Dagse mense,
Neef het n groot passie vir tuinmaak, skuus maar nie rose en tjienkerienktjies nie, nee dis koolkoppe, aartappels en spenasie, vir oorlewing. En dan so bietjie van die "heirloom" kultivars, tamaties, bone, etc,etc vir interesantheid. Natuurlik is dit organies en probeer so gesond as moontlik groei.
Is daar nog Omies hier wat n tydjie in die groentetuin spandeer, sal graag wil saam gesels.
Sit n foto hier van my kweekhuisie in groentetuin.
Winter gepeuter

Frans, daai is n prag tuin…
Frans, daai is n prag tuin. Het jy al gedink aan hydroponics, so tonnel is perfek daarvoor, ek gaan hier in die nuwe somer so een bedding van dit probeer.
Nou nie n landbou skou wenner nie, maar die Hubbard was welig die jaar.

Oom Neef, waar is die ander…
Oom Neef, waar is die ander helfte van die coke heen, hoop is saam n klippie of tannie Rageltjie Louw gegooi. ???
Nee kyk hier is manne van…
Nee kyk hier is manne van formaat, gelukig mag ek glad nie groente eet nie so ek hoef nie sleg te voel dat ek geen groente tuin het nie?
Maar daai tonnel van oom Frans behoort goed te werk met Deon [Segekok] se "tamatie plantjie".
As ek van daai saad kan kry sal ek wel 'n groente tuin begin, daai "tamaties" moet goed wees vir mens, ek sien mense wat dit eet of so oom Frans dit gebruik vir rokery, is altyd happy en vol smiles?
Gesie, amper wonder ek oor…
Gesie, amper wonder ek oor Racheltjie Louw, mooi man. Die coke is wat oorgebly het na n aand by boerevereniging vergadering, res saam n botteltjie Captain afgesluk. Sien, mens moet darem dink aan more ook.
Arie, hier is n spenasieblare, ook saam leftover coke afgeneem.

