Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -9 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -18 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Geert -1 day ago

Calvinia

Durban
Profile picture for user dassie
Submitted by dassie on
Forums

Ek sien die mense gesels so oor Calvinia toe onthou ek n ware storie wat afgespeel het in die omgewing van Calvinia

Jare gelede in 1967 het die paaie administrasie besluit om die pad tussen Calvinia en Brandvlei wat daai tyd net n grondpad was te opgradeer na teerpad .My Pa was voorman by n vervoer maatskappy en hy het baie keer vir die lorrie drywers gewaarsku oordat hulle so jaag op die grondpad .Die waarskuwing het egter op dooie ore geval ,tot die eendag ,toe gooi n drywer sy lorrie om .Gelukkig was daar nie te veel skade aan die lorrie nie, het net daar in die veld op sy sy gele en die drywer het nie eers n skrapie opgedoen .

 

So besluit die bestuur om terwyl die lorrie daar in die veld le n nagwag by die ongeluks toneel te plaas sodoende om stopery te voorkom jaaa daai jare al het die manne hulself gehelp aan “spares” .Nou hier volg die nagwag se storie

 

Hulle het my omtrent 5 uur die aand by die opgekeerde lorrie afgelaai .Ek het my kombersie ,daai Calvinia raak koud in die aand, my bottel polisie koffie en rig myself so tussen die die Diff en agter wiele in .So sak die donkerte toe en 8 uur die aand hoor ek n snaakse geluid wat afkom in die pad .Soos die geraas nader kom besef ek dis n outa op sy fiets wat so lui lekker op die sinkplaat pad ry .Agter op sy fiets het hy n rakkie op (bicycle carrier) en daarop is n trommeltjie wat so raas soos hy oor die riffles ry .

 

Toe die man reg teenoor die omgekeerde lorrie kom se ek wat natuurlik nie gesien kan word “Naand broer “ Die stomme fietsryer dink toe dis die spook van die drywer wat hom groet en hy skrik himself in n ander bloed groep in .Hy skreeu net “Voertsek jou vuilgoed “ en spring in die ry af van sy fiets en hardloop langs die fiets met sy hande op die “handle bars” Hy besef toe ook nee wat hy kan vinniger ry as hardloop en so in die hardloop spring hy terug op die fiets .En toe trap hy daai fiets die ketting kraak die trommeltjie agter op maak so ritte tit ritte tit .

 

Die manne in die werkswinkel wou hulle breek oor die storie van die nagwag en nee hulle het nooit uitgevind wie die betrokke fietsryer was nie .Ek dink na daai wilde trap was die fiets se ketting so gerek hy moes hom vervang

 

Cheers

 

Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 04/04/2018 - 19:19

Dassie, eerstens net sê dit is nou baie aangenaam om van joute hoor smiley

My pa-hulle het ook baie eienaardige stories van daardie wêreld. Dinge wat jy nêrens anders sal hoor nie.  Daai outa het seker 'n groot omkeer in sy lewe gemaak laugh

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Wed, 04/04/2018 - 19:25

So gepraat van Cavinia .Jare terug het daar n baie ryk ou boer Oom Jorie gewoon met 2 seuns Ampie en Japie .Oom Jorie het n dik tjekboek gehad en kon amper die dorp gekoop het as hy wou .Nou soos in enige gesin is daar maar altyd n swart skapie ,alhoewel dis die skape wat Oom jorie so ryk gemaak het ,en die swart skapie se naam was Japie .So fluks as wat Ampie was so lui en sleg was Japie en die het later n drank probleem ontwikkel .

 

Oom Jorie moes al op verskeie geleenthede vir Japie pap dronk uit die dorp se enigste kroeg gaan haal .Skel ,mooi praat en dreig het niks opgelewer en dis toe wat Oom Japie die kroegman dreig met fisieke geweld as hy ooit weer vir Japie n dop gooi .Maar n dorstige man laat hom nie afsit van as hulle sy drink plek buite perke maak .Hy ry toe al die pad na Williston die buurdorp waar nie almal hom ken nie en gaan voort met sy verslawing .Totdat Oom Jorie hoor van waar Japie se nuwe uithang plek is al probleem is hy wat Oom Jorie is mag nie sy voet daar sit .Hy en Oom Giel het lelik vasgesit oor n besigheids transaksie wat skeef geloop het .Oom Giel is n groot man en hy het vir Oom Jorie gese “Vir jou donner ek op sig “ .Met Oom Jorie se dik  tjekboek koop hy n spioen op Williston wat hom verwittig wanneer Japie daar suip .

 

Daardie middag besluit Oom Jorie genoeg is genoeg en hy beraam n plan om vir Japie vir altyd n les te leer.7 uur die aand laai hy n helper op en ry net so buite Calvinia se hoofpad na Williston .Julle weet mos al die platte landse dorpies het mos n naam plaat en myle van die dorp af .Hy stop langs die bord en beveel die helper om die bord uit te grawe .Laai die bord op en ry na Williston toe daar gekom doen hy dieselfde met Williston se naam bord .Hy plant Calvinia se naam bord in die plek van Williston en ry terug na Calvinia waar hy die Williston bord plaas .Hulle werkie is so teen 10 uur klaar .

 

So gaan sit Oom Jorie en sy helper naby die pad om te sien wanneer Japie verby ry .Dit was ook nie lank toe sien hulle die  Bakkie ligte so slinger slinger uit die omgewing van Williston kom en Japie ry verby die naam bordjie .Skielik kom die rem ligte aan en toe sien jy net klippe spat soos die bakkie tot stilstand kom .Dan draai die bakkie om en ry weer terug na Williston se kant .N halfuur later kom daai ligte weer slinger slinger aan met dieselfde gevolge .Ry verby die bord slaan remme aan en draai weer om terug te ry vanwaar hy gekom het .Om Jorie knik sy kop bevredigend en se kom ons ry my werk is klaar hier .4 uur die oggend lui die telefoon by Oom Jorie se huis dit is Japie sy Pa moet hom kom haal die Isuzu staan sonder diesel langs die pad op pad Williston toe

 

Japie het nooit weer die pad Williton toe gery nie en het homself bekeer dat hy vandag self n gesiene boer in die omgewing geword het .Die Polisie in Calvinia sit nog egter met n ondersoek wat hulle nooit opgeklaar het nie .Hoe kan 2 Naam borde net oornag plekke omruil sonder dat enige iemand iets gesien of gehoor het nie .

 

Cheers

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Wed, 04/04/2018 - 19:50

................lekker Calvinia stories !

So oor twee maande ry ek weer daarlangs oppad terug van die Wildtuin af.  Miskien moet ek tog oorweeg om by Klipwerf Kampering oor te slaap.

0

Len ek het so 5 jaar gelede by Calvinia n draai gemaak baie is nog soos ek dit destyds onthou het net jammer die ou skooltjie en Kooitjies Kolk bestaan nie meer .Het juis verby Klipwerf gery maar nie in gegaan  nie .Is ook lekker om weer nostalgies te raak oor die plek

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 04/04/2018 - 20:08

Skerpioen wêreld. Daardie berge is vreeslik mooi. Om wakker te word op 'n lekker koel vroeg oggend wanneer die son die berg toppe bereik!  

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Thu, 05/04/2018 - 06:55

Laat my nou vanoggend dink aan die onlangse stories wat ek gehoor het van hoe  Jack Louw, sy Jonger broer Rick Louw leer kitaar speel het, Jim Reeves se liedjies.  2 van 7 kinders wie in Die Ark in Nieuwoudtville groot geword het.   Rick was 8 toe sy pa, Klaas, oorlede is en moes hulle ma, aunt Sofi, hulle alleen groot maak, met inkomste van die Ark se winkeltjie.

So op 'n stadium het Rick begin sing en Jack het die kitaar gespeel.  So het hulle daardie wêreld rond gereis en omdat Rick nog te jonk was om self te bestuur, het Jack hom rondgery om te gaan optree in dorpies soos Williston.

Dit was ook in hierdie wereld, tussen die blou Namakwa berge en bossies, waar Gilbert Gibson vir Rick Louw ontdek het en hom Johannesburg toe laat trek het om sy musiek loopbaan te begin.  

Die titel van Rick se eerste langspeler, hieronder, verwys juis na die Blue Country waarna hy so terug verlang het tydens sy lewe in die stad.

Rick Louw

Jack Louw is my Pa, en dan oupa Klasie wie ek nooit geken het nie, en ouma Sofi sal ek nooit vergeet nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 05/04/2018 - 11:20

Lekker draad die!

Ek het daai vieslike 4 letter woord, daai een wat met W begin verban in my huis!!

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Thu, 05/04/2018 - 14:57

Aaan Noddy jy hoef die bekommerd te wees oor jou werk het het die perfekte gesig vir radio ,Auntie Freda ek dink ons moet Vrydag se stout grappe maar na hoekie vir eensames vernoem ,Sleep nou ,Johan L wees gegroet soos Johan Stemmet altyd op noot vir noot gese het . Oom Arie jy het n volks besit geword hou so aan .Voortrekker dankie vir jou inset oor Rick Louw .Skuus as ek iemand vergeet het die medikasie is nogal sterk .

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus