Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Neef ... Oktober 2026 saam gesels Chris Boucher -1 hour ago
Auchterlonie Kgalagadi Oktober 2026 neef Herman -1 hour ago
Molle Oktober 2026 saam gesels neef Herman -1 hour ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Johann L -2 hours ago
Rona Rock View Lodge Nelspruit Johann L -2 hours ago
Knoffel Oktober 2026 saam gesels Geert -2 hours ago

Tee en Koffie

Centurion
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Die eerste dag van die laaste maand van die jaar. 'n Jaar wat amper veby gevlieg het.

Tee gemaak en die koffie is aan die gang. Die wat koffie en tee gaan drink geniet dit.

Lekker dag vir elkeen. die wat gaan kamp moet dit voluit geniet en veilig ry. So ook die tuisblyers soos ek.

Port Elizabeth

Frieps

Mon, 25/12/2017 - 06:32

More almal.  Ek groet gou terwyl ek tee drink.   

Ons het baie lekker gekuier (en geëet) met ons mense gisteraand.   Nou het ek 'n vol skottelgoedwasser om te gaan uitpak.  Dan regmaak om na die ander kinders te ry.

Ons gaan vandag na Marina Martinique.  Dit is 'n pragtige privaat oord tussen Jeffreysbaai en Astonbaai, gebou op kanale en by die see.    Ons slaap vanaand daar, so ek sien julle eers weer more.

'n Baie aangename Kersdag vir almal!

0
Meyerton

Segekok

Mon, 25/12/2017 - 06:35

Dusty...  Ek het niks lelik bedoel nie. 

Nie almal glo die selfde nie.  Daarom het ek vir almal n gelukkige dag toe gewens of jy n Christen. Jood Muslem of van watter geloof ook al is.

 

0
Secunda

Sleep nou

Tue, 26/12/2017 - 06:07

More julle na n lekke eet dag is dit weer skouer aan die wiel julle moet ngatskop dag he gaan groot en die koffie jip loop soos stroop

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/12/2017 - 06:13

Goeie more! 

Hallo sleep nou smiley​​​​​​

Ek hoop almal het 'n lekker dag gehad gister?  Vandag moet ons kampgoed regkry vir more. 

Lekker dag vir almal! 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/12/2017 - 06:18

An extension of Christmas – or for most Saffers, a day to recover from the indulgence of Christmas – the Day of Goodwill is best celebrated with family and friends at the beach, next to a braai, or simply by practising goodwill unto others and sharing in the South African summer festivities.

0
Meyerton

Segekok

Tue, 26/12/2017 - 06:37

Môre almal.  

En so begin die aanloop na ons winter ....  So met die opgewondenheid rond om Kersfees het dit ongesiens verby geglip..  

 

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 26/12/2017 - 14:55

Dankie almal vir julle mooi wense, ook vir jou Deon,  veral omdat jy nie glo nie, maar ons tog respekteer vir wat ons in glo. Respek vir mekaar is die vertrek punt van gesonde kuiertjies.

Vir die wat in Kersfees glo... n Geseende kersfees. Vir die ander mag julle  n dag vol vreugde en geluk beleef.

 

0
Centurion

Voortrekker

Tue, 26/12/2017 - 15:17

Middag Johann.

Die stilte hier op die forum bring vir my 'n groot glimlag, want ek is net so lui en rustig en geniet omn te weet ons lede doen almal ook dieselfde smiley

Gaan so voort en geniet elke dag tot ons daai enetjie skink op die nuwe jaar.

0
Port Elizabeth

Frieps

Tue, 26/12/2017 - 16:28

Hier is die vroumens ook alweer.laugh   Ons is terug by die huis na 'n baie lekker kuier.  

Jeffreysbaai en die omgewing loop oor van vakansiegangers.  Hul karavaanpark is van hoek tot kant vol, het ons net in die verbyry gesien.

Ek dink ek sal ernstig moet detox voor ek die oujaar en nuwejaar aanpak.   

0
Vaalpark

Johann L

Tue, 26/12/2017 - 19:32

Anton, ek maak darem so nou en dan 'n draai hier, so tussen die kuier deur.

Ons gaan nuwejaar op die plaas deur bring, dus swak sein, ek sal dan Vrydag vir julle almal 'n nuwejaar toewens.cheeky

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Tue, 26/12/2017 - 20:52

Ek kan nie wag vir Kersfees nie, dan kry ek my nuwe HiLux bakkie.

Toyota het gesê, hulle kom hom Kersdag aflewer.

As die koop nie suksesvol gaan wees nie, sal hulle nie kom aflewer.

Gelukkig is daar nog n paar dae oor voor Kersfees.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus