Soos gebruiklik op n Saterdag gaan ek netnou n lekker vleisie braai en n paar biere afwerk. Vandag is dit n skaaprib, wors en steak.
Ek is eintlik te skaam om te se maar die afgelope paar maande steek daar n lelike ding sy kop uit hier by my.
Ek braai sommer op die gas braaier. Iets wat nooit gebeur het nie. Die vuur is so lekker om na te kyk en laat mens dink.
LOL, miskien raak ek oud en lui, maar fear not, sal dit nie waag as ek gaan kamp nie. ?

Ag nee......................
Ag nee man, watse nonsens is dit dié ?
Nee sies man…
Nee sies man.
Die Voortrekker voorvaders draai in hulle grafte om.
Gas is so meisie rig
Oom Johann, hulle se stilte…
Oom Johann, hulle se stilte is ook n antwoord. Dan se die engelse nou weer:
Silence is golden, so shutt up and get rich, ?????
Dankie Gesie, ek sal die…
Dankie Gesie, ek sal die ingelse gesegde probeer.?
Silence is golden, so shutt up and get rich, ?????
Wanneer ek by die huis braai…
Wanneer ek by die huis braai gebruik ek gewoonlik brikette. Potjie gebruik ek gas.
Wanneer ek kamp sal ek meestal brikette gebruik maar soms ook hout.
Moet sê vleis smaak darem anders wanneer dit met n houtvuur gebraai word
Regte hou is skaars en ek is…
Regte hout is skaars en ek is suinig daarmee.
Moet bieg ek maak vuur met hout en voeg dan brikkete by as ek sien my houtvuur begin lam raak, dan kry hy sommer vinnig n tweede asem.
Het ook n gasbraaier buite vir n vinnige een, as niemand (voor vaders) kyk nie. ![]()
Ek het n ou 'n ontsettende…
Ek het n ou 'n ontsettende groot probleem...?
Dink julle dit is reg dat 'n Voortrekker wat vleis op gas gaarmaak in beheer van 'n kampforum kan wees, dit klink [en voel] vir my maar bra lasterlik.
Ek glo arme Gen De La Rey staan uit die graf op en kom lei die afgedwaalde Voortrekker weg tot in die verdoemenis in!?
Die Voortrekkers het ook op…
Die Voortrekkers het ook op has gebraai. Dit is so.
Onthou net die gas was ook…
Onthou net die gas was ook hout....... baie baie baie lank gelede......
Ek hou van houtskool, dit…
Ek hou van houtskool, dit rook minder maar vir tv kyk, verkies ek hout, kole gee net nie die selfde beeld nie.
My patio (gas) braaier staan en mooi lyk, ek het my geld gemors, en nogal met rotisirie wat my skoonseun in gebou het.
Gas branders (burners) het ek gebruik vir kastrolle-kos soos pap ens.
Ek dink ek het seker meer as tien braaiers?
Daai probleem is hier by my…
Daai probleem is hier by my ook.
Die gas braai is daar as iemand skierlik moet braai vir een-of-ander rede, dan kan hy gou daar op braai.
Uhm Voortrekker, ek hou van…
Uhm Voortrekker, ek hou van daai ossewa wiel.
Hy is mos nie verniet die…
Hy is mos nie verniet die Voortrekker nie ?
Die foto is sommer van die…
Die foto is sommer van die internet af gevat
dit is in 1856 geneem.






Ek gaan vannaand steak braai…
Ek gaan vannaand steak braai ... oppie gas! Ek sit hom so 15 min voor die tyd aan, lekker warm daai plaat hy moet baie warm word.
lekker "om die kampgas" saam met Noddy 