Goeie more.
Koffie en tee is oppad.
Lekker dag
Gister middag laat so lekker…
Gister middag laat so lekker bui gehad en 14mm gekry.
Goeie more…
Goeie more.
Tee is gemaak en die koffie is besig om te prut. Wie drink saam koffie vanoggend.
Broer in die hospitaal lyk goed maar is nog effens deurmekaar. Ek dink hy het sy kop gestamp toe hy met die beroerte geval het. Glo dat hy mooi sal herstel.
Lekker dag en week vir elkeen
More Dusty en almal. Mooi…
More Dusty en almal. Mooi dag vir almal
More Dusty, Deon, Arie, en…
More Dusty, Deon, Arie, en nog almal wat gaan kom koffie drink.
Geniet julle week.
Reën in Kaap?
Goeie môre mense!
Dusty, bly jou broer is ok.
Len, hoe lyk dinge in die Kaap? Ek het rumors gehoor van bietjie reën wat geval het, enigiets by jou geval?
Lekker dag vir almal!
More
Ek het lekker laat geslaap vanoggend.
Ek hoop almal is reg vir die nuwe week. Mag dit 'n goeie een wees vir almal.
Al die tekens van reën hier by ons het niks van gekom nie. Daar word reën vir ons voorspel vir vandag. Dit sal so groot gebeurtenis wees as dit gebeur, ek sal julle moet laat weet hier.
Laat maar daar
More almal Dusty sterkte daar mag julle almal n lekke dag he koffie alreeds 06H00 gehad en hy het soos gewoontlik geloop soos stroop
Ek like daai koffie koppie…
Ek like daai koffie koppie bo, maar hy moet jou ook na die laaste bladsy vat soos op die jongste.

daai koffie koppie…
daai koffie koppie
Willem, ek het al kop gekrap hieroor ![]()
Lekker besige maandag, werk,…
Lekker besige maandag, werk, meeting, en toe 'n stok oi blaupunkt hout kassie afgeskuur en eerste laag op, kinders gebad. Lolla maak nou vir my 'n lekkrr beker koffie.![]()
Anton, hier by my is ook so…
Anton, hier by my is ook so n blauwpunk radio, 8 baan kasset speler en platespeler kombinasie. Gekoop net noudie dag. Middel 1973. En sit werk nog steeds. Het ook nog so n paar 8 baan (eight track) kasette.
hier by my is ook so n…
hier by my is ook so n blauwpunk radio
EK het net die kassie. Hy was baie verniel met baie lae verf op. EK kon die meeste afhaal en hier en daar wood filler gebruik om hom weer na iets te lyk.
Het jy 'n foto van jou setup Dusty?
Anton, nee maar ek kan een…
Anton, nee maar ek kan een vir jou gaan neem. Dit is i my kas in gepak. Sal dit moremiddag uithaal en vir jou n foto neem. Die twee luidsprekers is ook nog daar





Goeiemore
More almal wat kom koffie drink. Soos Dusty sê, geniet jul rusdag. Dusty, ek hoop jou broer is OK en herstel ten volle.
Dit is vreeslik stil hier by ons vanoggend. Nie 'n luggie wat trek nie en ek hoor nie eers een voëltjie nie. Amper soos 'n stilte voor 'n storm, I wish!!
Ek dink ek gaan nou 'n ent stap, sien julle later.