Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Vliegkaartjies November 2026 Rona du Plessis -19 minutes ago
Vlieg kaartjies November 2026 Geert -1 hour ago
Frankryk Springbok rugby Geert -14 hours ago
Frankryk of Engeland Springbok rugby Rona du Plessis -22 hours ago
Finaal Springbok rugby Geert -22 hours ago
Noordelike spanne Springbok rugby Geert -23 hours ago

Bye-bye Toetie

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps
Submitted by Frieps on

Allistair Coetzee is ge-fire.   Hy het in 'n brief aan die rugbyraad alles en almal blameer vir die swak vertoning van die Bokke die afgelope twee jaar.  Volgens hom het hy geen blaam daaraan nie.    Dit is alles te wyte aan eksterne probleme.  En hy glo nie Rassie Erasmus sal beter kan vaar nie.

Hoe dit ookal sy, hy gaan nie meer die Bokke afrig nie, en wou ook nie 'n hulpafrigter wees nie, beskou dit as 'n belediging.   

Dit lyk of Rassie voorlopig gaan afrig, dit is nie baie duidelik of hulle 'n nuwe afrigter gaan aanstel nie.    Ek dink nog steeds hulle moet Johan Ackerman laat terugkom SA toe en hom die job gee.

Hopelik sal ons hierdie jaar beter Bokrugby sien!

Heidelberg GP
Profile picture for user StephanS

StephanS

Fri, 02/02/2018 - 12:09

Nee wat. Ek glo nie Ackerman is ons antwoord nie.

Dis tyd laat ons 'n oorsese afrigter kry wat ons rugby kan wegstuur van die gewone ou stampkar rugby wat al ons unies speel en ons in 'n nuwe rigting kan druk ala Eddie Jones met Japan en Engeland

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 02/02/2018 - 15:01

Ek is geen kenner nie, maar Coetzee se baie pratery en heelwat minder doen het my grensloos geïrriteer.  Ek glo nie daar is 'n speler wat na hom kon "opsien" nie.

Die spankeuses onder sy leierskap was soms verstommend dom.

Maar ek kan sien en voorspel : hier kom 'n rasse-herrie oor hierdie besluit en sy opvolger !

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Sat, 03/02/2018 - 06:30

AC kry vir jou jy praat en doen niks hoop politiek bly uit spankeuse sowel kies van afrigter ek se nog altyd kies die beste ou in daai posiesie wat op form is

0
Profile picture for user janwillem

janwillem

Tue, 06/02/2018 - 14:33

Onthou ons hoe Jake White so gesukkel het, en kan julle onthou wie die agterlyn afrigter was, ons eie Alistair, hy was toe al net "useless" en niks het verander nie. Cheers Zumpie en cheers Alistair.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 07/02/2018 - 06:19

Dit is nou seker hier waar ek 'n agterstand in my opvoeding het, maar ek weet gladn ie wie die Toetie is nie. Behalwe dat ek nou kon aflei hy is (was)' n grootkop rugby afrigter?

Sterkte in elkgeval met die span vorentoesmileyyes

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 07/02/2018 - 06:29

 

 

As mens opvoeding gemeet moet word aan jou kennis van rugby het ek nie net n agterstand nie maar glad nie n opvoeding nie.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus