Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
Pretoria November 2026 Geert -23 hours ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Aftrede, O aftrede!!

Profile picture for user Frikadel
Submitted by Frikadel on
Forums

Deesdae kyk ek so uit die hoek van my oog na die program op Kyknet (Kykweer), Huppel in jou stap aangebied deur Riaan Crywagen.

Oor 11 jaar slaan ek die sestigs, nou is my vraag, tree jy af op 60 0f 65 of sommer op 55 as jy kan? Nou moet n man gaan kyk na doe pro's en cons van aftrede...

Voordele om nog te werk:

  1. Jy bly besig deur die dag
  2. Jy het n doelwit vir elke dag
  3. Jou brein bly besig
  4. Jou lyf en spiere bly besig
  5. Jy kan nog n paar lekke ponde in die bank gooi
  6. Jy kan vakansies beplan, helaas buite seisoen want die kinders is uit die huis
  7. Terwyl jy werk is dit soos n betaalde rehab - n babelaas by die werk is nie lekker nie

 

Nadele om te werk:

  1. Jou tyd behoort aan jou werkgewer van 8 - 5
  2. Stres

 

Voordele om afgetree te wees:

  1. Jy kan maak wat jy wil wanneer jy wil
  2. Jy kan altyd op vakansie wees
  3. Jy kan n hobby doen
  4. Jy kan seker laatslaap as jy wil

 

Nadele van aftrede:

  1. Maak nie saak wie jy is nie jy gaan n helse nok vat in jou inkomste
  2. Verveeld
  3. Sit en boggerol doen elke dag
  4. Skok op jou lyf, die geen verantwoordelikheid
  5. Sit en wag vir die grim reeper

 

Wat is julle raad en insette op die onderwerp

Frikadel,

 

Dis 'n ding wat ek ook deesdae baie aan dink. Ek is nou 57, het my eie besigheid en my vrou is ook 57 en 'n onderwyseres. Ons kinders is uit die huis en selfonderhoudend in goeie beroepe. Ma het klaar besluit sy gaan op 60 af. Met my besigheid kan ek maklik afskaal wat my eie insette betref, want ek het goeie bestuurspersoneel(dit kan natuurlik in 'n oogwink verander). Ek gaan maar nog ten minste vir so 5 jr wil aangaan.

 

Mens moet egter nie te lank wag nie, want die gesondheid wag vir niemand nie. n Baie goeie pel van my van Reebok naby Mosselbaai  by wie ek nog onlangs na die KKNK vir 'n naweek gaan kuier het is Dinsdagaand na 'n massiewe hartaanval oorlede en hy was 'n baie fikse 69. Sy Namibiese trip vir Aug hierdie jaar was klaar bespreek en hy was baie opgewonde daaroor.

Ek dink die grootste skok vir my van aftrede gaan wees dat daar skielik net debiete is en geen meer krediete op my bankstaat gaan wees nie.

Wat is genoeg? Ek dink hier hang dit af van elke persoon se aftreebehoeftes. Ek ken mense wat na aftrede elke twee jaar oorsee wil gaan en dan ook mense wat net RSA wil toer. Vanselfsprekend sal hier 'n groot verskil in begroting wees.

 

Voorspoed, ek dink hierdie is 'n ding wat maar boer in mens se agterkop as jy nog nie daar is niefrown

0
Klerksdorp
Profile picture for user Frans Pretorius

Frans Pretorius

Fri, 12/05/2017 - 09:17

Ons ook gelukkig on vir onsself te kon werk sedert 1982. Ongelukkig a.g.v. kwale en skete drie jaar terug moes ophou kamp, en het drasties afgeskaal met besigheid, en, bly tot BESIG. Kan darem wegbreek wanneer ons wil! En so lank ons wil. Maak vooraf voorsiening vir gereelde klante ( sommige reeds 30 jaar op boeke!).

Afskaal, JA, aftree, Ek weet nie. Ek 69, met Krag en Genade kan ons nog goeie diens verskaf. Daarvoor is ons dankbaar!

 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 12/05/2017 - 09:18

As ek 49 jaar oud was, sou ek seker ook soos hierbo wonder. My opinie op 70 jarige ouderdom is dus die volgende :-

  • Geld en 'n stywe bankbalans koop nie geluk en berusting dat naderende ouderdom sekere eise aan 'n ou begin stel nie
  • Goeie aftree beplanning (insluitend maar nie net finansiële beplanning nie) oor jou werkende jare heen is oorgenoeg om goed en versorgd af te tree
  • Aftrede is 'n normale fase in jou lewe waarmee jy "vergoed" word vir jou jare se harde arbeid, mits jy betyds in jou werkende lewe daarvoor beplan en voorsien het
  • Dit gebeur dikwels dat 'n persoon te laat in sy lewe aftree om net daarna ernstig siek te word of selfs te sterwe kom sonder dat hy en sy huweliksmaat die geleentheid gehad het om saam 'n aftree-tydperk te geniet
  • Afgetredenes is selde nutteloos en breindood en pak die lewe verder met 'n lied in die hart aan met die groot verskil : 
    • teen 'n tempo wat jy verkies
    • waarvan jy hou
    • dikwels is dit hulp aan ander
    • sonder 'n doelwit om vir jou aksie vergoed te word
  • As jou aftree beplanning goed gedoen is, probeer om eerder te gou as te laat af te tree
0

Grootkoos

Fri, 12/05/2017 - 10:08

Sestig is heeltemal te jonk om af te tree. In baie lande in Europa is die amptelike aftree ouderdom 67 en met lewensverwagtige wat besig is om te styg vat jy 'n groot kans as jy aftree op 60.

Meeste mans in Suid-Afrika behoort tot so 82, 85 te lewe as jy tans in jou laat veertigs is. As jy in jou dertigs is, is die kanse goed dat jy dalk 90 kan haal. Die manne wat weet beweer dat die tieners van vandag kan verwag om 100 te haal.

As jy dus aftree op sestig moet jy jouself onderhou met jou aftreevoorsiening vir 22 jaar of langer. Terwyl dit nie onmoontlik is nie, sal jou lewenstandaard drasties daal.

Daarby is jy op 60 op die toppunt van jou loopbaan - gaan jy nou al jou kennis en ondervinding weggooi en by die huis gaan sit en boek lees?

Mik liewer om af te tree as jy nader aan 70 is.

 

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Fri, 12/05/2017 - 11:26

Oom Frikadel, ek sien oom is so 4 jaar ouer as die gesie. Die mooie dames begin oom seker ook nou links en regs oom noem dink ek :-)

Ek sal bitter graag op sestig wil aftree, maar tyd sal leer. Ek lees graag hier wat mense met meer ondervinding en wysheid oor die saak se.

0

Dis jy wat die wekroep in my wakker gemaak het met jou geafskalery en allerhande dwaal geeste wat jy opgeroep her.

Die problem is dat ek nie sal wil aftree nie want ek sit in n profesionele joppie en kan seker konsulter tot ek ingespit word.

My problem is dat as ek gaan stilsit gaan ek akkies aanjaag, weet sommer, rittelkind gewees en gaan ook nie worry as die jonge dames vir my Oom Frik se nie, hulle moet net nie NEE Oom Frik se nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Fri, 12/05/2017 - 14:24

Oom Vleisballetjies, hoekom wil jy werk tot jy ingespit word?

Ons "ou mense" wat voltyds kamp bly lekker besig met seks! Sit, eet, kuier en slaap!

Ek wou ook altyd werk tot ek eendag oud is, so 80 of so, met Petra se diagnose amper 7 jaar terug het ek besluit om halt te roep en die laaste paar jaar saam te geniet!

Ek hou my brein fiks en wakker met studente wat ek help met hul tesis, die doen ek gratis om so ietsie terug te ploeg in 'n professie wat al die jare goed vir my gesorg het! Dan doen ek so van tyd tot tyd so bietjie konsultasie werk vir verskeie banke, hou my uit die kwaad en hou my ook op hoogte van nuwe verwikelinge.

So oor 'n maand of so begin ek weer lekker besig bly deur van die ou fosiele se belasting opgawes vir hul te voltooi - dit doen ek ook maar verniet, mens moet maar die ou mense so bietjie bystaan, deur die jaar doen ek ook vir so paar omies hul voorlopige belasting.

As "hobbie" speel ek maar so bietjie op die beurs, neem ook nogal heelwat tyd in beslag met die maatskapye deurkyk en jou oog op die mark te hou, dit is suiwer net vir fun, speel maar net met kleingeld, niks meer as R100,000 so as ek verloor kan ons darem nog eet!!

Dan vir een of ander rede dink die ou mense dat ek 'n rekenaar "fundi" is, omtrent elke dag is hier iemand wie ek moet help met hul slimfoon, tablet of rekenaar.

Doen so hier en daar bietjie liefdadigheid werk, help met geld insameling en so. Al die goed hou mens nogal op jou tone.

Wat geld betref, soos Len tereg noem mens moet oppas om nie te veel bymekaar te wil maak nie.

Wat vir my gewerk het;

Ek het 'n begroting uitgewerk wat ek nodig het per maand om redelik lekker te kan leef, plus genoeg om instandhouding op ons voertuie en toebehore te kan doen.

Ek het toe 'n bedrag eenkant gesit waarmee ek 'n nuwe voertuig kan koop indien nodig, ook genoeg om die Penta te vervang indien nodig.

Die geld wat toe oorbly het ek 20% eenkant gesit om te groei, daar raak ek glad nie aan nie, sal dalk as ek eendag oud is daarvan begin trek.

Ek bepaal toe of die 80% genoeg is dat ek 4% per jaar kan trek as maandelikse inkomste, en dit moes dan dieselfde of meer wees as my begrote lewenskoste.

As jy net 4% trek behoort jy jouself elke jaar 'n minimum verhoging van 6% te kan gee, dit wil se jou beleging het maar net 10% gegroei, dus het jou ksapitaal na maandelikse treking met 6% gesgroei.

Volgens my logika behoort jy dan vir baie jare lekker te kan leef, en onthou dat as jy oud raak  so 90 plus kan jy seker met veiligheid vsan jou kapitaal begin trek?

Fout wat ek gemaak het, ek was baie pesimisties met my oorspronklike lrewens koste, ek het vir die eerste drie jaar van aftrede geen verhoging geneem nie omdat ek my lewens koste hopeloos te hoog geskat het!

Ek was baie bang om op te hou werk, gedink ek gaan my dood verveel, maar kan jou verseker ons bly goed besig, staan elke dag voor sewe op en gaan slaap nooit voor elf uur nie, ons vat ook nooit 'n middag slapie nie.

Beste besluit wat ek ooit kon maak was om die werk te los.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Fri, 12/05/2017 - 18:44

Frik, jy het goeie advies hierbo gekry.

Wanneer is genoeg, genoeg?

Jy wil nie jou geld oorleef nie.

Jy wil nie ingespit word en miljoene vir ander los nie. ens ens.

My oorlede skoonpa was ses maande op pension, sy kis het nie sakke in gehad nie.

So kan mens alle kante toe redeneer,  en ook met reg. Jy alleen kan egter daai besluit neem.

Na 'n onaangename diagnose en ampertjies bokveld toe, het ek ook besef, nou is genoeg, genoeg. Op 64 is ek jou so 2 jaar met pension, en geniet elke dag soos dit aan my geskenk word.

Persoonlik, dink ek 60 is 'n goeie tyd om halt te roep.

Wat mens moet ook in ag neem; 

Sorg dat jy 'n dak oor jou kop het wat niemand kan kom "terug eis" nie,

Nog 'n baie belangrike ding, is ook om 'n mediese fonds in plek te hê.

Een ding is seker, en dit is,  jou gesondheid is onseker.

Sterkte met jou beplanning

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sat, 13/05/2017 - 14:00

Toe ek 50/55 jaar oud was, het ek nie eers gedink aan aftrede nie.   Dit het gelyk soos iets in die verre toekoms.  Op 60 het dit nie meer so ver gelyk nie, maar ek het dit nog steeds nie oorweeg nie en gedink nog ten minste 10 jaar werk.   Maar met die tyd saam kom daar veranderinge in jou lewe.  Dalk jou gesondheid of omstandighede by die werk.   Jy word dalk net een oggend wakker en dink:  "Ek is nou gatvol vir opstaan, aantrek en werk toe gaan!"   Dan begin die vooruitsig aanloklik lyk.   Die tyd het gemaak dat jy nou heel anders dink as 10 jaar gelede.    Jy begin jou opsies oorweeg en natuurlik aandag gee aan die finansiële implikasies op jou lewe.  Dit het met my gebeur en ek het uiteindelik op 67 besluit, nou is dit tyd.   Dit was net meer as 'n jaar gelede, maar sover was dit die regte besluit wat ek geneem het.   Dalk word ek in die toekoms verkeerd bewys, maar hoe lank is die toekoms nog?

Ek dink nie mens moet bang wees as jy aftree ouderdom begin nader nie, los dit vir die Vader, hy sal jou lei met die tyd saam.

0

Baie dankie aan al die goeie raad en ek is bly daar is soveel ouerige mense wat vir ons jongerige mense met goeie raad kon bedien oor die onderwerp.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/05/2017 - 16:01

Die ouerige mense weet waarvan hul praat.

Ek is ongelukig nog nie daar nie, maar nog jongerig en vreeslik baie jukkerig, of is dit nou jukerig?

0
Pretoria Tuine
Profile picture for user DK

DK

Mon, 15/05/2017 - 18:50

Hier kan en mag ek nie saam gesels nie.

Ek het "Nog Net" so 20 jaar gevangene straf om uit te dienangry

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Thu, 06/02/2020 - 08:30

Oor 4 jaar is ek 57 ja nog jonk maar gaan dan aftree wil soveel nog sien en doen en kamp by plekke waar ek en Berdien nog nie was vertrou Vader sal ons seen met goeie gesondheid

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 06/02/2020 - 09:33

Ek hoor John Cooper het besluit einde van 2020 gaan hy op 55 ook aftree.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/02/2020 - 09:52

Om op eie keuse vroeg (voor ouderdom 63) te kan aftree, is 'n reuse voorreg, maar dit moet met uiterste versigtigheid oorweeg word. Veral die reuse finansiële risiko en gevolge wat dit inhou moet nie ligtelik opgeneem word nie.

Selfs mense met 'n finansiële agtergrond moet eerder van 'n onafhanklike, geregistreerde finansiële adviseur se dienste gebruik maak om onpartydig seker te maak dat jou finansies dit moontlik maak om vroeg te kan af te tree. Dit behoort minstens jaarliks gedoen te word voor jou beplande aftrede.

Die aanvaarde algemene beginsel is, werk solank as wat jy kan tot by normale aftree-ouderdom voordat jy aftree om te voorkom dat jy later gaan agterkom jou aftree-voorsiening het dit nie gemaak nie  -  dan kan jy nie meer iets daaromtrent doen nie.  Die enigste uitsondering is dat as jy oor 'n berg finansiële kapitaal beskik wat inflasie, 'n pap ekonomie en jou maandelikse onttrekkings oor 'n lang periode kan klop, dan behoort jy veilig te wees.

Pasop egter ook dat jy nie die ander uiterste volg en te lank na die normale aftree-ouderdom werk nie, want dan mag jy dalk nooit die vrugte van 'n lang werkende loopbaan pluk nie.

Dis die beste raad wat ek kan gee

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Thu, 06/02/2020 - 10:01

Willem, ek aanvaar John is heetemal gatvol vir sy werkgewer, StadTswane se burgemeester en ander politieke strooi wat tot gevolg het dat Pretoria se inwoners nie behoorlike diens kry nie - byvoorbeeld Wonderboom Lughawe wat gesluit moes word omdat onder andere die gras so lank geword het dat die vliegtuie nie die aanloopbaan-ligte kan sien nie ! Voeg daarby die skokkende toestand waarin Joos Becker Karavaanpark verval het.

0
Worcester
Profile picture for user Wildehont

Wildehont

Thu, 06/02/2020 - 10:07

As ek dit kon bekostig het ek aan die einde van die maand afgetree. Ek het egter op 25 toe ek nog nie getroud was nie en nog nie skuld gehad het nie besluit om in toerisme te gaan werk. Daar het ek wonderlike wedervaringe beleef, plekke en lande gesien en dinge gedoen wat ek nooit andersins sou kon nie en die liefde vir die natuur wat my ouers by my gekweek het ordentlik gevoed. Alhoewel ek min uitgawes gehad het, het ek ook maar min verdien en uiteraard minder as my portuur toe ek eindelik weer ‘n “regte” werk moes kry toe ek 37 was. My aftree beplanning lyk in orde vir so op 67 as ek gespaar word en nog kan werk en werk het tot dan. My pa het op 74 uitgeklok en my ma op 78 so ek moet dalk 65 oorweeg dat ek darem nog so min of meer ‘n dekade oor het om te kampeer. 

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Thu, 06/02/2020 - 10:10

Môre Len en HNP's

HNP = Hunker na Pensioen

Nou kom ons by nog 'n aftree mite; wanneer koop mens jou "aftree voertuig"? Baie salaristrekkers glo dat so 2 jaar voor aftrede, mens jou aftreekar koop, dan is dit betaal by aftrede.

My probleem is egter, hoe lank moet daai voertuig hou. As mens geseend is, het jy dalk 'n voertuig nodig tot 86 jaar oud. Dus moet die voertuig meer as 20 jaar kan hou.

Ek dink mens moet in berekening hou dat jy ten minste van 63 tot voertuigloos, so 2 voertuie sal moet kan aanskaf. OF---koop mens 'n nuwe Toyota op 65, en ry dit tot jy nie meer kan bestuur nie.

Dit is die uitgawes wat diep kerf in mens se aftree-pakkie geld, afgesien van onvoorsiene mediese uitgawes.

Groete  

0
Centurion
Profile picture for user Dusty

Dusty

Thu, 06/02/2020 - 12:24

Wessel, ek het my aftree voetuig 5 jaar gelede gekoop. Na aftrede sal dit maar min ry. dus behoort dit vir my genoeg te wees. Het darem ook nog my 49 jarige papgooi bakkie.

My aftrede is oor 'n jaar. Mag dalk nog 'n jaar of 2 aanbly as kontrakteur.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus