En daar gebeur dit toe wat ek geglo het eers veel later gaan gebeur. My jongste se boyfriend het n ruk terug kom vra gevra vir haar hand dis sowaar n skoonseun wat enige pa vir haar dogter wil he , maar werklikheid slaan my toe tussen die oe, jip lewe gaan aan kinders word groot gaan huis uit en jy as pa en ma se lewe gaan aan eish die troudag is nou die 31 Maart oor n paar dae, kyk ek weet my kind is gelukkig maar ek moet maar aanvaar dis sulke tyd.
Wel dit is waar Shaun,…
Wel dit is waar Shaun, sterkte en sommer baie geluk.
Baie geluk Shaun. Ek hoop…
Baie geluk Shaun. Ek hoop jul gaan 'n wonderlike dag hê en dat sy soos 'n prinses gaan voel. Onthou, jy speel 'n baie belangrike rol daai dag, hoor. Jy moet haar oorhandig aan jou nuwe seun en natuurlik moet Pa met die bruid dans. Groot oomblikke in jou lewe, jy mag maar 'n traantjie stort! ![]()
Baie geluk Shaun, ja swaer,…
Baie geluk Shaun, ja swaer, is swaar swaer. Daai "weggee" van jou dogters, dit is nie maklik nie.
Gelukkig hou jy van haar keuse, dit maak dit makliker?
Dankie julle
Julle almal maak dit makliker Freda ja die laeveld ou gaan n traan laat rol Stephan sterkte daar
Shaun geluk man. Sien dit…
Shaun geluk man. Sien dit dat jy 'n seun kry en nie 'n dogter wat jy weggee nie.
Glo en vertrou dat hulle gelukkig gaan wees. Geluk en seën vir die paartjie
Gister aand almal
So het al die kinders en kleinkinders uitgeval by die Mollers van Secunda ja komende saterdag gee hierdie pa sy dogter vir n ander man die man wat met my kind gaan trou soos ek reeds genome het puik puik seun maar julle my hart voel seer maar ja ons as ouers kan nie altyd vashou nie![]()
Aai oom Sleep, a nee a, span…
Aai oom Sleep, a nee a, span eerder daai hael geweer in, jaag daai outjie skrik op die lyf!
Oom Sleep, ek en Grys doen…
Oom Sleep, ek en Grys doen troues. Ek vermoed jy het vergeet om ons invite te stuur maar dis ok, stuur maar net die addres
ja...... en so val daar nog…
ja...... en so val daar nog n held....
" kyk oom... ek weet jy kyk mooi agter jou dogter, jy koop haar kos, klere, en al die ou salfies en pleister sand ens...... maar ek ( die bruidegom) dink ek kan beter doen."
Geluk Shaun.
Ek vermoed jy het vergeet om…
Ek vermoed jy het vergeet om ons invite te stuur
Ek het gedink hy sal darem sy forum vriende nooi? ![]()
Toe is dit oor
Toe die 31 Maart is my jongste getroud alles goed afgeloop speeches die kos die sermonie en toe ek saam my jongste moet dans toe gebeur dit. Kyk ek het letterlik snolle en trane gehuil sowel Marlize maar ek weet sy in goeie hande en ons is gebless met n puik skoon seun hier is so paar fotos





Ai Pa! Jy moet maar laat…
Ai Pa! Jy moet maar laat gaan. Klink darem of jy gelukkig is met jou skoonseun

Sterkte met al die reëlings, en geniet die groot dag!