Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -3 hours ago
Olie prys en Jodiumpille November 2026 Wessel Strydom -1 day ago
Pretoria November 2026 Geert -1 day ago
Tydens ons 2de aand ... Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 day ago
Overstrand Munisipaliteit November 2026 Chris Boucher -1 day ago
Verkiesing effek November 2026 Wessel Strydom -1 day ago

Op mens se gevoel speel!

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie
Submitted by Arie on
Forums

Ek het al vir dielaaste agt jaar n plekkie in n aftreeoord wat ek verhuur.

Vir die laaste drie jaar nie die huur verhoog nie, die oom vertel my elke jaar dat hulle op die broodlyn leef en niks meer kan betaal nie. Tot Petra se ontsteltenis los ek dan maardie huur net so. Elke jaar betaal ek meer heffing en grondbelasting so my inkomste val efektiewelik.

Die jaar besluit ek om die huur met R500 te verhoog wat maar 6% is. Oom skietn gasket, reken hy kan baie plekke kry wat baie goedkoper is dus hy gaan trek. Ek se dit is reg hy moet net skriftelik kennis gee.

Hy het so pas gebel en gevra ek moet asbsy kontrak vir n jaar verleng op die verhoogde huur.

Met die verhoging is my huur nog steeds R1000 onder die mark!

Hy gaan nie weer wegkom met sy sad stories nie, ek het die man altyd vreeslik jammer gekry, nie weer nie, volgende jaar ten minsteR800 verhoging.

Arrie, ek dien op n ouetehuis se raad en het nou die dag n ou man vriendelik gevra om die instansie te verlaat nadat hy nie wou ophou om sy verpleers te vloek en te skel nie!!

Partykeer moet mens maar die lyn trek.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Tue, 16/05/2017 - 20:42

Dit is moeilik, want mens weet nie wat die persoon se ware omstandighede is nie, hy kan jou goedheid misbruik, of hy kan werklik swaar trek.

Mens moet maar vroeg in jou lewe vir jou oudag voorsiening maak, maar nie almal het daai vermoĕ nie, of ook nie die disipline nie.

Jy kan jouself ook nie aanhoudend in die voet skiet deur 'n sagte hart te hê nie. Moeilik.

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 17/05/2017 - 10:32

Ek ken daai gevoel en agv van mense soos hy verhuur ek my eiendom deur `n agentskap. Jy kan self die persentasie verhoging bepaal maar as jy nie `n spesifieke persentasie vasstel nie word die huur automaties verhoog met die inflasiekoers.

Ek het `n ooreenkoms met my huurders dat indien die plekke behoorlik instand gehou word en ek word nie gebel vir `n kraan wat lek ens nie kry hulle een maand se huur gratis in `n 24 maande siklus. Dit werk vir my ek word nooit gepla nie en doen so een keer per jaar self inspeksie gewoonlik die maand voordat die huurder nie hoef te betaal nie.

Geen probleme met uitsettings laat betalings ens ens. en jy hoef ook nie na die huurder se sopstories te luister nie as daar `n reeling te tref is moet hulle dit met die agentskap doen en dit is hulle risiko nie myne nie,

Groetnis

0
Secunda
Profile picture for user Sleep nou

Sleep nou

Wed, 17/05/2017 - 12:41

Arie dis so soms kry ons mense jammer maar ek het op die harde manier geleer geld en besigheid moet jy nie sag wees nie want mense maak misbruik van jou sag mens wees.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 17/05/2017 - 14:34

Ek wil nou hier die oue skrewe benader en verwys na teks wat ek nie altyd reg verstaan het nie, maar wel glo dit is van toepassing op hierdie onderwerp:

"moenie jou pêrels voor die varke gooi nie"     Hierdie teks spreek juis oor die christelike oortuigings van eerder "gee' as "opgaar"  en hoe maklik mense hierdie lewens uitkyk kan misbruik en jou waardevolle eienskappe van gee misbruik tot hulle eie selfsugtige voordeel.

0
Port Elizabeth
Profile picture for user Frieps

Frieps

Wed, 17/05/2017 - 17:01

Jou laaste sin sê dit alles.  Ek kan ongelukkig getuig daarvan.   Dit het verseker in my lewe gebeur en op die ou end het ek tweede gekom.  Vir nou!    Elke hond kry sy dag.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus