Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -38 minutes ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -50 minutes ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -2 hours ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -14 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -23 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Reën val verslag (terugvoering)

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Gister oggend het dit so lekker saggies begin reën hier in Richards Baai, temp. ook redelik af na so 20 toe, maar gelukig hier is 20 mos nie koud nie, dis net daai droee koue wat erg is.

Nouja, laat gisteraand maak die sluise toe mos heeloop, saam met 'n lekker fris storm wind.

Laasjaar ook op Moedersdag so lekker gegooi dat groot dele van die kamp goed oorstroom het! Nou weer, vroeg vanoggend so deur die kamp gery, te hard gereen om te stap, kyk waar kan ek moontlik help. 

Gelukig is die kamp nog baie leeg, maar 'n paar van die hier het maar 'n swaar nag agter die rug.

Moes vroeg vannogend een ou se karavaan uit die "nuwe" dam uitsleep, alles natuurlik sopnat. Een Exclusive wat Vrydag ingekom het se dubbel tent is heel plat gewaai, pale gebuig tent geskeur en staan ook in 'n dametjie, darem net so 100cm diep, sien g'n mens daar nie, dalk in 'n Lodge gaan slaap?

So 5 tente wat gedeeltelik weg gewaai het, en redelik baie mense wat in vlak dametjies kamp. Ek voel jammer vir hulle, glad nie lekker om so te sukkel nie, kon darem behalwe die wa uitsleep so hier en daar iemand help, al was dit net 'n warm fles met koffie vir hulle aanry.

By ons gelukig geen skade nie, ons het heelnag lekker diep geslaap en het eers vroeg vanoggend gesien , ek moet deur die Vaaldam ry om by my kamp uit te kom, maar gelukig stoot die water nie op tot my staanplek nie, ek is hoer as die pad so die water loop oor pad toe.

Wind weet ek niks van nie, slaan mos my toue reg langs die paal in en span nie my toue op sulke 30 45 grade hoeke nie, ek sien daai ouens met hul penne so ver vsan die tent af het almal vanoggend skade. Selfs die Exclusive wat se hele tent colapse het, het met sy twee storm band en al platgeval. Sy storm bande kon ek vanogend sien was seker so meter van die paal af vasgemaak, lekker fris penne. Die penne is nog vas in die grond met die storm band nog daaraan, maar die band so ver van die tent af laat speling toe en dan gaan die tent!

Ek het nog nie my storm band opgesit nie, nie gedink ons sal so vroeg in die jaar al sulke storm winde kry nie. Heelwat bome ook omgewaai en takke afgebreek. Lyk maar bietjie woes in die kamp.

Wel so klein ander probleempie, my tent lek skielik op elke liewe naat, ons moet ons sit ken op so tussen die lekplekke te sit! Lyk my die tent se lewe is nou op sy einde, sal maar moet 'n nuwe een koop.

Wat my erg grief kan niks los koop nie, nuwe tent kom kompleet met pale, fittings,m penne, toue en selfs 'n hamer!!!! My pale, penne, en toue makeer niks!! Nuwe dubbel tent plus die Add a room sal my so R35000 kos.

Weet iemand dalk waar kan ek 'n beter prys kry, prys wat ek gekry het is by Camp World, moet net byvoeg ek wil net 'n oorspronklike Jurgens tent koop. Die ander wat mense laat maak is in my opinie swak, wel so die helfte goedkoper maar net so 30% van die kwaliteit.

 

 

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/05/2017 - 10:26

Arie, tent makers gaan dalk vir jou 'n nuwe dak kan maak teen 'n fraksie van die koste, nog 'n oplossing tot jy reg kom, is om die silwer seil bo-oor te span.

Jy kan ook 3M Schotch Guard spuit probeer, om te herseel gaan die minste kos.

Hoop jy kom reg, dit is darem baie geld.

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Sun, 14/05/2017 - 11:08

Die tente en dakke wat ek al gesien het wat tent makers maak is SWAK, vriende het in Durban laat maak, die ding hang pap en maak dsamme, twee vriende het by by Marx in Pta Noord laat maak, SWAK, nog vriende het by Romeo so drie, of vier jaar terug 'n tent vir hul motorhome laat maak, ek bly liewer sonder 'n tent as om soos hulle te sukkel, hulle het omtrent al 'n paal dak soveel pale moet hul insit om die damme te keer!!

Nee tot ek 'n ordentlike tent sien wat deur 'n tentmaker gemaak is bly ek maar by Jurgens. Daai tentmakers is presies soos die ou spreekwoord se, goedkoop koop is duur koop!

