekke uit rus waar ook al ja daar gaan 2017 welkom 2018 julle moet n groot dag he laat loop met die koffie hy loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Mon, 01/01/2018 - 06:33

More almal, op hierdie eerste dag van 2018.

Ek wens almal op hierdie forum 'n gelukkige, voorspoedige en gesonde nuwe jaar toe.

Dit is bewolk by ons vandag en daar val nou ligte stuifreën.  Maar daar is wind, so ek hoop nie dit waai weg nie.

Mooi loop, almal.  Geniet nuwejaarsdag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus