Wie van julle was al by Serengeti daar by Groblersdal hoe was julle ervaring sal julle die plek aanbeveel om vir n week te kamp of nie ?
Thanks Anton
Inligting maar skaars oor Serengeti dit wil wel voorkom dat dit n puik plek is
My een dogter hulle was daar…
My een dogter hulle was daar gewees.
Iemand al hier gekamp
Ou draad het iemand al intussen by Serengeti Groblersdal gekamp hoe was jou ondervinding
Ter aanvulling van Kampplekke resensies
Ek verwys na my laaste bydrae op die Kampplekke Resensies draad.
Sleep Nou doen navraag oor Serengeti. Op CP se "Resort Ratings" ontvang Serengeti 4 sterre vir elkeen van die 5 onder-afdelings. En dit is gebaseer op 'n gemiddeld van 35 mense se "ratings". Of ons dit nou wil weet of nie, dit sê reeds iets vir my. Twee-en-dertig mense het dit 'n "thumbs up" gegee en 3 'n "thumbs down". M.a.w. 91.5% van die persone wat die plek ge-"rate" het is tevrede. In sodanige geval, as ek dié oord oorweeg, gaan kyk ek na die individuele kommentare en "ratings". Ongelukkig sê party mense niks, hulle "rate" net.
Chris, ja daai rating sonder…
Chris, ja daai rating sonder kommentare is vir my ook van min waarde.
Ek stem Chris Johan
Gee jou redes hoekom oord puik is of sleg is sodat n ou keuse kan maak op wat daar gese is op terug voering
Gee jou redes hoekom oord…
Gee jou redes hoekom oord puik is of sleg is sodat n ou keuse kan maak op wat daar gese is op terug voering
Jy kan maar daar gaan lees Shaun. Daar is gelukkig baie mense wat in redelike detail beskryf wat hul ervaring van Serengeti is.
Dankie Chris
Chris dankie ek al nice dinge gehoor vannie plek maar ook mense wat gal braak oor eienaar sal sal gaan loer daar
Net my persoonlike mening!!!…
Net my persoonlike mening!!!
Ek dink baie mense verwag van oord bestuur om hulle persoonlik te kom groet met 'n koppie koffie en 'n koekie, en as die geringste ding verkeerd gaan, dan is daai oord die slegste onder die son.
Dit is natuurlik nie altyd die geval nie, daar is oorde wat veel te wense oor laat. Ek sal navraag oor 'n oord doen, 'n besluit neem (op grond van die algemene opinie) en dan, indien ek wel daar gaan kamp, my eie opinie vorm.
Ek het al 2 keer saam met…
Ek het al 2 keer saam met die kerk by Serengeti in naweke gespandeer. Ons het in houthuise oorgeslaap. Laaste keer ek daar was in 2012. Die oord het nou baie verander en verbeter as wat ek laas daar was. Dit is baie lekker oord vir kinders. Hul Sondae buffet ete is puik en hul pryse is goed. Dit is nie n groot oord soos Voetpadkloof nie en is omtrent 15 km van Groblersdal af. Raasblaar oord is 5 km van Serengeti af. Lekker oord vir naweek kampe.
Gruispad of nie?
Noel - Is dit teer- of gruispad na Serengeti en Die Raasblaar?
Chris, vanaf teerpad na…
Chris, vanaf teerpad na Serengeti toe +\- 2km baie mooi grondpad. Raasblaar Oord is langs die teerpad. Daar is 2 teerpaaie tussen Marble Hall en Groblersdal. Gebruik Groblersdal Bronkhortspruit en Marble Hall teerpad om albei oorde te gaan.
Dankie Noel
Ek kon nog nooit hierdie inligting bekom nie. Op kaarte kom dit voor asof dit gruispaaie is. Ek's bly om te verneem dit is grotendeels teerpad.





Ek kry hierdie oor Serengeti
Ek kry hierdie oor Serengeti