Daai Scotsgaurd mag dalk werk, ken dit nie, maar sal dit werk op die Jurgens tent wat die plastiek lagie oor die dak het??

0
Richardsbaai
Profile picture for user Stefan

Stefan

Sun, 14/05/2017 - 11:59

Het nou vir die laaste 12 ure 202mm  gemeet. My meter werk van middernag tot middernag. Totaal sover is 37+105+202 van dit begin het. Arrie stuur my jou nommer na 0825527675. sms of w/app. Woon hier, as as ma terug is in die week, wil ons julle graag kom ontmoet.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/05/2017 - 19:42

Arie, ek kan ongelukkig nie vir jou met sekerheid sê of schotch guard op daai seil sal werk nie. Ek het dit wel in die verlede met sukses op my ouer waensse dakke gebruik, die met "canvas" seil.

Ja die probleem met tent makers gaan mens ongelukkig te laat sien, en ek het nog nie self dak laat maak nie, maar wel sy-panele  (mure) met die is ek heel tevrede. Die dak is die kritieke deel van 'n tent.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Sun, 14/05/2017 - 19:53

Arie, lyk my jy beter jou regmaak om nog mede kampeerders te help.  Ek sien op vanaand se nuus daar gaan nog baie water val by julle.   Ek stel voor jy gebruik maar intussen 'n sambreel in die tent.laugh   Sorry pel, ek moes dit sê.wink

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sun, 14/05/2017 - 20:07

Arie, omdat julle permanent kamp is my gevoel jy moet die tent maar liewers vervang met 'n oorspronklike Jurgens tent waarop ek seker is jy sal 'n waarborg kry. Dan kry jy sommer kans om dit ordentlik te toets waar dit nou so kwaai reën.  Adverteer die oue, jy mag dalk iemand kry wat dit goedkoop sal koop en prober dig kry op die nate.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Sun, 14/05/2017 - 20:14

Op die lange duur is 'n nuwe tent die beste, hoop maar Arie kom reg.

Jurgens sit blykbaar weer met stakings - volgens iemand wat ook 'n nuwe tent vir sy Splash bestel het na storm skade. Kan egter nie met sekerheid sê nie.

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Mon, 15/05/2017 - 07:16

Stefan gestuur. Auntie Frieps, nee ek sit in die tent met 'n kondoom aan, moet darem die belagrikste gereedskap beskerm!?

Len ja ek het klaar besluit om nuwe Jurgens tent te koop. Wag tyd is blykbaar drie maande. Ek sal een bestel by Brits om gereed te wees einde Okt. Dan kan ek die nuwe een opsit as ons daar aankom. Daar kan ek die ou tent by die kinders los, anders moet ek dit weggooi.

Intussen gaan ons maar so aan darem meer sonskyn as reen, en as dit reen se ons maar "Wet wild and wonderfull"

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Mon, 15/05/2017 - 07:35

Ek het so 'n idee ons het die laaste reën nou gesien vir hierdie "seisoen".    Volgens my reën meter se logbook is daar moontlikheid vir nog 'n paar druppels dalk in Junie, maar andersins dink ek die droë (koue) seisoen het nou aangebreek en sal ons weer ware reën sien in   October.

Nou is dit tyd vir koue neuse en stowwerige paaie.  Teen September bid ons vir 3mm reën net om die lug skoon te maak en ons skurwe velle vog te gee!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Tue, 16/05/2017 - 19:00

So, wat jy sê Voortrekker, is dat die reën nou gaan aftrek Kaapprovinsie toe?   Baie dankie, dit sal baie welkom wees.

Ek hoop so Freda.  Ek hoor juis vandag dinge lyk maar sleg daar.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/05/2017 - 20:35

Op my reen log, is dit die natste seisoen sedert 2010, '(2010 - 883mm), vir die jaar gemeet tot Sondag 14 Mei 17 - 1082mm, voor waar 'n goeie jaar hier gewees.

0

Lyk my die manne wat tans staan by die Suidkus het erge skade opgetel met die storms wat tans daar woed!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 17/05/2017 - 09:51

Op my reen log, is dit die natste seisoen sedert 2010, '(2010 - 883mm), vir die jaar gemeet tot Sondag 14 Mei 17 - 1082mm, voor waar 'n goeie jaar hier gewees.

Johann meet jy dit dan jaar tot jaar?  Mid Mei tot mid Mei?

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 17/05/2017 - 12:45

Eish dis baie reen Arie en ja die Kaap kort baie reen mense

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus