Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -4 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

Karavaan agterligte probleme.

Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel
Submitted by GeesWatWandel on
Forums

`n Tyd gelede het ek my agterligte oopgemaak en mooi gediens. Of laat ek eerder se ek het dit mooi probeer diens.

Met my laaste kamp hier by die begin van die jaar toe ek terugkeer en toets voor ek ry sien ek toe dat daar weer van hulle is wat nie werk nie en weet toe sommer ook wat fout is. Dit was so 120 km wat ek moes terug ry en het maar die bullet gebyt en so terug gery. Niks daarvan gehou nie en moet dit reg maak.

Die probleem is nou, daar is sulke wit plastiek veertjies wat teen die bulbies druk om hul stewig te hou. Dit was baie bros en van hulle het gebreek met die laaste diens. Het toe maar so die veertjies met superglue en so aan probeer regmaak.

Die plastiek veertjies, weet iemand of mens dit kan los koop of sal ek die hele agterlig units moet vervang. ?

Groetnis en dankie vir enige moontlike raad.

 

Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Tue, 19/06/2018 - 16:35

Ag nee Danie man, moenie die Gees so slegte moed inpraat nie, ek is seker hy kan die gloei lampies nog gebruik dan hoef hy nie 'n hele karavaan koop nie.

Die ou sal dan ten minste R60 kan spaar??

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 20/06/2018 - 07:38

Gees doen jou self n baie groot guns....  vervang die ligte met LED's.  Het myne gedoen so 4 jaar gelede teen R350.00 en nog nooit weer n probleem gehad nie.  

As ek reg onthou het oom Willie Weet als nog op die ou nou Weg forum die hele ding mooi uit een gesit.

Die voordeel is dat daar nie n gloeilamp is wat kan blaas nie en dit kan ook nie los skud nie.

 

0
Pretoria

leeu

Wed, 20/06/2018 - 07:47

Ek sou dit graag wou sien hoe dit gedoen is. Willie is mos die Prolong ou?

Willie, plaas asb op die forum, sodat ons ook kan sien hoe word dit gedoen.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 20/06/2018 - 09:20

Oom Arie en oom Stadig, julle spot met spoke sien ek! Lig slaap vanaand, julle sal gespook word!

Dankie oom Seg,, wil graag meer uitvind. Ek het myne laas met LED bulbies vervang, maar dit is nogsteeds die indruk tipe op die basis. 

Soos die bulbies indruk is daar `n stuk plastiek betrokke wat gebreek is. Ek gaan die naweek fotos neem om mooi te wys.

My wa is `n Jurgens met daai langer "lig covers" agter.

Bedoel oom daar is dalk `n tipe "solid state" waar die LED`s saam cover alles ingebou is.

Die mense se ook dat LED`s omtrent vir ewig hou en dink daaraan om dalk vas te soldeer, maar sal eers wag, is nie so haastig nie.

Laat ek eers fotos neem die naweek en wys.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 20/06/2018 - 10:15

Het `n prentjie op die internet gekry om beter te verduidelik. Die wat met rooi omkring is. Dit is daai plastiek waarin die positiewe plaatjie indruk wat bros geraak het en gebreek is.

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 20/06/2018 - 10:37

Eureka! Het nou aan `n plan gedink.

Ek glo daai plastiek clips is taamlik universeel. Gaan die naweek n clip uithaal wat nog reg is en na die body parts shops gaan. Hul behoort van dit te he, indien nie kan ek `n light assembly of drie koop wat s`n dieselfde lyk. (dit is nou te se as hul baie goedkoop is, anders kan ek mos net sowel nuwe karavaan agterlig assemblies koop).

As daai clip gebreek is wil die plaatjie nie lekker veer om kontak te maak agter op die bulbie se agterkant nie.

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 20/06/2018 - 10:47

Ek het daai gedeelte met die clips uit gehaal.  Gewone wit LED's ( sulke rondes) in die plek gemonteer, Maar kan die klip terug sit as ek moet. Die lens se kleur gee die verlangde kelur van die ligte bv. rooi vir stop en amber vir die draai ens.  Selfs die nomerplaat liggie ook met n LED vervang..  

Geen gate geboor nie net met n Glue gun die liggies vas geplak en die bestaande drade met lugs geheg.   Vir my werk dit baie goed.  As ek dan nou dalk wil kan ek weer die ou goed terug sit maar ek sien nie dat dit ooit nodig sal wees nie.

Die ligte is ook meer helder as die oorspronklike.

 

0
Tussen hemel en hêl
Profile picture for user GeesWatWandel

GeesWatWandel

Wed, 20/06/2018 - 10:56

Oom Seg, ek hou baie van oom se plan, daai clips is net daar om mens se siel te verpes en LED`s hou omtrent vir ewig.

Ek gaan dit presies doen soos oom beskryf het.

Dankie, Baie

 

0
Pretoria
Profile picture for user Slowstrike

Slowstrike

Wed, 20/06/2018 - 11:27

Het al van die gebruik vir die motorfiets treiler Die ding hop maar rond so gloeilampe hou nie

Hierdie is by Communica maar die China shops is baie baie goedkoper

 

0
Meyerton
Profile picture for user Segekok

Segekok

Wed, 20/06/2018 - 13:42

Gees as jy dit doen, neem sommer so n paar fotos ens. dan kan jy mos nou vir al die ander wat dit ook graag wil doen wys hoe.  Dalk word jy Gees weet als...

 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Wed, 20/06/2018 - 14:36

Gesie dan noem ons jou GWA, of Gees weet als, maar om daai naam waardig te wees sal jy moet Prolong ook begin gebruik.

Ek verneem dit werk ook goed in plaas van Viagra???

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 20/06/2018 - 20:45

Ek het ook my sleepwa se ligte met led gloeilampies vervang, dit was, vir my, te dof op die Penta.

Ek beplan om die Penta se agter ligte ook met leds te vervang, dit lê reeds hier in my toolshed. (Daai vierkantige blokkies wat uit vier leds bestaan, hulle is baie skerper as die gloeilampies) 

Sal ook hier dophou, ek het darem nog heelwat tyd, die gewone ou gloeilampe irriteer my erg dit bly los skud, en dan moet mens die hele lig af haal, en die houertjies met 'n tang toe knyp.

 

0
Daspoort Pretoria
Profile picture for user Willem Brits

Willem Brits

Thu, 21/06/2018 - 10:08

Ek het ook so paar van daai 4 in 'n vierkant.  Moet net nie die "warm" een vat nie hy is baie flou.

LED Sales

Clear Blue - D-LED Module 1.5W - (Backlit)  R 34.50 Incl.

Clear Blue - D-LED Module 1.5W - (Backlit)

LED HLC Module Cool White 4 LEDs 1.44 Watt Samsung Powered IP67  R 47.15 Incl.

LED HLC Module Cool White 4 LEDs 1.44 Watt Samsung Powered IP67

2W Wide Angle - 4LED  R 40.25 Incl.

2W Wide Angle - 4LED

7W 12V-DC Round Led Replacement Light  R 58.65 Incl.

Daar is 'n klomp van hierdie met verskillende sterktes.

7W 12V-DC Round Led Replacement Light

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus