Koro-Koro
Drie Berge
mabalingwe
galago private bush lodge
Alloutgear
Sionbergh

 

luister nou wereldwyd stereo

superbrulekker reseptenuwe onderwerpgraderingsarrowartikels buttonkompetisiessaamtrekkemeningspeilingskamp diyarrowarrow

48714 insette
Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Ek het verstaan dat Jurgens… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Johann L -1 hour ago
Dankie Johan. Nou sukkel ek… Huiskrag tydens beurtkrag HennieBo -1 hour ago
Wat Imperial se skuld… Jurgens Ci- DIE WAARHEID Voortrekker -1 hour ago
Dis regtig........................ Jurgens Ci- DIE WAARHEID Len Loader -1 hour ago
Hi Hennie Huiskrag tydens beurtkrag Johan K -2 hours ago
Ek het gedink om ek en my… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -3 hours ago
Wildehont, ek het 4 x 300… Huiskrag tydens beurtkrag Johann L -3 hours ago

Tuine

Port Elizabeth
Submitted by Antie on Sat, 08/12/2018 - 11:49
Forums

Leeu se foto van sy tuin het my laat besluit om 'n draad te begin en vra, wys vir ons foto's van jul tuine.    Ek besef met die droogte oral is tuine nie tans wat dit moet wees nie maar dit is wonderlik om te sien hoe die natuur darem vir homself sorg.

Ons tuin is redelik klein,  tipies van 'n meenthuis.   Omdat ons nie mag tuin natmaak nie,  doen ons nie tans veel daarin nie.   Ons kompleks self het mooi bome, grasperke, beddings en oop spasies.   Ongelukkig is die gras nie mooi groen op die oomblik nie.

Foto 1

.
Die hoof ingang

Foto 2

.
'n Stukkie van ons eie tuintjie

Dele van die algemene tuine:

.

.

.

Ek hoop om 'n paar tuine te sien.   Of die mooi natuurtonele om jul huise (Herman!)

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 21:50

Ons bly in 'n sekuriteitskompleks in ons eie huis en het bitter min tuin.  Die huis staan feitlik die hele erfie vol met die swembad en my karavaan-motorhuis wat die bietjie tuinspasie opgeneem het.  Voor op die sypaadjie het die Kaapse droogte sy tol ge-eis en ek moes die grasperk noodgedwonge met plaveisel vervang.

Hier is 'n foto van 'n klein bedding wat ons wel kon behou, maar dis al.  Ek het wel vier potte met bougainvillas geplant waar die dooie graspek was en hulle groei nogal mooi  -  sal môre gou 'n foto neem.

Dikkoppi in ons tuin :

.

Nog een :-

.

Eentjies in ons tuin :-

.

'n Paar blommetjies :-

.

 

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sat, 08/12/2018 - 22:19

Freda, jul tuin lyk pragtig, mens sal nie sê dit is daar so droog nie.

Len, jul plek lyk ook mooi, ek hou baie van voëls, en jy is gelukkig met die in jou tuin. Ek voer daagliks die wilde voëls hier by my, dit is te mooi om te sit en kyk hoe al die verskillende voeltjies kom kos soek, kompleet of hulle hier sit en wag op my.

Freda, ek sal liewer nie nou fotos laai van hoe my tuin nou lyk nie, al het ons nie water beperkings nie, het ek besluit die jaar maak ek geen fyntuin nie, ons beplan om baie weg te gaan, met die wa natuurlik, en wil nie dat die tuin heeltemal verbrand in die hitte nieangry.

Ongelooflik warm sover die somer hier by ons, alles brand dood.

Potplante
Ek het wel paar potplante, die moes ek weens die hitte skuif na 'n koeler ares in die tuin.
Potpkante
Selfde bedding
Pot
Selfde bedding,  alles in potte behalwe die Violets.  Kyk hoe mooi is die Amorilla
Muur
Hierdie pellet is teen die motorhuis se muur om die eentonigheid te breek.

 

Muur
Selfde muur, bietjie op getooi
Ou asblik
Ou asblik, nuwe gebruik
​​​
Kruiwa
Ou kruiwa - nuwe nut.

 

Brackenfell, Weskaap

Len Loader

Sat, 08/12/2018 - 22:23

............ek hou van jou kreatiewe, kunstige gebruik van items wat nie soseer met tuinmaak geassosieer word nie  -  pragtig en baie oorspronklik !

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 06:50

Dankie vir die mooi foto's, Len en Johann.  Dit is wonderlik hoe 'n paar blommetjies alles kan opvrolik. 

Len, ek hou van die samestelling van potte en klippe in daai bedding, lyk of dit voor julle huis is.  Lyk baie mooi.   In die foto van ons eie tuin, in die hoek, het ons net so dammetjie soos joune met die eend.  Die seuntjie wat daar staan is veronderstel om daarin te piepie.   

Johann, jou items lyk net so mooi.   Pragtig, daai geel lelie met die geel gesiggie daarby.   Julle het darem kleur, ons het geen blommetjies op die oomblik nie.  Eintlik moet ek erken, ons is te lui om te sukkel met die natmaak, dus los ons maar.

Oudtshoorn

neef Herman

Sun, 09/12/2018 - 09:14

Ons het net grasperk om die huisie, niks blommetjies nie.

Plaas

Vanoggend vir julle die foto geneem, huisie so effe sigbaar, regs onder is die perdestalle.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 09:39

Herman, dit moet soos hemel op aarde voel om so tussen die berge te bly.   Kom, wys vir ons nog.  Jy het mos self baie oulike goed daar om julle huis gedoen.

Vaalpark Vrystaat

Johann L

Sun, 09/12/2018 - 11:32

Fonteintjie
Ek het in 'n "dooie hoek" do water fonteintjie gebou om die hoek bietjie op te kikker. 
Rose
My trots, die roos id my gunsteling.

 

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 12:08

Wow, Johann, kyk net daai pragtige roos.    Rose is by verre my gunsteling blom!    Addo is mos groot rooswêreld en het een keer 'n jaar 'n roosskou.   Ek het jare gelede soontoe gegaan en 'n hele klomp roosbome gekoop.   Die vrou daar het my presies verduidelik hoe ek hulle moet plant en versorg.   Ek was vol hoop, maar dit het nie gewerk nie.   Dit het 'n rukkie goed gegaan maar hulle het later een vir een agteruit gegaan.   Die Baai is nou net eenvoudig nie die plek vir rose nie.   Dan het ons al deur dorpe gery, dan groei die rose sommer langs die pad of rye daarvan op middelmannetjies in die pad.   

Terwyl ons nou van blomme praat wat aard of nie aard nie.  Ek het ook altyd in my tuin baie Impatience gehad, die een met die klein blommetjie, meestal wit en skakerings van pienk.   Hulle het sommer maklik vanself opgekom en vermeerder.   En toe vrek hulle eenvoudig, nie net by my nie, oral hier by ons.   Toe hoor ons daar was 'n siekte wat hulle vernietig het.  Sedertdien kry jy hulle glad nie meer nie, net die groter een wat nie dieselfde is nie.   Ek wonder of dit nog in ander dele van die land groei?

Boesmansriviermond

Sarel Marais

Sun, 09/12/2018 - 12:56

Ons het jare gelede ook in Sanctuary Cove gewoon. Toe die wereld daar nog woes en leeg was - rerig. Ons eenheid was van die eerstes wat daar gebou was. Kan nou nie meer die nr onthou nie, maar soos jy uit Dijonweg by die kompleks indraai en dan onmiddelik weer links, was ons huis die 2de aan jou linkerhand. Jy sal sien daar is 'n "bay window" by die een slaapkamer, een van die baie wysigings aan die oorspronklike plan wat ons laat aanbring het om die kamer groter te maak. Dis regtig nou pragtig daar

Groete

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 13:19

Sarel, kan jy glo, dis 'n klein wêreld.  Ons eenheid is in dieselfde pad as waar jy gebly het, net soos jy by Dijon se hek inry, draai jy regs, dan is ons 3 huise van die hek af.    Ons eenheid is heel laaste gebou en nie deur die oorspronklike bouer nie.  Die fondamente het 8 jaar lank gelê, toe koop 'n man en sy seun dit en bou die huis self klaar.      Dit is 'n gewilde kompleks, word baie goed bestuur en onderhou en is finansieel gesond.  Ja, Lorraine was mos eers 'n plaas en dit het jare lank 'n plaasgevoel gehad, selfs nadat huise begin opgaan het.   Dit het lank gevat voor al die paaie geteer was.

Ons is gladnie tuinmaak mense nie. Het probeer lank terug maar jy kannie fyntuin maak met ń Rottweiller op die werf nie.😜😂

By my hou net sterk struike soos yokkas(?) ens en grasperk. Die Rottie het vir hom paadjies geharloop soos hy die erf patroleer het😭 

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 13:35

Spek, ons Staffie het ook 'n paadjie reg rondom die huis gehardloop.  (Dis nou 'n vorige, regte huis wat ek van praat).    Hy het  van die een hek na die ander hek gehardloop om beter te kan sien as hy iets of iemand voor in die straat sien of hoor.  Dit het party dae geklink soos 'n perd wat om die huis hardloop, so haastig was hy.laugh   Hy het ook baie goed plat getrap, was lief vir jag in die beddings.

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 15:56

Dankie Hennie.  Dit lyk mooi en baie netjies.  Ek hou van sulke groot beddings, veral as jy genoeg plek het daarvoor.   Ja, as jy gewoond is jou gras is mooi groen is dit nie lekker om te sien as die droogte hom knou nie.   Ons het altyd baie molle gekry, ten minste stoot hulle nie nou onder ons gras nie.

Centurion

Lolla

Sun, 09/12/2018 - 16:30

My lavender wat nog uitgeplant moet word. 

Lavender

Ons lyfies se speel plek

Speel plekkie

Ons sit hoekie 

Sit hoekie

Ons tuintjie is maar baie klein. Die 2 boompies (palm boom en kersboom) het ek geplant toe Anton jnr 3 maande oud was. Hulle was toe so 60cm hoog en nou so 5m hoog. 

Feetjie tuun

Ons voeltjies se bad en huisie. 

Voeltjies

Ons kruie tuintjie(die wat oorleef het van checkers Little garden) hehe

Kruie

Port Elizabeth

Antie

Sun, 09/12/2018 - 16:37

Lolla, tog te oulik.   Mens kan sien daar word genoeg geswing, die kabouters het al 'n sloot getrap.  Ek het ook 'n lavender in 'n pot.   Hy soek mos baie water, so mens moet daai pot nat hou anders raak hy stokkerig en hou op met blom.   Ek het op 'n stadium kruie geplant maar net die ment het bly groei.   Ek het seker maar nie groen vingers nie.