Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Rona en molle... Oktober 2026 saam gesels Wessel Strydom -3 minutes ago
donderbui.... Kgalagadi Oktober 2026 Wessel Strydom -8 minutes ago
Die weer in Dullstroom Oktober 2026 saam gesels Rona du Plessis -1 hour ago
Son is rof Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago
15 Oktober - vm Kgalagadi Oktober 2026 Chris Boucher -1 hour ago
Swak personeel Oktober 2026 saam gesels Geert -1 hour ago

Kampforum LOGO

Centurion
Submitted by Voortrekker on
Forums

Kampforum het 'n logo nodig. 

Ek dink dit is dalk 'n goeie idee dat forum lede die logo kan skep en kies!

Dit maak nie saak hoe die logo lyk nie, solank dit met die forum praat en weerspieel.  Dit kan net die woord KAMPFORUM wees met ander tipe font of iets, of dit kan 'n woordspeel logo wees of iets met 'n icon of prentjie.

Ek wil daarom graag lede uitnooi om idees op die tafel nee te sit.  As jy goed is met sulke dinge dan vra ek asseblief sit bietjie met pen en potlood en speel met idees.

Ek stel dan voor dat enige idees deur lede ingestem moet word, ek kan ook probeer om verder te tweak in Photoshop indien nodig.

 

Onthou, "copy rights"moet respekteer word wanneer prentjies ens gebruik word afkomstig van die internet.

Klerksdorp

Frans Pretorius

Thu, 11/05/2017 - 19:33

Jy kan dalk die fonts (setwerk) van logo op wit setwerk sit wat dikker wit lyne het on die swart beter te laat uitstaan op vuur agtergrond, sien caravanparks.com logo. (Kontras) 

0
Centurion

Voortrekker

Thu, 18/05/2017 - 09:55

Wilsur ek het 1 logo opgesit vir n week, toe n ander een (joune) vir nog n week ( hy is nou op).   Sover is daar nog net die 2  tipes wat deur jou en Segekok geplaas was.  Ek hoop regtig ons kan nog kry.

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Thu, 18/05/2017 - 09:59

Wat van as die logo nou gevestig is, n plakker maak. Ek weet sommige ouens hou nie van plakkers op hulle voertuie nie, maar as die plakker mooi lyk sal ek hom agter op my wa sit.

0
Secunda

Sleep nou

Fri, 19/05/2017 - 07:25

Ek hou die draad vyndop sodra julle logo het laar weet forum ek wil so logo op my trailer en nuwe wa sit sodra ek hom koop

0
Meyerton

Segekok

Mon, 22/05/2017 - 17:34

Hier is nog n probeer slag

Vol Kleur

 

Twee Kleur

Kan ook net die ovaal wees op enige kleur behalwe swart.  Dan sal dit nog steeds as n 2 kleur werk .

0
Bloemfontein

OOM JEEP

Wed, 24/05/2017 - 11:07

Ek hou nogal van Willem (wilsur)  se idee. Dis heeltemaal weg van enige omstrede gedagtes.

Myself is nie bekwaam vi so-iets nie. Gee my eerder n gadget om te bou wat kamp makliker en beter maak. Net nie vra vi n tekening nie, ons het dit nie in die vyftiger jare gehad op skool nie.

0
Vaalpark

Johann L

Wed, 31/05/2017 - 21:30

Wilsur Die draad raak nou te stil, Frans, waar is jy? Jy is ook mos behendig met die soort van goed.

Die laaste een van WilSur is ook mooi, jammer ek weet nie hoe om 'n inset te "quote" nie?

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus