Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -3 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -3 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -3 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -3 hours ago

Handige Henk

Durban
Submitted by dassie on
Forums

Ek lees hier oor die manne se DIY en allerhande projekte wat hulle aan pak .Ek is skoon jaloers oor wat hulle regkry .Nou kyk op skool het ek nie eers Julaaais se "F" kon haal met my houtwerk monsters .Onthou goed in Std 7 moes ons n Hangkas maak vir n projek .Na 3 maande se werk het die onderwyser voorgestel ek maak maar n koffie tafel van my hang kas .Op die ou einde het my ma so tipe koffie tafel gekry met n skewe deksel .Die punt wat ek probeer maak is nie almal is aangele om die DIY aan te pak nie .Hoeveel manne het al van daai DIY gekoop en dan vat dit jou 3 dae om die ding aanmekaar te timmer .My projekte het gewoonlik "spares " oor en die ding lyk nie eers soos die prentjie nie .

Dis hoekom ek die manne so beny wat KAN .Snaaks genoeg meganies is ek baie goed ,van enjins regmaak tot wiel laers te ghries .Dis net daai kosmetiese goeters wat vir my ore aansit .Swyswerk is a groot nee, nee lyk soos Nelson die seevoel wat daar geblerts het .Hoeveel van die slim manne hier is in dieselfde bootjie as ek wanner dit kom by net gou die Kraan wasser vervang en dan lek die ding eers laugh My vrou het al al my gereedskap weg gesteek want sy weet daaran moet sy n " profensionele " kontak

 

Centurion

Voortrekker

Thu, 05/04/2018 - 17:12

Dassie hier by my bly daar patykeer so een skroef oor, so ek ek is seker nie heeltemaal onhandig met die DIY goed nie.

Ek bekyk ook maar van die ouens hier se dinge wat hulle prakseer en haal my hoed af.    EK dink ook wat 'n groot verskil kan maak as mens die werk spasie en regte gereedksap het om die job maklik en ordentlik te doen?

0
Centurion

Dusty

Thu, 05/04/2018 - 17:18

Dassie, ek is gelukkig geseend wat dit betref. Danksy my pa en my vakleerlingopleier (appy tutor). 

Ek kan my bakkie se enjin opdoen as dit moet, sy ratkas regmaak ens.

Paneelklop aan die voertuig en spuitverf.

Staalwerk soos sweis, draaiwerk ens.

Bietjie houtwerk.

En ook stokkies draai.

0

Voorie dis wat ek my vrou wil touwys maak ek het nie die regte gereedskap nie laugh

0
Centurion

Dusty

Thu, 05/04/2018 - 17:21

Dassie, as ek nie die regte gereedskap het nie dan maak ek dit myself.

Kyk op die papgooierbakkie draad. Daar het ek my eie vierkantbuispyp buig eenheid gemaak.

Dit is maar net hoe ek op gelei is.

Op skool het ek ook maar vrot gevaar

0

Dusty ja ek stem saam met jou as jy die belangstelling en vaardigheid het werk dit in jou guns .Ek ken ouens wat nie eers die muurprop se bedrading kan vervang . Hmmm daai stokkies draai het jy n draai bank daarvoor nodig laugh

0

Sleep my vrou het my al gedoop" Willie make a plan " he he he die planne werk ook nie altyd soos dit moet nie

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 05/04/2018 - 19:05

Dassie ek is in die selfde bootjie met die swyswerk, surprise ek gebruik 2 rods en dan is die yster nog los. Seevoel blertse is klein, myne lyk meer soos 'n volstruis sin. laugh My hout werk is nie altyd reguit nie maar ek kom daar. Meeste van die dinge het ek my self geleer. 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 05/04/2018 - 19:09

My hout werk is nie altyd reguit nie maar ek kom daar. 

 Dis hoekom jy 'n lekker groot en ordentlike saag en werks tafel moet he.  'n Bandsaag en router tafel.  Skaaf masjien en baie groot en lang klampe en al daai dinge wat ek nie het nie ....  en dan nog die spasie vir al die toerusting 

0
Elarduspark

GerhardM

Thu, 05/04/2018 - 19:14

Eendag as ek groot is wil ek ook sulkes hê Anton. Vir nou werk die hand modelle wat los in 'n laai lê. Spasie is darem nie die probleem nie, het 'n dubbel motorhuis. wink

0

Waar wat jy se Vorrie kyk n man wil nou nie n band saag gaan koop om net 1 ou joppie te doen nie .Die "clamps" en ander toebehore is duur om net 1 keer te gebruik .

0

laugh Gerhard ja wat kan ek se probeer nou die dag iets swys in my opinie nogal goed gedoen .Blinde ou staan en bevoel die swyswerk en kondig aan "Dis die rofste porno boek wat hy nog ooit gelees het cool

0
Vaalpark

Johann L

Fri, 06/04/2018 - 01:31

Ek is ook maar power met staalwerk, my sweis werk lyk ook soos voltstuis droppings, maar dit klou soos superglue. 

Gee my elektriese dinge en ek is in die hemel, figuurlik natuurlik? ek geniet dit vreeslik om met krag te werk, maar op skool het ek op my gatvelle (in prakties) deur geskuur, teorie het ek goed gedoen.

Houtwerk is my stokperdjie, het genoeg klampe tot 2.5m, en heelwat krag gereedskap, maar kry te min tyd om daaraan te werk. Dalk ook maar goed so, want dit sal maar afskeep teen op geleide mense se hande werk.

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Fri, 06/04/2018 - 02:01

Ek kan my self ook darem help met die handewerk.

Froggy was n lekker projek, maar ek sien nie kans vir nog een nie.

Moet sê ek het ook maar lui geraak die laaste ruk, het self aan my motors gewerk, die diens ding ens. Laat dit maar deesdae doen. Het net nie meer tyd nie en die lyf is ook lui daarvoor.

Moet sê ons is geseend om baie werk te kry, by my besigheid. Moet elke dag werk wegwys. Wil nie werk uit "sub" nie want het dit in verlede gedoen en lelik ons vingers verbrand en selfs kliente verloor.

0
Port Elizabeth

Frieps

Fri, 06/04/2018 - 09:20

Toe ek op skool was, het ons huishoudkunde geneem.  Ek verbeel my vandag word dit "domestic science" genoem, verbeel jou!!

Daar was twee afdelings, kookkuns en handewerk, wat brei, naaldwerk en hekel ingesluit het.   Vir kookkuns het ek top punte gekry, vir handewerk het ek deurgeskraap.   Ek onthou ons moes eenkeer in die vakansie (!!!) 'n trui brei.   Ek het net die steke op die breinaald gesit, my suster het die res gedoen.   Hekel!!   Asseblief, gee my krag....   Al handewerk wat ek vandag nog (teësinnig) sal aanpak, is om 'n knoop aan te werk of 'n soom te stik.

0
Meyerton

Segekok

Fri, 06/04/2018 - 13:44

Freda ek is nie eers skaam om dit te seg nie.  Ek kan brei, hekel en afgan, ook. Het op n stadium my eie hemde , sweetpakke ens gemaak. ( kan nogal borduur ook)

Ek is ook nie bang vir n stuk hout nie en ook nie vir staal nie. Ek kan as dit regtig moet ook my kar ook regmaak.  

Vir kook bak en brou is ek ook nie bang nie. Ons is van kleins af geleer dat jy als moet kan doen.  

0

Freda ek dink nie my vrou het opgelet in daai kos klas nie laugh Die strooi was toe sy nou die dag die viennas verbrand .Gelukkig eet ons haar verbrousel op 2 snye brood met baie tamatie sous he he he sy gee nie om nie

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus