6 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Hou net die letter e in vir… Forum Herstel en terugvoering Voortrekker -2 minutes ago
Laaste oor die dekselse kappie Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Lower Sabie Kruger 2026 Geert -1 hour ago
Kappie e se toets Forum Herstel en terugvoering Wessel Strydom -1 hour ago
Laptop e..... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago
Laptop... Forum Herstel en terugvoering Rona du Plessis -1 hour ago

Gas / Hout braai.

Tussen hemel en hêl
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

Soos gebruiklik op n Saterdag gaan ek netnou n lekker vleisie braai en n paar biere afwerk. Vandag is dit n skaaprib, wors en steak. 

 

Ek is eintlik te skaam om te se maar die afgelope paar maande steek daar n lelike ding sy kop uit hier by  my. 

Ek braai sommer op die gas braaier.  Iets wat nooit gebeur het nie. Die vuur is so lekker om na te kyk en laat mens dink. 

LOL, miskien raak ek oud en lui, maar fear not, sal dit nie waag as ek gaan kamp nie. ?

gees
Centurion

Voortrekker

Sat, 14/04/2018 - 15:20

Ek gaan vannaand steak braai ... oppie gas!   Ek sit hom so 15 min voor die tyd aan, lekker warm daai plaat hy moet baie warm word.   smiley     lekker "om die kampgas" saam met Noddy wink

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sat, 14/04/2018 - 18:56

Nee sies man.

Die Voortrekker voorvaders draai in hulle grafte om.

Gas is so meisie rig

0
Centurion

Dusty

Sun, 15/04/2018 - 05:36

Wanneer ek by die huis braai gebruik ek gewoonlik brikette. Potjie gebruik ek gas.

Wanneer ek kamp sal ek meestal brikette gebruik maar soms ook hout.

Moet sê vleis smaak darem anders wanneer dit met n houtvuur gebraai word

0
Vereeniging

Harry Du Randt

Sun, 15/04/2018 - 17:51

Regte hout is skaars en ek is suinig daarmee.

Moet bieg ek maak vuur met hout en voeg dan brikkete by as ek sien my houtvuur begin lam raak, dan kry hy sommer vinnig n tweede asem.

Het ook n gasbraaier buite vir n vinnige een, as niemand (voor vaders) kyk nie. smiley

0
Waar my wa staan

Arie

Sun, 15/04/2018 - 17:57

Ek het n ou 'n ontsettende groot probleem...?

Dink julle dit is reg dat 'n Voortrekker wat vleis op gas gaarmaak in beheer van 'n kampforum kan wees, dit klink [en voel] vir my maar bra lasterlik.

Ek glo arme Gen De La Rey staan uit die graf op en kom lei die afgedwaalde Voortrekker weg tot in die verdoemenis in!?

0
Vaalpark

Johann L

Sun, 15/04/2018 - 18:44

Ek hou van houtskool,  dit rook minder maar vir tv kyk, verkies ek hout, kole gee net nie die selfde beeld nie.

My patio (gas) braaier staan en mooi lyk, ek het my geld gemors, en nogal met rotisirie wat my skoonseun in gebou het. 

Gas branders (burners) het ek gebruik vir kastrolle-kos soos pap ens.

Ek dink ek het seker meer as tien braaiers?

0
Daspoort Pretoria

Willem Brits

Sun, 15/04/2018 - 18:46

Daai probleem is hier by my ook.

Die gas braai is daar as iemand skierlik moet braai vir een-of-ander rede, dan kan hy gou daar op braai.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus