Nou ja na Len se versoek;
Lekker gekuier oor die paasnaweek, so bietjie rongery met vriende op die plaas, so paar fotos;
Die foto is geneem, bo van een van die koppe af, nie by die vodacom toring nie, 'n ander kopppie.
Nogals so effens uitdagende 4x4 pad op soontoe na al die reen en verspoelings.
Na die ander kant toe, grasdakke reg voor is Piri boskamp, wit kolletjie verder aan is Kameelperd drinkgat en in die oop kol nog verder is Kalahari oasis.
Kop reg is waar die vodacom toring is, heelwat hoer as die een en uitsig van daar is ongelooflik.
Petra [links] en Irma, vriendin van ons, tussen die rotse bo-op die kop.
Shame Irma het heelpad die Pajero jammer gekry wat so oor die rotse moes klim. Maar dit was ongelooflik lekker, klim met die voorwiel teen 'n rots op en as hy amper bo is gly die trok kant toe van die rots af, kort, kort staan ons amper heeltemaal dwars in die paaidjie.
Kyk hier het al die ewenaar [voor, agter en middel] slotte oortyd gewerk, staan soms met die een wiel so amper 'n halwe meter in die lug!
Arme Pajerotjie het nou nog so paar skrape by van die doring bome en haar "rock sliders" is nog bietjie meer hol.
Op pad terug kamp toe kry…
Op pad terug kamp toe kry ons die kameelperd wat aan sy ma drink;
En by die buffel drinkgat kry ons die slangnek voel wat in die sonnetjie bak;
Kyk ons het darem al goed reen gekry hier, paaie is sleg met verspoelings en moddergate.
Al die damme en drinkgate is propvol, so hulle kan die winter deurtrek.
Die bos is ontsettend ruig,…
Die bos is ontsettend ruig, maak dit baie moeilik om wild te sien, olifante kan 5 tree van die pad af staan en as hulle nie beweeg sien mense hulle glad nie!
Maar dit bly lekker om net in die natuur te ry en die groen te geniet.
Gister middag bietjie by die Oasis gaan sit, lekker boeremusiek gespeel, en RR's gedrink, special gister, 'n dubbel RR vir net R40!!
Weet jy hoe swaar bestuur die ou oom na twee dubbel RR's, gelukig sonder insident tuis gekom!
Baie dankie Arie
...dis mos nou lekker om so saam met julle in Mabalingwe te kuier, al sit ons 2000km van julle af by die huis ! Ek is verheug oor die baie water, groen gras en bome want oor 'n maand is ons in die Kruger Wildtuin waar dit netso lekker gereën het nou al vir 'n geruime tyd.
Daardie kameelperdjie wat sy nek in 'n S moet draai om iets te drinke te kry, is 'n besonderse foto. In al die jare wat ek wildtuine besoek het ek nog nooit 'n kameelperdjie sien drink nie.
Baie dankie, mooi fotos.
Plaas asseblief'n bietjie fotos van die kampterrein en julle kampopset.
Len, is ook 'n eerste vir my…
Len, is ook 'n eerste vir my, jammer hulle was bietjie ver, kon nie mooi foto kry nie?
Voorie het nogals heelwat fotos van die kamp terein en verskilende kampeerders opgesit, Ek is nou nie eintlik 'n ou om met n kamera rond te loop en fotos neem in die kamp nie.





Dit lyk pragtig, Arie. Ek…
Dit lyk pragtig, Arie. Ek sal baie daarvan hou om so rit mee te maak.
Colin het so tien jaar gelede presies dieselfde Pajero gehad. Ons was drie keer daarmee Baviaanskloof toe. Dit was ongelooflik hoe goed hy daai klip en rots paaie gery het.