Maggies, vandag seker rekord vir meeste nuwe lede aangesluit op een dag!!!!
Nou moet almal net begin om hulle self en hulle doen en late te beskryf, en daar is BAIE leesstof vir almal!!!
WELGEDAAN!!!!!
Welkom nuwe lede
Ek noem sommer almal se name, Pierre, Toni, Jakkals1, Vrooyend, Ametis1. Welkom in ons midde, julle moet van julle laat hoor en lekker saamgesels. Ons hoor graag van julle kampstories.
Alle NUWE lede
Ek wil hiermee ALLE nuwe lede wat vir die volgende 2 weke of so aansluit, hartlik verwelkom!!! Kuier lekker saam, en, vertel gerus bietjie iets van julself, dit gaan sommer vir almal dan makliker maak om dadelik met julle te kan gesels!!!

Wil ook net sê.... Welkom…
Wil ook net sê.... Welkom. aan almal nuut.
Wat my pla is die skuilname. Ek is Oom Jee Pee. OOM JEEP, maar eintlik Johan Viljoen van Bloemfontein. J.P. is my voorletters. Ek trek n Elegance wa met n JEEP. Seker hys beter as n toy of n ford,,,, (net duur parte)
Eks al oud maar nog nie koud. Was 74 jaar jonk en nog nie afgetree nie, want dit staan nerens in die Bybel dat mens moet aftree nie.
Ek verwelkom almal wat deur Bloemfontein ry en hier wil oornag. Laat weet en ek reel n ontmoeting. Op dié manier het ek al vele kampeerders ontmoet. So ook vele forumiete raakgekamp.
Hallo Johan. …
Hallo Johan.
Ek was altyd 'n agtertrekker en toe trou ek, nou moet ek voortrek - ja my vrou hou my op my tone!
My naam is Anton Louw. Nie warm nie en ook nie koud nie, net so lekker innie middel!
So ons is eintlik nou almal…
So ons is eintlik nou almal Voortrekkers, dis nou as gevolg van die ander geslag.. , daars nie meer n plek om heen te trek nie, nou trek ons maar rond, nie met ossewaens nie maar met kampeer -waens.
Die LOGO kan dalkies iets wees soos. DIE TREKKERS.
Ja lyk my dit is sterk in…
Ja lyk my dit is sterk in ons bloed om 'n wa te haak en te move....
Julle is in die kol.....
Ons het sweerlik ons liefde vir kamp ge-erf van ons voorvaders wat die ossewaens getrek het! As kind het my ma-hulle nog ossewaens gebruik. Een maal 'n maand moes hul dorp toe gaan. Om meel, suiker, sout, paraffien, blou seep (vir wasgoed), materiaal ens. te gaan koop. Dinge soos vleis, melk, eiers, groente het hulle self op die plaas gehad.
Daardie trek dorp toe was die hoogtepunt van hul lewens. Die hele gesin gaan saam, dit neem 'n paar dae en daar word gebly tot die Sondag sodat almal dorp se kerk toe kan gaan vir die Nagmaal. Oppad het hulle in die ossewa of onder die ossewa geslaap, vure gemaak, en gekuier. Vleis gebraai en reuse swart potte kos gekook. Die manne wat versterkings kon stook, het daarvoor gesorg! In die dorp was al die ossewaens bymekaar en het hulle gekamp.
Net wat ons vandag doen! Net op 'n meer primitiewe manier maar sekerlik net so lekker vir almal. Nou weet ons, dit is in ons ingebore.![]()
Sien hier is 'n nuwe naam…
Sien hier is 'n nuwe intresante naam ingeteken, Izelna
Baie welkom hier en vertel ons klomp van julle kamp opster ens.
Izelna en nuwe lede
Kom vertel bietjie meer van julle waar kamp julle graag
Ek hoop die "Slot" man het…
Ek hoop die "Slot" man het almal verwelkom ![]()
BAIE welkom aan al die nuwe lede, ons wag om van julle kamp opset te hoor en lekker saam gesels !!!
Nuwe Lede
Izelna
Wiekus
Paul Castle
Cornet
Brahm
Nvw
Dwane
Heyn Boskind
Almal gestuur Willem, paar…
Almal gestuur Willem, paar antwoord dat hulle besig is met werk, maar sal kom gesêls.
Ek merk ons het nog 'n klomp…
Ek merk ons het nog 'n klomp nuwe lede by gekry.
BAIE welkom julle, hoop julle gaan ons kom vertel van julle kamp op sette en sommer lekker saam gesels.
Nuwe Lede
safari
Toerien
Johan Potgieter
Lourens
All Out Bookings
jaco01
Welkom Welkom
Welkom aan al die nuwe lede so val in gesels lekke saam en vertel bietjie meer van julle
Daar kom nou so lekker…
Daar kom nou so lekker vinnig nuwe lede by, ek hoop ek kan by hou met die e-posse.![]()
Indien ek iemand gemis het, (ek stuur so gou moontlik 'n kort verwelkomings e-pos) vra ek nederig om verskoning.
Maar baie welkom aan ieder en elke nuwe lid hier op ons lekkerste kamp saam praat en skerts forum.
Hierdie forum is vir die kamp liefhebbers, maak nie saak waar, waarmee of wat se gadgets jy het nie, kom deel dit gerus met ons.
Baie welkom Johnny en Judy…
Baie welkom Johnny en Judy Rademan. Hulle is baie bekende by Kampmal en Sleepsaam. Hulle reis die land vol en hulle kan ons lekker vertel van hul kampreise. Ook baie welkom aan ander nuwe lede. Jul moet lekker saam met die forum kuier !!
Hierdie forum is vir die…
Hierdie forum is vir die kamp liefhebbers, maak nie saak waar, waarmee of wat se gadgets jy het nie, kom deel dit gerus met ons.
Ditto
660 lede wow
More aan al die 660 lede as jy nuut is welkom val in en gesels lekke saam as jy net loer hier so nou en dan val in en neem deel aan n puik forum en die ouer lede van forum wel gedaan die forum loop soos stroop![]()





Baie welkom aan al die nuwe…
Baie welkom aan al die nuwe lede, julle moet saam kuier, al is dit winter, praat en kamp ons mos steeds.??