Ek weet ek het net 'n 4x2 en nie 'n 4x4 nie maar hoop iemand sal my kan help hier met die spaarwiel ketting onder die voertuig, hier is slim omies op die forum.
Ek het met die op sit van die sleepstang die spaarwiel afgehaal en wou hom na die tyd terugsit maar die ketting het toe besluit om vas te haak en nie weer op te draai nie.
Kan ek die eenheid diens as ek hom afhaal of sal ek hom moet vervang?
Die voertuig is ongelooflik vol modder aan die onderkant. Ek vandag die spaarwiel ook gewas wat vol modder was.
Gerhard, ek sou dit afhaal…
Gerhard, ek sou dit afhaal en dan verder besluit. Het dit nog nie voorheen gedoen nie, maar volgens die foto lyk dit of dit kan gediens en of oop gemaak word. Dalk maar net smering

Spaar wiel ketting
Gerhard ja jy kan die kontrepsie afhaal .Dit gebeur dat al die water en modder die ketting lat roes en dan wil die skakels van die ketting nie mooi werk .Ek het dit op my Isuzu gedoen laat le die hele ding in bak met paraffin vir n dag en dan worstel jy daai ketting los .
Baie Dankie
Baie dankie vir almal se raad en hulp.
Sal hom verseker die week nog afhaal en in paraffin gooi en hom dan veg tot hy besluit hy werk weer. ![]()
Vandag het ek toe...
Vandag het ek toe tyd gekry om die ketting reg te maak. Afgehaal, uitmekaar gehaal, reg gemaak en terug gesit. Die spaarwiel nou weer terug op sy plek ![]()
Ketting het op gekoek in die housing
Al die parte
Nuwe gries
Spaarwiel op sy plek met dust cover nou
Mooi so, dit is lekker om…
Mooi so, dit is lekker om self reg te maak en spaar baie geld.
Gerhard, nou is daai spaar…
Gerhard, nou is daai spaar wiel weer reg vir die dinge. Ek moet ook bietjie kyk of myne nog redelik maklik is om af te haal, dankie vir die tip?





Foto's