`n Tyd gelede het ek my agterligte oopgemaak en mooi gediens. Of laat ek eerder se ek het dit mooi probeer diens.
Met my laaste kamp hier by die begin van die jaar toe ek terugkeer en toets voor ek ry sien ek toe dat daar weer van hulle is wat nie werk nie en weet toe sommer ook wat fout is. Dit was so 120 km wat ek moes terug ry en het maar die bullet gebyt en so terug gery. Niks daarvan gehou nie en moet dit reg maak.
Die probleem is nou, daar is sulke wit plastiek veertjies wat teen die bulbies druk om hul stewig te hou. Dit was baie bros en van hulle het gebreek met die laaste diens. Het toe maar so die veertjies met superglue en so aan probeer regmaak.
Die plastiek veertjies, weet iemand of mens dit kan los koop of sal ek die hele agterlig units moet vervang. ?
Groetnis en dankie vir enige moontlike raad.
Ag nee Danie man, moenie die…
Ag nee Danie man, moenie die Gees so slegte moed inpraat nie, ek is seker hy kan die gloei lampies nog gebruik dan hoef hy nie 'n hele karavaan koop nie.
Die ou sal dan ten minste R60 kan spaar??
LED's is jou antwoord
Gees doen jou self n baie groot guns.... vervang die ligte met LED's. Het myne gedoen so 4 jaar gelede teen R350.00 en nog nooit weer n probleem gehad nie.
As ek reg onthou het oom Willie Weet als nog op die ou nou Weg forum die hele ding mooi uit een gesit.
Die voordeel is dat daar nie n gloeilamp is wat kan blaas nie en dit kan ook nie los skud nie.
Ek sou dit graag wou sien…
Ek sou dit graag wou sien hoe dit gedoen is. Willie is mos die Prolong ou?
Willie, plaas asb op die forum, sodat ons ook kan sien hoe word dit gedoen.
Oom Arie en oom Stadig,…
Oom Arie en oom Stadig, julle spot met spoke sien ek! Lig slaap vanaand, julle sal gespook word!
Dankie oom Seg,, wil graag meer uitvind. Ek het myne laas met LED bulbies vervang, maar dit is nogsteeds die indruk tipe op die basis.
Soos die bulbies indruk is daar `n stuk plastiek betrokke wat gebreek is. Ek gaan die naweek fotos neem om mooi te wys.
My wa is `n Jurgens met daai langer "lig covers" agter.
Bedoel oom daar is dalk `n tipe "solid state" waar die LED`s saam cover alles ingebou is.
Die mense se ook dat LED`s omtrent vir ewig hou en dink daaraan om dalk vas te soldeer, maar sal eers wag, is nie so haastig nie.
Laat ek eers fotos neem die naweek en wys.
Het `n prentjie op die…
Het `n prentjie op die internet gekry om beter te verduidelik. Die wat met rooi omkring is. Dit is daai plastiek waarin die positiewe plaatjie indruk wat bros geraak het en gebreek is.
Eureka! Het nou aan `n plan…
Eureka! Het nou aan `n plan gedink.
Ek glo daai plastiek clips is taamlik universeel. Gaan die naweek n clip uithaal wat nog reg is en na die body parts shops gaan. Hul behoort van dit te he, indien nie kan ek `n light assembly of drie koop wat s`n dieselfde lyk. (dit is nou te se as hul baie goedkoop is, anders kan ek mos net sowel nuwe karavaan agterlig assemblies koop).
As daai clip gebreek is wil die plaatjie nie lekker veer om kontak te maak agter op die bulbie se agterkant nie.
Ek het daai gedeelte met die…
Ek het daai gedeelte met die clips uit gehaal. Gewone wit LED's ( sulke rondes) in die plek gemonteer, Maar kan die klip terug sit as ek moet. Die lens se kleur gee die verlangde kelur van die ligte bv. rooi vir stop en amber vir die draai ens. Selfs die nomerplaat liggie ook met n LED vervang..
Geen gate geboor nie net met n Glue gun die liggies vas geplak en die bestaande drade met lugs geheg. Vir my werk dit baie goed. As ek dan nou dalk wil kan ek weer die ou goed terug sit maar ek sien nie dat dit ooit nodig sal wees nie.
Die ligte is ook meer helder as die oorspronklike.
Oom Seg, ek hou baie van oom…
Oom Seg, ek hou baie van oom se plan, daai clips is net daar om mens se siel te verpes en LED`s hou omtrent vir ewig.
Ek gaan dit presies doen soos oom beskryf het.
Dankie, Baie
Het al van die gebruik vir…
Het al van die gebruik vir die motorfiets treiler Die ding hop maar rond so gloeilampe hou nie
Hierdie is by Communica maar die China shops is baie baie goedkoper
Dankie oom Slowstrike, ook…
Dankie oom Slowstrike, ook vir daai website (communica), daar is lekker electronics.
Gees as jy dit doen, neem…
Gees as jy dit doen, neem sommer so n paar fotos ens. dan kan jy mos nou vir al die ander wat dit ook graag wil doen wys hoe. Dalk word jy Gees weet als...
Gesie dan noem ons jou GWA,…
Gesie dan noem ons jou GWA, of Gees weet als, maar om daai naam waardig te wees sal jy moet Prolong ook begin gebruik.
Ek verneem dit werk ook goed in plaas van Viagra???
Aaai, om alles te weet klink…
Aaai, om alles te weet klink vir my na te veel werk. Om `n Prolong te he klink na nog meer werk.
.
Gees jy het nie nodig om als…
Gees jy het nie nodig om als te weet nie.... jy moet net laat die ander dink jy weet als
Hou ou gesie dop
Ek hou die fotos dop ou gesie dan kan ek my trailer ook doen sterkte
Shaun nou dat jy praat... …
Shaun nou dat jy praat... Ek het my trailer se ligte ook gedoen. Het al vergeet
Ek het ook my sleepwa se…
Ek het ook my sleepwa se ligte met led gloeilampies vervang, dit was, vir my, te dof op die Penta.
Ek beplan om die Penta se agter ligte ook met leds te vervang, dit lê reeds hier in my toolshed. (Daai vierkantige blokkies wat uit vier leds bestaan, hulle is baie skerper as die gloeilampies)
Sal ook hier dophou, ek het darem nog heelwat tyd, die gewone ou gloeilampe irriteer my erg dit bly los skud, en dan moet mens die hele lig af haal, en die houertjies met 'n tang toe knyp.
Ek het ook so paar van daai…
Ek het ook so paar van daai 4 in 'n vierkant. Moet net nie die "warm" een vat nie hy is baie flou.
LED Sales
Clear Blue - D-LED Module 1.5W - (Backlit) R 34.50 Incl.

LED HLC Module Cool White 4 LEDs 1.44 Watt Samsung Powered IP67 R 47.15 Incl.

2W Wide Angle - 4LED R 40.25 Incl.

7W 12V-DC Round Led Replacement Light R 58.65 Incl.
Daar is 'n klomp van hierdie met verskillende sterktes.






Jy sal maar `n nuwe karevaan…
Jy sal maar `n nuwe karevaan moet loop koop.............