Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Spun and Win Oktober 2026 saam gesels neef Herman -46 minutes ago
Beste roete na/van Orpen hek... Pad en roete inligting Wessel Strydom -2 hours ago
R71 Pad en roete inligting Paul Mulder -3 hours ago
Dis die gees, Len! Len gaan weer Kruger Wildtuin… Rona du Plessis -5 hours ago
Jy is reg Geert............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -6 hours ago
Korrek Wessel............. Len gaan weer Kruger Wildtuin… Len Loader -6 hours ago

April 2018 Koffiekroeg

Centurion
Profile picture for user Dusty
Submitted by Dusty on
Forums

Goeie more almal.

Koffie is weer lekker vanoggend.

Lekker ligte bui reen verlede nag gehad

Geniet die Sondag.

Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 20/04/2018 - 07:06

Ja, dit is definitief Vrydag, want gister was Donderdag en more is Saterdag.

Fabulous Friday vir julle almal!

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 20/04/2018 - 07:49

As mens net kamp dan verloor jy alles van datums en tyd, gelukig kan ek altyd op die forum kyk watse dag dit is. 

Nou met 'n skok gelees dit is alweer Vrydag, volgende naweek moet Petra begin oppak!

Goeie more aan al die mooi mense en ook aan die ander, mag julle 'n verwoede mooi dag he!

Ons ry more oggend Krugersdorp toe om vir die naweek by ons seun en sy vrou te kuier.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 20/04/2018 - 08:59

Môre sê Kampers, koffie was heerlik en die pap ook.

Sien julle is weer skerp met die Vrydag gelag, hoe kan mens dan die Vrydag mis soos Arie ?

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 20/04/2018 - 09:01

Amper soos Arie, maar met 'n lied in my hart besef ek dis Vrydag en volgende Sondag breek die tyd aan dat ons ongelukkig die lieflike Kaap moet agterlaat om te vertrek Kruger Wildtuin toe.  Ai die lewe is maar moeilik want dan gaan ons die wonderlike reën in Meimaand in die Kaap misloop.  Maar nouja, as jy vakansieverpligtinge het, dan moet jy dit maar neteenvoudig nakom.

Geniet die laaste werkdag van die week vir julle werkendes en ons outoppies sal maar die sesde dag van ons week (netsoos al die ander dae van die week) tot die uiterste geniet.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 20/04/2018 - 09:42

Len, ek voel vir jou my maat, ek glo nie die werkers bessef hoe swaar kry ons pensioenarise nie, al die verpligtinge wat moet nagekom word, soos vakansie en so - nee nie maklik nie!

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Fri, 20/04/2018 - 14:55

Middag forum lede .N aangename na-week vir almal .Hier volg Haas Das se nuuskas eerstens die weer .Waar dit nat is het dit gereen en waar dit droog is het dit nie gereen nie .In ander nuus se ons geluk aan Pappa Zuma met sy 22 ste klein bondeljie vreugde .Mag hy val waar hy wil

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Fri, 20/04/2018 - 15:14

Ja, kyk, lyk my Zuma kan 'n klomp manne daar buite 'n ding of twee leer.  Die ma van die kind is 24 en hy gaan nou blykbaar met haar ook trou.    

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/04/2018 - 19:59

Dassie, ou maat, ek het my gwar af gewerk by my dogter se huis.  Kombuis wasbak geinstalleer, teeltjies as 'n "border" om gesit, krag na buite aan gelê,  ligte buite om die huis in gesit. Ek gaan sommer weer terug werk toe dat ek kan rus?

Dagse mater hoop jy het n lekker dag gehad

0
Durban
Profile picture for user dassie

dassie

Fri, 20/04/2018 - 20:29

Johann L jy moet nie dat familie jou so misbruik nie cheeky Weet jy wat kos n goeie aambagsman in vandag se tyd .Ek se nee vir die misbruik van ou mense laugh

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 20/04/2018 - 20:58

Seg daai deng vir my dogter, sy het mooi by haar mamma geleer, "mens moet nou hier dit en daar dat doen"?

Ek se nee vir die misbruik van ou mense laugh

Maar, ja dit is so lekker as jy klaar is, en daai dankbare gesiggie sien,  maak op vir alles.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus