Nuutste Forum Insette onderwerp deur:
Goeie hout... November 2026 Wessel Strydom -46 minutes ago
Wessel November 2026 Rona du Plessis -2 hours ago
Anton Voortrekker November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Dinokeng camp and Leisure November 2026 Wessel Strydom -4 hours ago
Johann, November 2026 Rona du Plessis -4 hours ago
Wessel November 2026 Johann L -6 hours ago

Jockey Kaskenades.

Vaalpark
Profile picture for user Johann L
Submitted by Johann L on
Forums

My trippel wiel jockey het sy moses teen gekom,  so paar harde stampe en stote en die een wiel is moeg geploeg.

Na baie gesoek en navrae by verskillende verskaffers in die Vaal Drie Hoek, kon ek nie reg kom met wat ek wil hê nie. Ek soek weer 'n trippel wiel, maar dit moet lae profiel rubber wees. Al wat ek wou doen, is om die wieletjies uit te haal, en met nuwes vervang.

Gister (10/07/18) stop ons by Loftus Karavane,  en daar kry ek beter as wat ek gehoop het?

Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 19:13

So lyk die slegste van die drie wieletjies.

Jockey
Let op hoe los is die rum van die rubber 
Jockey
Kyk hoe het die rum van die bearing los geskeur.

 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 19:20

Nuwe Jockey.

Jockey

Die nuwe jockey is soliede rubber (direk op die bearing), geen rim wat kan los trek nie, en is 100mm breed. Dit lyk meer soos 'n tipe van PVC as rubber? 

Dit pas perfek in my bestaande "shaft" en, trek mooi op in die A-raam, sou ek wel so wou ry, maar ek gaannsteeds die wiel uit haal, en in die kattebak sit terwyl ek ry.

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/07/2018 - 19:26

Daai nuwe wiel lyk vir my of hy jou baie meer gemak gaan gee.

Die eerste ding wat ek op my waentjie vervang het was die stupid rubber wiel ding (soos joune) wat jurgens oorspronlik opgesit het. Ek het ook so 'n blou platterige een opgesit, maar die blou rubber is baie sterker en hy loop ook baie beter.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 20:02

Anton, ek het eintlik 'n ordentlike opblaas wiel gesoek, maar kry nêrens in SA een wat die gewig en stampe gaan dra nie. Ek het 'n groen dubbel wiel jockey gehad, (voor die trippel wiel) maar dit kon nie "uit val " nie,  en ook nie hoog genoeg in die a-raam op lig nie.

Ek was bietjie om gekrap met die oukie by Loftus, hy wou R1500 vir die wiel met vutk hê, maar ek het vas gebyt op R1000. na my mening steeds bietjie te veel, maar ja, ek wou dit hê. Dit is nou maar wat gebeur as twee harde koppe wil bargain oor 'n prys.?

0
Centurion
Profile picture for user Voortrekker

Voortrekker

Wed, 11/07/2018 - 20:09

Ek het castor en ladder toe gegaan en die hele jockey saamgeneem, hulle het toe gehelp met 'n nuwe wiel /as wat in die oorspronlike jockey kon pas.  R120   en nou het ek 'n wiel wat nooit gaan probleme gee nie smiley

Die jockeys en wiele wat by die karavaan en trailer plekke as standaard verkoop word is buitensporig duur en is daar eintlik beter Industriele opsies beskikbaar vir goedkoper.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Wed, 11/07/2018 - 20:15

Ja swaer, is swaar swaer, ons ouens hier in die Vuil Drie Hoek ken mos nie al daai plekke nie en moet maar verlief neem met wat tot ons beskikking is. 

0
Waar my wa staan
Profile picture for user Arie

Arie

Thu, 12/07/2018 - 07:50

Johann, nou hoekom stamp jy die jockey wiel, en dan verral, hoekom 'stoot" jy die ding?????

Ek sien jy se die "RUM" nou kyk as daai nuwe wieletjie op RUM loop sal hy tops wees.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/07/2018 - 09:39

Hennie ek wou graag na 'n wiel kyk van so 150Kg,  ek het een gehad wat 90Kg @3 bar kon hanteer. Die natuur het sy leeftyd drasties verkort.

Jammer ek het nou reeds gekoop, sou graag meer wou weet van jou seun se specs op sy wiel? 

Arie, ek het heelwat plaveisel hier in my erf, en moes ook baie plaveisel trotseer by oorde.

Die movers voel nie daai jocjey wiel nie, en het geen ontsag vir die ding nie?

0

Anton, ek het nou na hulle site gaan kyk en ek glo dat van die wiel vir 'n leeftyd op 'n gewone treiler sal bly. Ek het verlede jaar my jockey op die venter vervang en die wielietjie alreeds beskadig. Daai treiler loop net een maal 'n jaar.

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/07/2018 - 14:25

En ek het nogal myne by AL-KO self gekoop so jaar of wat terug,  kan nie onthou nie.

Hennie, weereens baie dankie vir jy en jou skoonseun se vinnige hulp, ek dink ek moet in elk geval vir my so wieletjie kry,  kan mos geen skade doen nie.

0

Johan, so bly dat ons jou in die regte rigting kon help. Ons het gisteraand die mover getoets met daai wiele en hy loop mooi. Paar klein veranderings moet aangebring word met die handvatsel en dan anti tiep wiel wat ook vasgesit moet word. 

0
Vaalpark
Profile picture for user Johann L

Johann L

Thu, 12/07/2018 - 21:18

Hennie, het jou skoonseun die Rockey Jockey? 

Ek het by Loftus so tipe van Rockry Jockey gesien, maar dit is baie groot, vier wiele, twee vir dryf en twee vir stuur. Dit werk net 'n normale kar batery. Spyt ek het nie prys gevra, of fotos geneem nie.

0
Brackenfell

HennieBo

Fri, 13/07/2018 - 05:55

Hi Johann, nee ons het ons eie mover gemaak maar basies gebasseer op die 4Track soos by Loftus. Die een by Loftus het die 4 groot wiele op. Jy kan op hulle web gaan kyk. Ja, hy is bulky en weeg so om en by 45kg. 

0
Pretoria

leeu

Fri, 13/07/2018 - 06:34

Dis 'n pragtig mover, Hennie. Dit is lekker as hy op 12V werk, geen drade wat pla nie. Hoe sterk is die motor, in Wattage?

My Rocky Jockey is 220V en die draad is ALTYD in die pad.

0
0
Sionbergh

 

kanniedood
Zaagkuilsdrift
TO
Weesgerus