Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 hour ago
Geniet jou video's... Kgalagadi Oktober 2026 Rona du Plessis -13 hours ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -22 hours ago
ANC is soos.... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Einde van ANC? November 2026 Goeie Hout -1 day ago

Reën val verslag (terugvoering)

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Gister oggend het dit so lekker saggies begin reën hier in Richards Baai, temp. ook redelik af na so 20 toe, maar gelukig hier is 20 mos nie koud nie, dis net daai droee koue wat erg is.

Nouja, laat gisteraand maak die sluise toe mos heeloop, saam met 'n lekker fris storm wind.

Laasjaar ook op Moedersdag so lekker gegooi dat groot dele van die kamp goed oorstroom het! Nou weer, vroeg vanoggend so deur die kamp gery, te hard gereen om te stap, kyk waar kan ek moontlik help. 

Gelukig is die kamp nog baie leeg, maar 'n paar van die hier het maar 'n swaar nag agter die rug.

Moes vroeg vannogend een ou se karavaan uit die "nuwe" dam uitsleep, alles natuurlik sopnat. Een Exclusive wat Vrydag ingekom het se dubbel tent is heel plat gewaai, pale gebuig tent geskeur en staan ook in 'n dametjie, darem net so 100cm diep, sien g'n mens daar nie, dalk in 'n Lodge gaan slaap?

So 5 tente wat gedeeltelik weg gewaai het, en redelik baie mense wat in vlak dametjies kamp. Ek voel jammer vir hulle, glad nie lekker om so te sukkel nie, kon darem behalwe die wa uitsleep so hier en daar iemand help, al was dit net 'n warm fles met koffie vir hulle aanry.

By ons gelukig geen skade nie, ons het heelnag lekker diep geslaap en het eers vroeg vanoggend gesien , ek moet deur die Vaaldam ry om by my kamp uit te kom, maar gelukig stoot die water nie op tot my staanplek nie, ek is hoer as die pad so die water loop oor pad toe.

Wind weet ek niks van nie, slaan mos my toue reg langs die paal in en span nie my toue op sulke 30 45 grade hoeke nie, ek sien daai ouens met hul penne so ver vsan die tent af het almal vanoggend skade. Selfs die Exclusive wat se hele tent colapse het, het met sy twee storm band en al platgeval. Sy storm bande kon ek vanogend sien was seker so meter van die paal af vasgemaak, lekker fris penne. Die penne is nog vas in die grond met die storm band nog daaraan, maar die band so ver van die tent af laat speling toe en dan gaan die tent!

Ek het nog nie my storm band opgesit nie, nie gedink ons sal so vroeg in die jaar al sulke storm winde kry nie. Heelwat bome ook omgewaai en takke afgebreek. Lyk maar bietjie woes in die kamp.

Wel so klein ander probleempie, my tent lek skielik op elke liewe naat, ons moet ons sit ken op so tussen die lekplekke te sit! Lyk my die tent se lewe is nou op sy einde, sal maar moet 'n nuwe een koop.

Wat my erg grief kan niks los koop nie, nuwe tent kom kompleet met pale, fittings,m penne, toue en selfs 'n hamer!!!! My pale, penne, en toue makeer niks!! Nuwe dubbel tent plus die Add a room sal my so R35000 kos.

Weet iemand dalk waar kan ek 'n beter prys kry, prys wat ek gekry het is by Camp World, moet net byvoeg ek wil net 'n oorspronklike Jurgens tent koop. Die ander wat mense laat maak is in my opinie swak, wel so die helfte goedkoper maar net so 30% van die kwaliteit.

 

 

Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Tue, 26/10/2021 - 12:26

Middag neef

Volgens Maroela het van die boere in Williston omgewing tot 60mm gekry. Nou moet ek eers gaan kyk hoe vêr dit van Tankwa is.

0
Vaalwater, Limpopo
Profile picture for user Josef Willem

Josef Willem

Wed, 27/10/2021 - 19:49

Mense, dit is droog by ons, vir die 2021-2022 reën seisoen het dit tot dusver nog net 32mm gereën, met die hitte van 38 grade sondag, brand daai water in n agtermiddag weg, laasjaar die tyd het ons al oor n 140mm gestaan.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Fri, 26/11/2021 - 09:00

November 2021 tot datum.

.

In maande wat op skerm pas.

.

.

Die laaste een begin Julie 2021 en eindig Junie 2022 (almal werk so)

.

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Fri, 26/11/2021 - 09:21

Baie interessant Willem, dankie.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Fri, 26/11/2021 - 09:28

Môre vriende

Ons het ook so deur die nag 24mm gehad. Dit het gisteraand so 19h00 begin met fyn hael. Genadiglik het dit fyn gebly en oorgewaai Pretoria se kant toe.

Blykbaar het Klerksdorp die afgelope week 'n slegte  haelstorm gehad.

0
Brits
Profile picture for user wessels

wessels

Sat, 27/11/2021 - 07:51

Môre vriende

Brits is papnat, na Donderdag-nag se 24, het ons nog 20mm tot vanoggend bygekry.

Willem: Kon die ouens toe gister jou dak seel en verf??? 

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sat, 04/12/2021 - 13:46

Hier by ons roer die suidoostewind ons behoorlik. Omdat suidoos in die Kaap en reën in die noorde amper sinoniem is, wonder ek of dit lekker reën in sommige dele.

Kleinmond, wat tussen die see en die Kogelberg ingewig is, kry meermale uit die suidoos reën, alhoewel ons Kaapse reënwind eintlik vanuit die noordwestekant kom. As YR se voorspelling korrek is, kan ons vanaf vanaand tot die vroeë oggendure Maandag, sowat 40 mm verwag - wat uitsonderlik is vir reën vanuit die suidooste.

Hier by ons het, wat maksimum temperature aanbetref, ons nog beswaarlik lente beleef - wat nog te sê van somer. Temperature draai maar tussen 17° en 22° rond. Ek moes darem al 'n paar aande met die dakwaaier aan slaap. 

0
Brackenfell, Weskaap
Profile picture for user Len Loader

Len Loader

Sat, 04/12/2021 - 15:58

Maggies Chris, julle is gelukkig daar in Kleinmond.  Ons voorspelling vir vannag en môre is so 22mm en as dit wel val, sal ons baie dankbaar wees.

En Willem daar by julle lyk dit na 'n uitstekende week se reën  -  net genoeg om jou dak-reparasie op die proef te stel !

0
Oudtshoorn
Profile picture for user neef Herman

neef Herman

Sat, 04/12/2021 - 16:07

Ons teen die berg, is sopnat, veld het fonteintjies in. En nou wag ons vir die Groot reen wat van vanaand tot maandag gaan aanhou. Afsnylaag Sondag. Tuin is treurig, dae nog te koud.

0
Kleinmond
Profile picture for user Chris Boucher

Chris Boucher

Sun, 05/12/2021 - 17:13

Toe was YR nogal in die kol - tot dusver het daar sedert laasnag reeds 43 mm reën geval. Eintlik ongekend vir hierdie tyd van die jaar, wanneer ek lankal reeds met besproeiing in die tuin sou begin. Tot dusver was dit nog geensins nodig om tuin nat te maak nie. En hierdie 43 mm was sagte deurdringende reën. Die water staan sulke plate in die tuin. Dankbaar!!

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Sun, 05/12/2021 - 17:32

Klink vir my dit reën amper regoor die land  - so assof die perske reën vroeg gekom het.   Hier het ek ook vanoggend 42mm uitgegooi en dit asof daar weer 10mm deur die loop van die dag geval het.   Daar is nog wolke oral en lyk asof dit nie beplan om op te klaar nie - dalk is daar nog reën deur die nag.

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Sun, 05/12/2021 - 17:51

Het vanoggend 65mm uitgegooi en sien die meter staan op 4mm vir die dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus