Ai, maar dit is 'n gesukkel om my forumvriende sover te kry om te gesels !
Terwyl ek nou so deur die kommentare lees van almal se vaardighede, kennis en lewenswyshede, wonder ek wat is die onderskeie beroepe van ons forumlede, of as jy afgetree is, wat was jou beroep destyds ? Ek dink dit behoort nogal interessant te wees om 'n forumnaam te sien in die konteks van sy/haar jare lange beroep/beroepe.
Wie gaan begin of is dit nou 'n simpel voorstel ?
Dankie............
Dankie Anton vir die afskop........... Ek onthou toe jy 'n tyd terug hier by my gekuier het, het jy my ook vertel en nou is my geheue weer verfris.
Nou is dit seker my beurt :- My hele loopbaan van amper 44 jaar was in handelsbankwese. Ek het in Pretoria by 'n tak van Volkaskas begin werk en is 3 jaar later na die bank se hoofkantoor verplaas. Kort daarna is ek as die assistent van 'n bankinspekteur aangestel en dis hier waar my kampering begin het. Ek en my wederhelfte het 'n karavaantjie aangeskaf waarin ons permanent vir drie jaar deur die hele land getoer het. Vandaar is ek weer na die bank se hoofkantoor in Pretoria verplaas, toe na die streekhoofkantoor in Pretoria en daarna na die streekhoofkantoor in Johannesburg. Volkskas en United het toe saamgesmeld as Absa en ek is toe weer Kaapstad toe verplaas. Vandaar is ek gesekondeer na 'n bank in Zimbabwe waar ons sewe jaar gebly het en toe is ek gesekondeer na 'n bank in Angola. Daarna het ek afgetree. Ek was voortdurend betrokke by die bedryf-gedeelte (die "operations") van die bank. Snaaks genoeg, die kroon van my loopbaan is gespan gedurende my sewe jaar in Zimbabwe - ek was daar voor, tydens en na Mugabe se onteiening van blanke boere se plase. Ek het daar die eens vooruitstrewende Afrikaland ervaar, daarna die trauma van die wrede ontseteling van boere en later die totale verval van die land en sy ekonomie. Dwarsdeur hierdie tydperk moes ons spook om 'n bankrotbank se deure oop te hou en om te skakel na 'n moderne bank wat nog vandag die grootste en bes bestuurde bank in Zimbabwe is.
Ek sou my loopbaan nooit anders wou gehad het nie.
Ek was eers 'n privaat…
Ek was eers 'n privaat sekretaresse vir 9 jaar maar het in 1976 begin werk by 'n markagentskap op die Port Elizabeth se varsprodukte mark. Aanvanklik was ek in beheer van die kantoor en boekhouding maar toe die bestuurder aftree in 1995 het ek bestuurder geword. Ek het die pos beklee tot ek afgetree het in 2016, dus 40 jaar by dieselfde besigheid gewerk.
'n Markagent is nie 'n groentestalletjie nie.
Die boere laai vragmotors vol produkte (10 - 30 ton) by die agent af, wat dit dan op kommissie basis aan die supermarkte, verwerkers, hawkers en publiek verkoop. Die agentskap het 'n trustrekening, waarin die boere se geld moet gaan en is gebonde aan baie streng regulasies en wette. Oortree dit en jy kan maklik jou lisensie verloor.
Ek dink daar is 17 nasionale markte in die land. Johannesburg s'n is toonaangewend en slaan die kitaar. Hulle is geweldig groot. Dan volg Kaapstad, Pretoria en Durban. 'n Goeie verkoopsman in Johannesburg wat baie produkte kry, verdien lag-lag meer as hoogs besoldigde mense met grade. Die Baai se mark kom natuurlik nie naby hierdie markte, wat omset aanbetref nie.
My werk was vir my net 'n plesier. Ek het baie boere, regoor die land, leer ken en liefkry. Dit is hoekom ek so ontsteld raak as die regering nie bereid is om hulle tegemoet te kom en hul belange te beskerm nie. En as hulle so vermoor word op hul plase! Droogtes, vloede en ander natuurrampe, laat my ook altyd aan die boere dink.
Spook en nogmaals spook, ń…
Spook en nogmaals spook, ń gees se werk hou nooit op nie.
Jip, ek neem deel aan…
Jip, ek neem deel aan kampforum ?. Hier baie outoppies wat spook nodig het. ?
Ja partykeer, as hul ń…
Ja partykeer, as hul ń bemanningslid nodig het dan gee captain Kirk die opdrag en Spock beam my dan op. ?
Nie geweet spoke kan ge -…
Nie geweet spoke kan ge -"beam" word nie ![]()
Ja, wag maar Segekok en…
Ja, wag maar Segekok en Voortrekker! Lennie sal julle uitsort oor julle sy draad kaap met spoke en geeste!
Laat neef ook maar vertel…
Laat neef ook maar vertel. Na n poging op Tukkies in 1975 om wetenskaplike te word moes ek aftog blaas en mynbou toe skuif, het immers in Witbank gewoon, en kollege was gratis.
Maak klaar, trou en werk regtig lekker, totdat my swaer en skoolvriend van std 6 af my vra om hom te kom uithelp tydens my verlof een Desember. Hy het saam sy pa wat n loodgieter was gewerk, en die oom was siek en dus kon hy nie aleen byhou met die werk nie. So ry ek toe sy bakkie met die manne wat werk ken vir drie weke rond en doen onderhoud. Loer maar so oor die skouer van die manne, dis praktiese handewerk, en eenvoudig. Na die drie weke moet ek terug myn toe, maar swaer gee my n tjek om dankie te se, meer as dubbel my maandelikse salaris ! Hy verduidelik dat dit is die bedrag wat ek toekom, en dat hy wil he ek moet asb saam hom kom werk, hy gee my 50% aandeel in besigheid.
My familie was ontstoke oor die wat ek nou sekuriteit opgee, praat nie eers van medies en pensioen nie, en behuiding wat net R 10.00/maand was met krag ook nog ingesluit. Het toe plumber geword, vaktoets die lot. Baie suksesvol, besigheid gegroei, later hospitale,skole,komplekse se konstruksie loodgietery gedoen. Op n dag is daar genoeg in bank om n huis n Knysna te koop, wou eendag daar gaan aftree. Net na die huis gekoop is, jeuk dit om in Knysna te vestig, permanent, Witbank se besoedeling het dogters se gesondheid baie beinvloed.
Vennoot en ek bespreek dit, en so gaan ons paaie uit mekaar. Hy het Richardsbaai toe verhuis en n drankwinkel gekoop, die het hom in sy graf in, sy bynaam was nie verniet Willie wyn nie. Intussen is daar onderhandel met n loodgietersbesigheid in Knysna om n aandeel te bekom, en dit is ook gedoen. Wat n wonderlike lewe het ons nie, geld was min, Knysna het bitter min permanente inwoners, maar die lewens kwaliteit onbeskryflik. En so gebeur dit dat n konstruksie maatskapy my vra om by hulle aan te sluit. Na 6 maande word ek vennoot, die skuif was natuurlike vordering in die bouwereld, en daar bly ek totdat my aandele uitgekoop word 13 jaar gelede.
Teen die tyd was my aftreebeplanning al goed op dreef, en doen slegs konsultasiewerk. Die tyd wat ek in konstruksie was, het my goed toegerus om goeie bestuurder te wees, met tye was ek gevra om projekte wat ontspoor, weer op dreef te kry. So het ek nogals wyd gewerk op mooi plekke, selfs verlate tropiese eilande. Die beste tyd van my loopbaan, om n wesentlike verskil te maak op n projek, en baie goeie vergoeding te ontvang.
Met die tyd saam minder werk aanvaar, tot waar ek vandag hoop daar kom nie meer iets nie, die karring hier is darem net te lekker.
Vluit vluit, my storie is uit.![]()
Dit was nou interessant om…
Dit was nou interessant om te lees, Herman. Ek glo nie dit sou met jou beter gegaan het as jy wel 'n wetenskaplike geword het nie. Jy het gedoen waarvoor jy aangelê was en dit boonop geniet en goed gedoen daaruit. Nou sien ek hoekom jy sulke allerhande goeters met jou hande kan doen.
Ek het 1970 te Allanridgde…
Ek het 1970 te Allanridgde op Lorain Gold Mines as appie elektriesien begin werk, later oor gegaan na "Sampling", en toe opmeter (Surveyer of landmeter). Daarna is ek ESKOM toe en het as computer operator begin werk, later bevorder tot hoof van Vierfontein,Vaal,Taaibos en Highveld kragstasies se Admin.
Met die retrenchments in 1988, is ek na Lethabo kragstasie as rekenmeester oor geplaas, en het my Bcom graad in 1995 gevang (deeltyds gestudeer). Daar was ek tot en met my vroeë aftrede in 1998.
Ek het toe vir 'n Volwasse Basiese Opleiding (ABET) gewerk vir drie jaar, maar moes tot meer as 10 000 kilometer per maand ry om opleiding sentrums te besoek.
Vriende van ons het my toe gekontak om hulp te soek met hul finnsieële departement, en daar het ek later aandele gekry en baie lekker gewerk tot ek 2016 finaal met pensioen gegaan het.
My "werk loopbaan" van 46 jaar was nie altyd rose en maanskyn nie, daar was baie tye wat ek bitter spyt was dat ek nie my ambag as elektriesien voltooi het nie, maar gedane sake het geen omkeer nie.
Nou sit ons en geniet ons oudag vol uit, want ons is mos nog jonk, ek en my vrou besef vandag, die waarde van saam oud word, saam harde bene kou, en saam werk aan 'n huwelik.
Terwyl ek nog gewerk het, het ek altyd my loopbaan soos 'n huwelik beskou, gee jou alles, en jy sal die vrugte pluk van jou arbeid.
My maggies, 'n plumber en 'n…
My maggies, 'n plumber en 'n electrician
In my lyn van werk doen ons "electrical plumbing"? Sout (NaCl) + water (H20) + elektrisieteit = HOCL en NaoH ![]()
Oom Neef, jou storie is vir…
Oom Neef, jou storie is vir my inspirerend. Na n retrenchment in my jonger jare by Telkom is ek erg bang en dink nie dit is moontlik vir my kop om daai skuif te maak nie. Eendag loop daar drie exec's in, hul roep ons bymekaar en vertel ons van die retrenchments. n Maand of so later sit ons toe op straat, sommer net so.
Nou n staatsamptenaar en klou met alle mag vas aan wat ek het. Het al n paar lukratiewe offers van privaat maatskappye gehad maar kan eenvoudig nie kop orienteer vir daai sprong. Dink daai sny was te diep.
In 1964 einde van die…
In 1964 einde van die skooljaar besluit die ou ek is eintlik voleerd en g'n onnie kan my nog iets by leer nie. Met 'n std 8 sertifikaat en 'n NTS1 sertifikaat, ouens op tegniese skole kry mos twee kwalifikasies elke jaar, gaan soek ek toe maar vir my werk.
My pa was vir een of ander rede hewig onsteld oor die besluit van my, en reken toe as die skool oopmaak in 1965 sleep hy my aan my oor terug skool toe, dus loop ek toe maar weg by die huis.
Kry toe werk by 'n konstruksie maatskappy as vakleering 'carpenter", skryf ambagtoets by Olifantsfontein na drie jaar, en kry my ambagsman sertifikaat. Skuif na 'n groter siviele Ingeneurs maatskappy in 69, word terein bestuurder in 1971, gaan skryf weer 'n toets by Olifantsfontein en kwalifiseer as Meestervakman.
In 1972 besluit ek ek om my eie besigheid te begin, en bou toe heelwat spekulasie huise, en later so paar meenthuise komplekse, almal op spekulasie basis. Geld is goed, leef soos 'n klein koningkie, glo dat geld nooit kan opraak nie, en draai op die randjie van bankrotskap om. Duur les gewees, maar mens dink mos as jy jonk is dat die goeie lewe nooit sal ophou nie. Duur vinnige motors, motorfietse, baie vriende en partytjies elke Saterdag by ons huis, vleis drank en alles voorsien deur my. Snaals toe dinge begin skeef loop toe het ek net een vriend oor??
So middel 1998 sit ek toe met geen geld, vrou en twee kindertjies en geen werk, met omtrent geen akademiese kwalifikasie nie. Sien toe my pa was eintlik nogal reg toe hy my wou terugsleep skool toe. ek het darem gelukig toe al jare terug vrede gemaak en weer versoen met my ouers.
Kry werk by Gevangenisdiens as instrukteur, en maak my matriek en ook NTS3 deeltyds op hulle koste. Begin 1980 bedank ek by hulle en kry werk by Allied bougenootskap. Begin by hulle werk as bouinspekteur. Op hulle koste begin ek toe deeltyds swot as bourekenaar, en spesialiseer toe later in eiendomswaardasies.
Allied United en Volkskas smelt saam en ek word verplaas na Streekkantoor Pta. Registreer by die Raad van eiendomswaardeerders as Profesionele waardeerder. Word oorgeplaas Bloemfotein streekantoor, en word intussen gekies as voorsitter van die Instituut van eiendomswaardeerders, met 'n spesifieke portefeulje vir opleiding. In 2000 bevorder na Nas. bestuurder in Joburg waar ek toe werk tot ek op pensioen gegaan het. Het intussen by UP nagraadse kwalifikasie as "Spesialis Industrieele en Komersieele Praktiseerder" gekry.
Word genader deur 'n groot internasionale bourekenaars firma om by hulle te kom werk en dan hoofsaaklik risiko bestuur te doen, 3 jaar daar gewerk toe word ek genader deur 'n groep wat 'n klein 'nis" bank wou begin.
Daar het ons gespook om die bank van die grond af te kry, redelik suksesvol gewees, maar ongelukig het die wereld ekonomiese resesie ons baie hard geslaan, nog te klein en jonk gewees om dit te kon weerstaan.
Gelukig kon ons ons lenings boek aan 'n ander bank verkoop, teen 'n verlies natuurlik.
Ons het op daai stadium 230 personeel gehad, ons kon hulle almal skeidingspakette gee, maar ons direkteure het met niks uitgestap.
Toe dat ek besluit om maar finaal op my bas te sit en niks doen.
Sleep nou, beteken dit jy…
Sleep nou, beteken dit jy het nou die KUNS om MIS te praat bemeester??
Hemel..........
Hemel, baie dankie mense, dit was nou vir my heerlike, interessante leesstof. Nou eers begin ons mekaar ordentlik ken !
Ek hoop daar kom nog stories.





Len, ek werk al vir die…
Len, ek werk al vir die laaste 18 jaar met elektroliese, vervaardiging van vriendelike oksiderende middels, ons grootste klient is coke. Ek verkoop die sisteme aan kliente wêreldwyd.
Ek het begin as tegnikus en toe ontwerp en vervaardiigng gedoen vir klompie jare, toe begin om groot integrasies te doen en nou doen ek tegniese verkope.
Ek werk ook vir kampforum.co.za