Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Oppie strand Geert - Ballito Wessel Strydom -15 minutes ago
Vroeg oppie strand Geert - Ballito Geert -54 minutes ago
Geert, Geert - Ballito Johann L -1 hour ago
Rona, November 2026 Johann L -1 hour ago
Reenbui Geert - Ballito Geert -1 hour ago
Turbulensie Geert - Ballito Rona du Plessis -8 hours ago

Februarie 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more.

Koffie en tee is oppad.

Lekker dag

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 14/02/2018 - 12:25

Lolla, nou waar het jy daai foto van my gekry, of was dit een van DK se steel fotos.

Moet se daai man se tong wat so uithang laat my nogals baie aan mysesellers dink?

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 14/02/2018 - 15:17

Nou kyk net daar, Lolla weet waarvan sy praat!   Voories, ons gaan dus so middel November 2018 dalk 'n sussie kry vir die twee kabouters?  yes    Kom nou, doen jou ding.   

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 14/02/2018 - 17:28

die beloofde foto

jy sal my nie glo nie, maar ek het presies dieselfde sisteem gehad toe ek so 15 jr oud was.  Het dit nog by iemand gekoop vir R70.  Daai draaitafel is outomaties. 

WOW 

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 15/02/2018 - 05:04

Sit aan daai ketels gooi vir jou n koffie of tee in dis amper naweek julle moet n gatskop dag he en hier ja soos altyd koffie loop soos stroop

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Thu, 15/02/2018 - 07:23

Môre aan almal.  

Hier by ons was die weer so n bietjie swaar vroeg oggend en het ek die ADSL af geskakel.  Van 06:00 tot nou reeds so 11mm reen gekry en dit reen nog.

Ek vermoet dit reen in die Kaap aangesien JZ geseg het hy bly tot dit in die Kaap reen.

Mag dit n mooi dag wees vir almal.

 

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Thu, 15/02/2018 - 07:49

Hoe gaan dit met almal vanoggend?   Ek hoop julle het lekker geslaap.  Onthou môre is dit alweer Vrydag.   Die land is uiteindelik ontslae van julle weet wie, hopelik die begin van nuwe en beter verwikkelinge.

Gistermiddag was die lug so donker hier by ons, ons moes die ligte in die huis aansit.  Net so voor 8nm klap daar donderweer, soos 'n geweerskoot, en dit blits vir die vale.  Toe kom daar een lieflike, harde bui reën.   Ons het natuurlik gehoop dit gaan aanhou maar het toe weer nie.  Lyk of daar net ligte stuifreën in die nag geval het.   Dit is nou nog bewolk maar ek twyfel of dit verder gaan reën.    Een of ander tyd moet ons beurt kom.

Vrede en vreugde vir die dag wat voorlê.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 15/02/2018 - 08:43

Môre sê.

Hier by ons is dit ook bewolk, hoop dit reën ook hier.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Thu, 15/02/2018 - 09:23

Ek het gister die foto geneem met die opskrif 

Vat so bietjie my Valentyn uit vir ete.....

Wou die foto op `n motorfiets groep sit maar het dit per ongeluk ook vir my vrou gestuur.

Die dokter sê ek sal darm oor so paar dae uit my oge kan sien sonder om hulle met my vingers oop te forseer

Groetnis

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 15/02/2018 - 09:40

Goeie môre uit 'n heerlike, koel, windlose ATKV Hartenbos.

Dit het eergister aand 'n lekker buitjie reën geval en alles is nog skoon en vars.  Dit is 'n belewenis om gras te sien wat groen is.

Tuis in Brackenfell verneem ek ons het darem eergister 5mm reën gehad en my 2200liter watertenk loop oor  -  my swembad se water het ook gestyg en is nou veilig heelwat bo die wheir se laagste punte.

So baie om voor dankbaar te wees.

.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 15/02/2018 - 10:04

Dag sê Len, geniet Hartenbos.

Ek sien dat die Weskaap het storms  reen gehad,  ongelukkig in twee insidente het 9 mense hul lewens verloor, dit is tragies. Maar ond is dankbaar vir die verlossing van due seëninge van Bo.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 15/02/2018 - 11:12

Ja Johann, dis veral dele in die Suidkaap wat vloede gehad het, veral Caledon.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus