Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Lapskag dit is foto's wat ek… Uitsig Agri Voortrekker -7 hours ago
Baie mooi fotos Anton,… Uitsig Agri Lapskag -7 hours ago
Johann en lede.  Ek het die… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -11 hours ago
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -15 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -16 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -16 hours ago

EK gaan saam ry, by Mabalingwe

Centurion
Submitted by Voortrekker on

Terwyl ek en Arie by Drie Berge  so gepraat het of my Caddy die grondpad tot aan die anderkant van krokodil rivier sal maak of nie, vertel hy my toe van die lekker roete tot bo op die kruin daar by Mabalingwe.   Iets genoem dat ons moet opry soontoe met sy Pajero gedurende kampforum se komende saamtrek.  (dink nie die caddy sal dit maak nie?) smiley

4x4

 

Centurion

Voortrekker

Mon, 05/03/2018 - 10:02

Nee wat ouens, julle is net 'n klomp groot praters met speelgoed.

Arie sit daai pajero in 4x4, high range en low range en wie weet watse allerhande middel agter en voor split ratte terwyl ons daar deur Mabalingwe ry en wild kyk.   Toe kom daar so 'n jong mannetjie verby gejaag met 'n 1.4 VW chico!    Nogal met low profiles en silke bree rims.

Ek dink hierdie hele 4x4 ding is maar net 'n rede om van die huis weg te kom en te gaan drink iewers?

0
Waar my wa staan

Arie

Mon, 05/03/2018 - 10:15

Ja maar wat jy nie weet nie, daai VW het 'n steering lock, en 'n high lift fuel cap.

die dag as my skip inkom en kan daai twee uiters noodsaaklike items vir off road bekostig, dan moet jy sien hoe loop die Oupajerotjie!

Kort dan nog net 'n lemoen op die arial.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus