Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Johann ek was nou juis besig… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -1 hour ago
Chris B Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -2 hours ago
Chris B... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Kennisgewing. Forum Herstel en terugvoering Johann L -2 hours ago
Kom ek probeer weer Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -2 hours ago
Dit is die eerste keer wat… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 hours ago

Ons 2de Saamtrek

Daspoort Pretoria
Submitted by Willem Brits on

4 Keuses vir ons winter saamtrek  naweek 26 Mei 2018 Kampforum het gesels met 'n paar kamp plekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp.  Die volgende is vir ons aangebied.

Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4  & R100 ekstra pp, 1 voertuig

Bosveld Oase: -  R500 per naweek vir staanplek van 4  &  R100 ekstra pp, 1 voertuig

Kokoriba:  R400 per naweek vir staanplek van 6  

Bosfontein:  R 600 per naweek vir staanplek van 4

Gebruik meningspeiling om jou kampeerplek keuse te maak!

 

Oorspronklike draad:

Ok, kom ons begin soek.

1.  Datum:

     Junie / Julie Skoolvakansie

     September langnaweek, 21-24 Sep.

     Begin Oktober, skoolvakansie

 

2.  Plek:

      Limerick Lodge, ek het navraag gedoen.  http://limericklodge.co…

      Lion Park, Gaborone.  http://www.lionpark.co.b…

      De Voetpadkloof.  http://www.devoetpadkloo…

      Weesgerus.   http://weesgerus.co.za/a…

 

Hier is my 2018 se Kalender

l

Daar waar dit met 'n "b" gemerk is is waar ek reeds bespreek het.

Daspoort Pretoria

Willem Brits

Wed, 28/03/2018 - 18:43

Klink goed want ek het my oudste dogter ook vandag omgepraat om saam te gaan.

Haar man en 'n vriend is tans met motorfietse bo in die Caprivi, nog so 2 weke dan behoort hulle tuis te wees.

0
Tussen hemel en hêl

GeesWatWandel

Thu, 29/03/2018 - 08:36

Spekkies en Gees?   Gees het laas genoem dat hy nie saam my en Grys gesien wil word nie. 

Oom gOOgle eyes! Dit is vir jou eie veiligheid! Om saam die gesie te wees kan die volgende effek op jou anatomie he!

 

0
Centurion

Voortrekker

Wed, 04/04/2018 - 16:31

Voor die yster koud raak. smiley

Daar is die week versoeke uitgestuur na 3 potentiele kampplekke vir 'n winter saamtrek en ons wag nog vir terugvoering van 1 om te hoor wat hulle aan kamforum aanbied.

Op die lys:

Dube

Bosveld Oase

Kokoriba

smiley

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sat, 07/04/2018 - 18:30

Ek is ook in vir die Oktober skoolvakansie by Weesgerus

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 08/04/2018 - 08:43

Ek is ook in vir die Oktober skoolvakansie by Weesgerus

Willie nou wat het van jou geword met die Mabalingwe saamtrek ?  Ek is seker jou naam was op, bespreek en als?

0
Johannesburg

WilleWillemien

Sun, 08/04/2018 - 09:12

More julle.

Voortrekker, nee. Ek het toe nie bespreek nie. Het net te veel werk op hierdie stadium in tyd, maar dit begin nou bietjie rustiger raak.

Gaat goed dankie, Sleep Nou.

0
Pretoria

Noddy

Sun, 08/04/2018 - 11:48

Ek het nounet met Deon en Martie van Bosfontein vas gemaak vir `n spesiale tarief vir die naweek 25 to 27 Mei 2018.  Hulle gee dit vir R300 `n nag vir 4 mense per stand. Dus R600 vir die naweek.

Ek gaan dus nou die naweek as `n "Om die Kampvuur", "Radio X5 Stereo", "Kampforum.co.za" en Bosfontein saamtrek begin bemark.

Boek as by Bosfontein self as julle ons gaan join.

 

Hoop daar is `n klomp van jule wat saam gaan kamp.

 

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 08/04/2018 - 18:07

4 keuses vir ons winter saamtrek  naweek 26 Mei 2018

Kampforum het gesels met 'n paar kampplekke naby Gauteng wat geriewe het vir winter kamp.  Die volgende is vir ons aangebied.

 

Dube: -R600 per naweek vir staanplek van 4  & R100 ekstra pp, 1 voertuig

Bosveld Oase: -  R500 per naweek vir staanplek van 4  &  R100 ekstra pp, 1 voertuig

Kokoriba:  R400 per naweek vir staanplek van 6  

Bosfontein:  R 600 per naweek vir staanplek van 4

 

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 08/04/2018 - 18:53

Dit wil my voorkom of dié forum daai naweek in Mei twee saamtrekke gaan hê ?

Een saam met Noddy by Bosfontein en een saam met Anton en gesin.  Ons kan steeds na Noddy luister om die kampvuur.

As ek die lys so bekyk dan sal my keuse "Kokoriba" wees om twee redes.

  1. Koste
  2. Ons was laas in 2012 daar.

 

Nou moet julle wikkel sodat Anton vir ons die plek kan vasmaak.

0
Centurion

Voortrekker

Sun, 08/04/2018 - 19:08

Ek dink daar gaan 2 wees smiley, maar ons sal verbind deur die radio (internet golwe).

As die meerderheid natuurlik vir Bosfontein stem, dan trek ons almal deur soontoe!  Indien 'n ander kampplek gekies word, dan is daar 2 om van te kies! 

Die eienaar van Kokoriba het my persoonlik geskakel en gese hy wil vreeslik graag he ons moet by hulle kom kampyes

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus