So 30 min terug so klein drawertjie met 'n briefie in 'n stok opgedaag, gee hom toe 5c en neem die brief.
Kom van Gen Louw af, blykaar het hulle met hul wa en osse by Koro Koro opgedaag, trek het blykbaar heel goed gegaan maar net by die Magaliesberg het Nig Lola haar skoene uitgetrek en kaalvoet saam met die twee Penkoppe oor die berg gestap.
Gen Louw moes maar alleen met die touleier daai wa oor die berg kry, probleem is dit is duitse osse en die wa is ok maar duits, so die krag is maar baie min, maar ja, ons is dankbaar dat hul veilig hier is.
Ek het net begin bekommerd raak en gewonder of dalk vir Gen De La Rey moet kontak om die Voortrekkers te gaan lei?
Nou net laer trek osse koud lei en dan kan hul seker maar wegval aan 'n Springbok bout. Blykbaar het die oudste 'n Springbok plat getrek met die voorlaaier net so duskant Oom Pienaar se stroompie?
Voorie, jy moet…
Voorie, jy moet grondboointjies koop en daai Neushorings voer, hulle raak vinnig mak en kom eet uit jou hand uit!
Kabouters sal dit geniet.
Die voortrekkkers arriveer
Arie in my opinie was al daai Voortrekkers boom rook manne gewees .Kyk as jy by die voetend van die Drakensberge staan met jou wa en 12 cylinder osse dan se die manne ,kerels hier moet ons plan maak .Dan sit die omies so onder daai dorinbome en steek so regte egte Transkei se seedless rooibaard twakkie aan die brand .Hoe dink julle het die Drakensberge hulle naam gekry .Na so saamtrek sessie en die blou rokies trek se Andries vir Piet Retief "Jinne ou swaer kyk daai berge hulle lyk soos Drake .No problem se Piet we smoke and fly over . Nog n ding wat die storie weg gee is daai lied "Al die veld is vrolik" . Hier gallop n goggatjie daarso dans n mier kyk mamma daai akkedis waai vir my .
Dassie ek is nou hier in die…
Dassie ek is nou hier in die veld in om te soek vir 'n rook dingetjie, dan 'n lange rol en rustig langs my vuur sit, die pyp vol stop, en dan na die sterre sit en kyk. ![]()
Nou wat wil Gen eintlik doen…
Nou wat wil Gen eintlik doen;
'n Zol rol of 'n pyp rook, jy praat van rol en stop??????
Generaal Louw, wees…
Generaal Louw, wees gewaarsku. Net ander kant die berg is daar 'n man wat baie graag na mooi vrouens kyk. Steek maar vir Lolla so vêr moontlik weg. Netnou val sy vir hom, ek verstaan hy is nogal 'n Mooi Man.
Sit ek vanmore en ontbyd eet…
Sit ek vanmore en ontbyd eet toe daag hier so klein touleieryjie op met 'n gesplete stok en 'n briefie.
Gen Louw en sy gesin nooi ons vir 'n braai vroeg aand. Ongelukig is ek nagblind dus bestuur ek nie my ossewa in die donker nie, maar stuur toe maar 'n posduif terug dat ons so ietsie koels en nat by hulle sal nuttig so laat middag.
Ek sal dus maar net nou vir Petra moet stuur om die osse bymekaar te maak en in te span, sodat ons die lang pad kan aandurf. Sy is nou besig om proviand te maak vir die pad, ek sou skat dit moet 'n goeie 12 kilos wees soontoe en terug, seker maklik so drie ure se trek?
Wonder of Gen De La Rey ook daar sal wees om die Boere te lei?
Arie dit gaan lekker wees om…
Arie dit gaan lekker wees om julle te sien.
Ek het vanoggend vir Lolla en skoonma dorp toe gestuur. Ek wou nog die ossewa en osse inspan, maar besluit toe dit is dalk minder moeite om die VW turbo diesel te gebruik. Baie meer modern en vinniger.
Ons leier ly voor
Anton is ons leier hy ly voort julle moet geniet
So pas tuis, lekker gekuier…
So pas tuis, lekker gekuier by Anton en sy mense, Lolla het weer uitgehang met eetgoed, en toe neem klein Anton oor en maak vir ons lekker sout happies!!
Eerste keer wat ons Koro sien is 'n pragtige plek, ons sal beslis ook daar gaan kamp!
Baie dankie vir die lekker kuiertjie, ons het dit geniet!
Dankie Arie en Petra, dit…
Dankie Arie en Petra, dit was lekker om julle te sien.!
So vuur bly lekke
So braai innie veld bly maar lekke mooi uitsig lekke kamp Anton /Lolla
Nou sit en verlang ek na my…
Nou sit en verlang ek na my osse, net vanmiddag skuins oor vier die diere uit gespan.
Nou kom maak julle my weer lus vir in span.
Bly julle het lekker gekuier?
Slot, gee hulle net so…
Slot, gee hulle net so rukkie om te rus dan span jy hulle in vir die Mei Saamtrek !
(Het jy al vir 'n plek gestem ?)
Nog nie Willem, ek wag om…
Nog nie Willem, ek wag om van die skoonfamilie te hoor wat is hul storie met die verjaardag?
storie met die verjaardag…
storie met die verjaardag
Kom geniet dit op die kamp ![]()
Nog nie Willem, ek wag om…
Nog nie Willem, ek wag om van die skoonfamilie te hoor wat is hul storie met die verjaardag
kokoriba - R400 staanplek van 6 vir die hele naweek
- Stem vir daai een en bring hulle almal saam!






Neefs en nigs, ons het die…
Neefs en nigs, ons het die wa laat staan maak by die ple van die horingneus voëls. Die penkoppe het nou gaan hout soek vir vuur maak. Nou is ek darem dors