Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lekker gelag, Geert,... Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -5 hours ago
Goeie Hout ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -7 hours ago
Laaste probeerslag - dit lol Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -7 hours ago
Lodge gedeelte Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -7 hours ago
Kleedkamers en opwas Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -7 hours ago
Dek vir almal se gebruik Rock View Lodge Nelspruit Rona du Plessis -8 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Meyerton

Segekok

Sun, 31/12/2017 - 05:18

Môre almal...

N heerlike dag vir almal. 

Ja kyk ek voel vanoggend pyne op plekke waar ek nie eers grweet het ek het plekke nie...  

Die dans was van uit die boonste gestoeltes.. maar ek was lank lank gelede jonk genoeg vir al die gedansery....

 

Wel so het die laaste dag van 2017 ook sy kop kom uitsteek...  Baie mooi oggend hier.  Die voëltjies sing te pragtig.   Die ketel het ook klaar gekook 

Na ontbyt gaan ek die vark kom werkmaak. n Lekker beesfilet en n heel pampoen op die spyskaart vir laat vanmiddag.   ( Harry jy en Y is welkom )..

 

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 31/12/2017 - 06:39

Vroeg opgestaan om kerk toe te gaan. Nou vertel Petra my daar is nie kerk vanoggend nie, net n middernag diens vanaand!

Klim sommer terug in die kooi.

0
Secunda

Sleep nou

Sun, 31/12/2017 - 07:13

Julle moet n awesome dag he julle wat kamp waar ook al gaan groot geniet die koffie loop soos stroop

0
Port Elizabeth

Frieps

Sun, 31/12/2017 - 07:32

Nouja, so groet ons mekaar vanoggend vir die laaste keer hierdie jaar.   

Ek is weer vanoggend baie vroeg wakker en skoon die hel in vir myself daaroor.   Ek weet mos dit is vanaand oujaar en dan wil ek laat wakker bly.

Vriende kom vanmiddag en ons vier gaan maar kuier so lank ons kan.   Musiek aansit, 'n glasie skink en 'n skenkelpot maak.   

Geniet die laaste dag van die jaar, mense.   

0
Meyerton

Segekok

Mon, 01/01/2018 - 05:32

Môre aan almal.

N baie voorspoedige 2018 en verder word julle almal toegewens.

 

Pragtige oggend hier by Bloekompoort. 

Gaan groot en geniet die dag. Daar is regtig mense wat môre weer begin werk ook.

0
Secunda

Sleep nou

Mon, 01/01/2018 - 06:22

More julle almal wat lekke uit rus waar ook al ja daar gaan 2017 welkom 2018 julle moet n groot dag he laat loop met die koffie hy loop soos stroop vanoggend

0
Port Elizabeth

Frieps

Mon, 01/01/2018 - 06:33

More almal, op hierdie eerste dag van 2018.

Ek wens almal op hierdie forum 'n gelukkige, voorspoedige en gesonde nuwe jaar toe.

Dit is bewolk by ons vandag en daar val nou ligte stuifreën.  Maar daar is wind, so ek hoop nie dit waai weg nie.

Mooi loop, almal.  Geniet nuwejaarsdag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus