Ek lees hier oor die manne se DIY en allerhande projekte wat hulle aan pak .Ek is skoon jaloers oor wat hulle regkry .Nou kyk op skool het ek nie eers Julaaais se "F" kon haal met my houtwerk monsters .Onthou goed in Std 7 moes ons n Hangkas maak vir n projek .Na 3 maande se werk het die onderwyser voorgestel ek maak maar n koffie tafel van my hang kas .Op die ou einde het my ma so tipe koffie tafel gekry met n skewe deksel .Die punt wat ek probeer maak is nie almal is aangele om die DIY aan te pak nie .Hoeveel manne het al van daai DIY gekoop en dan vat dit jou 3 dae om die ding aanmekaar te timmer .My projekte het gewoonlik "spares " oor en die ding lyk nie eers soos die prentjie nie .
Dis hoekom ek die manne so beny wat KAN .Snaaks genoeg meganies is ek baie goed ,van enjins regmaak tot wiel laers te ghries .Dis net daai kosmetiese goeters wat vir my ore aansit .Swyswerk is a groot nee, nee lyk soos Nelson die seevoel wat daar geblerts het .Hoeveel van die slim manne hier is in dieselfde bootjie as ek wanner dit kom by net gou die Kraan wasser vervang en dan lek die ding eers
My vrou het al al my gereedskap weg gesteek want sy weet daaran moet sy n " profensionele " kontak
Na aanleiding
Voorie het nou net aan iets gedink .Kyk hier is n hele paar manne wat kan so nou vra ek of die Forum dalk so werksdag kan reel waar die "artisans" ons ou lamsakkige Henks kan tou wys maak .Jy weet iets soos "step by step " verduideliking of self videos wat wys hoe dit gedoen moet word . Wat dink die ander onhandige Henks hiervan ![]()
Ek debs vir Segekok. Hy kan…
Ek debs vir Segekok. Hy kan my leer brei, hekel, borduur en afgan (wat is afgan??). Ek waarsku jou net, Segekok, ek gaan 'n baie swak leerder wees. Ek dink jy gaan meer sukses hê met Arie en selfs Warren.
Auntie Freda
Freda ek dink ek en jy gaan moet arm druk vir Segekok .Ek soek n "welding kurses"
Gelukkig kan ek my ook self…
Gelukkig kan ek my ook self help met die meeste van die goed, self al my denim sakke ook gemaak.
Freda. Afgan is n amper n…
Freda. Afgan is n amper n kombinasie van brei en hekel. Word gedoen met n lang pen met n punt soos n hekel naald.
Google dit gerus.
Sorry die spelling is Afghan knitting
Deon, hier waar ek so in die…
Deon, hier waar ek so in die nagte wakker lê is wanneer my beste ontwerpe en idees begin kry asook my probleem oplossing. Na dit slaap ek weer rustig.
Dankie Segekok. Ons sal…
Dankie Segekok. Ons sal maar die afghan lesse los, te veel kombinasies gaan dit net moeiliker maak. Onthou julle die gare tolletjie met 4 spykertjies in en dan word die wol daarom gevou en deur die tolletjie se gat getrek en 'n lang string kom onder uit? Dit kon ek doen! ![]()
![]()
Nou Aanlyn: kampforum.co.za…
Nou Aanlyn: kampforum.co.za middernag brei en hekel klub (unisex)
Anton jy kan maar spot..... …
Anton jy kan maar spot..... Ek het baie geld gemaak in die ARMY van ouens wat nie kon knope aanwerk nie.......
Daar is altyd iemand wat iets nie kan doen nie, dan is daar iemand wat geld maak omdat hy dit wel kan doen... Kyk maar net hoe maak die mense wat kan tente maak geld ![]()
Ek was een van die ouens wat…
Ek was een van die ouens wat betaal het om my knope te laat aanwerk, ook my wasgoed was en stryk, bed opmaak vir groot inspeksie.
Ek het die outjies wat bangerig was om in die nag wag te staan se wagbeurt vir hulle gedoen in ruil vir was en stryk en sulke goed.
Ook altyd gesorg dat ek baie sigarette saam vat as ons bos toe gaan, na so 4 of so dae ruil jy maklik een sigaret vir drie blikkies kondensmelk, of 2 blikkies vianas.
Nou nie kontant gemaak nie maar uit al daai mislike jobs gekom en lekker ge-eet.
Kan tot vandag toe nog nie stryk om my lewe te red nie?
Arie, vir 'n verandering glo…
Arie, vir 'n verandering glo ek elke woord wat jy hierbo sê. Ek het nou lekker gelag.![]()
Ek is gelukig ook darem nie…
Ek is gelukig ook darem nie heeltemaal onhandig as dit by praktiese werk kom nie;
Ek het gedink ek was baie slim toe ek so 15 jaar oud was, uit die skool wegeloop en 'n vakleerling gaan word. Ek het in my eerste jaar die moewiese salaris van R5.00 per week verdien. Na drie jaar my vaktoets afgele en gekwalifiseer as meester vakman - Timmer en Skrynwerk.
So jaar na ons troue bedank ek toe as voorman en maak my eie konstruksie maatskappy oop, hele paar huise en kleinerige woonstelblokke gebou. Alles op spekulasie, maw bou en verkoop dan, daai jare was daar nog nie deeltitel dus het ek die hele kompleks verkoop.
Laat sewentigs val die eiendoms mark toe heel plat, Bougenootskappe het geen geld gehad vir lenings nie, verkoop toe die besigheid en gaan werk in 1980 by Allied Bougenootskap. Deur hulle maar verder geswot eers matriek en toe my graad.
So ek het baie ondervinding om met my hande te werk, kan lekker sweis, enjins opdoen, kan my self redelik help met elektries, loodgieter werk en sulke goed.
Darem al twee boswaens vir myself gebou en seker so 15 boot sleepwaens.
Probleem nou is dat die luigeid my ingehaal het.





Ek is n kannie ou...
Ek't het al die ideas, maar as dit by implimteering kom daar's waar ek plat-sak val..
Ek't nie die infrustruktuur soos Tafel hout saag / clamps ens ens... net maar net die basisis gereedskap..
Dus is my werk maar rof en onbeskof.....
Met meganies se dinge is ek nogal goed, ek't daai kuns in die lugdiens geleer to ek n vakleerling was... 1972 /3/4/5/6/7...............
As ek iet's uitmekaar kan ek dit altyd terugmekaar, saam 10 000 sketse so hele paar blaaie instruksies en eier-karton doese wat ek in elke comparment een vir een skoewe / moere / veere / sub assemblies sit.... Terug-sit is dan maklik, jy "reverse"net die order wat jy uitmekaar haal.
Daai trick het ek as vakleerling geleer, want as jy tot n washer oor het mag jy glad nie jou werk vat vir af-teken... Hulle <het> speciale eier-tiepe plastic box hoeures uitgeryk waar elke compartement was genommer, en jy moes na die compartement se nommer verwys saam jou sketse / notas ENS...
And unadulterated hell broke loose all around you if you could not put it back together or you where left with even a washer... The blooming gequalifiseerde ambags ou moes alles strip en weer aanmekaar....
Jy het n dik rooi oor gekry.....
En n please explain.....
En n R4 fine.....
JA nee ek ook.... I stand in awe of those who have the ability to create... I can only na-aap.. Geld vir electrical / plumbing / ENS...
Kook? dit kan ek.... Nogal goed............Brei?... Dit kan ek so bietjie.... naai machien? dit ook en naald en gaaring (bietjie rof) jaa...... Hekel en die res... Nee-a-a
Sigh.... nou is ek oud en nie meer so lus nie.....