My trippel wiel jockey het sy moses teen gekom, so paar harde stampe en stote en die een wiel is moeg geploeg.
Na baie gesoek en navrae by verskillende verskaffers in die Vaal Drie Hoek, kon ek nie reg kom met wat ek wil hê nie. Ek soek weer 'n trippel wiel, maar dit moet lae profiel rubber wees. Al wat ek wou doen, is om die wieletjies uit te haal, en met nuwes vervang.
Gister (10/07/18) stop ons by Loftus Karavane, en daar kry ek beter as wat ek gehoop het?
Nuwe Jockey…
Nuwe Jockey.
Die nuwe jockey is soliede rubber (direk op die bearing), geen rim wat kan los trek nie, en is 100mm breed. Dit lyk meer soos 'n tipe van PVC as rubber?
Dit pas perfek in my bestaande "shaft" en, trek mooi op in die A-raam, sou ek wel so wou ry, maar ek gaannsteeds die wiel uit haal, en in die kattebak sit terwyl ek ry.
Daai nuwe wiel lyk vir my of…
Daai nuwe wiel lyk vir my of hy jou baie meer gemak gaan gee.
Die eerste ding wat ek op my waentjie vervang het was die stupid rubber wiel ding (soos joune) wat jurgens oorspronlik opgesit het. Ek het ook so 'n blou platterige een opgesit, maar die blou rubber is baie sterker en hy loop ook baie beter.
Anton, ek het eintlik 'n…
Anton, ek het eintlik 'n ordentlike opblaas wiel gesoek, maar kry nêrens in SA een wat die gewig en stampe gaan dra nie. Ek het 'n groen dubbel wiel jockey gehad, (voor die trippel wiel) maar dit kon nie "uit val " nie, en ook nie hoog genoeg in die a-raam op lig nie.
Ek was bietjie om gekrap met die oukie by Loftus, hy wou R1500 vir die wiel met vutk hê, maar ek het vas gebyt op R1000. na my mening steeds bietjie te veel, maar ja, ek wou dit hê. Dit is nou maar wat gebeur as twee harde koppe wil bargain oor 'n prys.?
Ek het castor en ladder toe…
Ek het castor en ladder toe gegaan en die hele jockey saamgeneem, hulle het toe gehelp met 'n nuwe wiel /as wat in die oorspronlike jockey kon pas. R120 en nou het ek 'n wiel wat nooit gaan probleme gee nie ![]()
Die jockeys en wiele wat by die karavaan en trailer plekke as standaard verkoop word is buitensporig duur en is daar eintlik beter Industriele opsies beskikbaar vir goedkoper.
Ja swaer, is swaar swaer,…
Ja swaer, is swaar swaer, ons ouens hier in die Vuil Drie Hoek ken mos nie al daai plekke nie en moet maar verlief neem met wat tot ons beskikking is.
Hi Johan, watse gewig praat…
Hi Johan, watse gewig praat jy van. My skoonseun het nou opblaas wieletjies gekoop wat hy gebruik vir 'n karavaan mover. Dieselfde wat gebruik word op the 4trac movers.
Johann, nou hoekom stamp jy…
Johann, nou hoekom stamp jy die jockey wiel, en dan verral, hoekom 'stoot" jy die ding?????
Ek sien jy se die "RUM" nou kyk as daai nuwe wieletjie op RUM loop sal hy tops wees.
Hennie ek wou graag na 'n…
Hennie ek wou graag na 'n wiel kyk van so 150Kg, ek het een gehad wat 90Kg @3 bar kon hanteer. Die natuur het sy leeftyd drasties verkort.
Jammer ek het nou reeds gekoop, sou graag meer wou weet van jou seun se specs op sy wiel?
Arie, ek het heelwat plaveisel hier in my erf, en moes ook baie plaveisel trotseer by oorde.
Die movers voel nie daai jocjey wiel nie, en het geen ontsag vir die ding nie?
Johann, ek het vir jou 'n…
Johann, ek het vir jou 'n epos gestuur.
Anton, ek het nou na hulle…
Anton, ek het nou na hulle site gaan kyk en ek glo dat van die wiel vir 'n leeftyd op 'n gewone treiler sal bly. Ek het verlede jaar my jockey op die venter vervang en die wielietjie alreeds beskadig. Daai treiler loop net een maal 'n jaar.
Hennie, ek kan nie verstaan…
Hennie, ek kan nie verstaan dat hulle sulke patetiese wiellietjies vir die trailers voorskryf nie ![]()
My vervanging. Hy het al…
My vervanging. Hy het al baie gewerk. Waentjie vol gelaai met groot tent op.
En ek het nogal myne by AL…
En ek het nogal myne by AL-KO self gekoop so jaar of wat terug, kan nie onthou nie.
Hennie, weereens baie dankie vir jy en jou skoonseun se vinnige hulp, ek dink ek moet in elk geval vir my so wieletjie kry, kan mos geen skade doen nie.
Johan, so bly dat ons jou in…
Johan, so bly dat ons jou in die regte rigting kon help. Ons het gisteraand die mover getoets met daai wiele en hy loop mooi. Paar klein veranderings moet aangebring word met die handvatsel en dan anti tiep wiel wat ook vasgesit moet word.
Hennie, het jou skoonseun…
Hennie, het jou skoonseun die Rockey Jockey?
Ek het by Loftus so tipe van Rockry Jockey gesien, maar dit is baie groot, vier wiele, twee vir dryf en twee vir stuur. Dit werk net 'n normale kar batery. Spyt ek het nie prys gevra, of fotos geneem nie.
Hi Johann, nee ons het ons…
Hi Johann, nee ons het ons eie mover gemaak maar basies gebasseer op die 4Track soos by Loftus. Die een by Loftus het die 4 groot wiele op. Jy kan op hulle web gaan kyk. Ja, hy is bulky en weeg so om en by 45kg.

Dis 'n pragtig mover, Hennie…
Dis 'n pragtig mover, Hennie. Dit is lekker as hy op 12V werk, geen drade wat pla nie. Hoe sterk is die motor, in Wattage?
My Rocky Jockey is 220V en die draad is ALTYD in die pad.





So lyk die slegste van die…
So lyk die slegste van die drie wieletjies.