Ek sal moet stadig met die coke, mense gaan dink ek drink nie wyn nie.
Sal dalk nog pampoen koekies…
Sal dalk nog pampoen koekies eet MAAR spinasie nooit!!!!!! Dan eet ek liewer 'n stuk hoender!
Oom Neef, daai blare laat my…
Oom Neef, daai blare laat my dink aan my ouers, hulle het dit opgekook en ek het dit met alle krag ge eet. Daai tyd was Popeye cartoons die ding en wou so sterk wees soos hy. Moet my ouers gaan kuier....
Ja Gesie jy moet seker weer …
Ja Gesie jy moet seker weer 'n bietjie by hulle uitkom. Hulle het jou so mooi grootgemaak.
Frans....
Frans, drie dinge het my baie beïndruk :
- Die PVC pyp-raamwerk van jou kweekhuis
- Die plant in kratte heup-hoogte en nie op die grond nie
- Die smeer van ghries aan die staalrak-pote om te voorkom dat goggas opklim na die gewasse
Mooi man, dit wil gedoen wees !
Ns. Jy bly al 44 jaar in jou huis. My aftreehuis waarin ons nou reeds vir 13 jaar woon is die langste wat ek nog in al ons huise sedert 1972 gewoon het !
Whahaha, oom Voorrie hulle…
Whahaha, oom Voorrie hulle het, en omtrent al die lelike gewoontes later aangeleer, behalwe die vloek nou, RSM en kolonel se sekretaresse het nogal vindingryke taal gebruik.
Frans, daai lyk alles baie…
Frans, daai lyk alles baie indrukwekkend, om die minste te sê. Roosmaryn is vir my die lekkerste kruie op aarde!
Lyk my jy en Herman is properliese groenteboere!
Dankie
Dankie vir die kommentare, nie gedink IEMAND sal tussen al die sporte deur nog lees nie!!
Die PAMPOEN was NIE bedoel om so groot te word nie, maar as blaregroei te ruig is, sien mens hom nie raak nie!!
Arie, ons BRAAI ook skywe pampoen!!!!, en met my se wederhelfte het probleme, MOET ons maar ekstra yster inneem, en BEET en SPINASIE voorsien dit!! Kan ek net noem dat om die groentetjies van die tuin af te gebruik, en om te gaan koop by winkel - moewiese verskil in smaak!!!!! GEEN RIOOLWATER!!!!!
Wil ook noem ek het so 20/25 jaar terug nog PYP gerook, en was soort van gedwing om op te hou rook!!!, het pyp eenkant gesit, en elke dag so wortel of twee loop soek in tuin, en handvol pietersielie in mond gestop!!!! Pyp en leë twaksak lê nog in garage!!!! Ander pype (Byfords en Mac'Nabs, is in houer in sitkamer op hulle rakkie!!!! NOG NOOIT weer aan so-iets gevat nie!! (so terloops, ek vrek allergies vir sigaret rook) STAAN MAAR VêR!!!!
Herman, ek het gekyk na hidroponies, maar ek het boorgat met mikrobesproeing oor hele erf, en voorheen was groentetuin benat saam met gras en ander beddings op tydskakelaar, nou het die groentehok het so 5 mikrosproeiers wat alles benat. Wintertyd is pomp aan vir 15minute elke dag. Ek sal anderdag verder kyk na alternatiewe metodes, tyd en geld is MIN!!! Spinasie plant ek slegs die Bright Colours - gekleurde stingels - werk vir ons baie goed, Kry ook blare van 30cm en langer. Muisvoëls was een van die faktore wat besluit vasgemaak het op toegeboude tuin!!!! Ander een was RONDLOPER KATTE!!!
Len, DANKIE, ek het ook aan die toevoerpype van besproeing op dakhoogte, asook ALLE goed waar moontlik miere en slakke kan toegang kry, besmeer!!!, en dit werk!!! Ek probeer GEEN spuitstof gebruik, derhalwe my dilemma met die verbrande witvliegies, en dit sal die koue darem hopelik hokslaan!! En, ja, ek is in Klerksdorp gebore, as kind he tons 2 huiese bewoon, waar ek laaste een by my ouers in 1970 gekoop het, en toe 1974 hierdie een laat bou het. Ek glo en vertrou dit sal my laaste aardse woning wees!!!, had altoos vir wederhelfte genoem, as ons dalkies kuier by kinders in Namibië, en ek AF dalk daar, moet hulle ASSEBLIEF my "assies" (soos in ná begrafnis!!) HUIS toe bring!!!
Frans, ken jy die resep van…
Frans, ken jy die resep van kookolie en skottelgoed seep vir witvliegies, werk vir my tamaties. Dan is daar ook een van knoffel en afrikaner blomme.
Herman
Herman, ja, ek weet van die resep waarvan jy praat, ook die Sunlight liquid Lemon weergawe met asyn gemeng (bruin), het so gedoen, MAAR, daar is gevalle waar dit NIE gaan werk nie. Dit is nie 'n "doodmaak"middel nie, maak dit net nie lekker omgewing vir die plaag nie, jaag hom net weg! en soos by my het ek 'n boom (wit stinkhout) moes afsaag, asook baie struike, om die eiers weg te kry. Die boereraat het NIE gewerk nie!
Witlvlieg het so 'n 7 dae siklus, van eiers lê tot uitbroei, so die wetenskaplikes sê jy moet vir minstens 5 weke, elke 5/6 dae spuit ( maar die eiers word aan ONDERKANT van blare gelê. BAIE MOEILIK om by te kom. Ek het begin spuit teen R160 per keer, maar reën gekry elke keer, en na 3 weke moed opgegee.
Daarna het ek die boom afgesaag (darem stam en paar takke gelos), struike, het ook sowat 20/25 meter waar Ivy teen betonmuur gerank het, skoongemaak. So 2 lorrievragte laat wegry, nog R500 meor toe.
Ek het by tannie google gaan lees, en gesien dat GEEL hulle aantrek, jy kry oorsee goed soos vlieëvanger goed te koop. Ek maak my eie!!!, baie helder geel karton (halfbladsy grootte) gelamineer, en vasmaak goete aangesit, en GHRIES gesmeer - sowat 50 of meer goed opgehang, lekker MELLOW YELLOW!!!, of Tie a yellow ribbon!!!!, bure het al gespot!! DIe voordeel van die 'vangers"ek maak skoon en smeer weer vars ghries, dit werk in die opsig, jy sien die blik-emmers vassit!, waar met spuit sien jy geen verbetering.
Ek moet sê dioe afgelope week of so se koue het groot positiewe uitwerking. Die wetenskaplikes reken dat so 7 dae aaneenlopend met minstens -2grade is effektief genoeg.
Ek hoop egter dat ek kan wen. Lyk my darem op die stadium die planthok is "skoon"!
Ons was in Junie af Natal toe, op Harrismith oorgeslaap, ek het vir eienares gewys hoe die plaag daar is!!! Selfs aan Suidkus kon ek dit waarneem, so, dis eintlik landswyd, maar met groter probleme waar daar warm en droë toestande was (aldus die wetenskaplikes) weet nie wie de meor hulle is nie, maar hulle seg so!!!
Freda
Freda, ja, die roosmaryn is 'n wonderplant. Ons gebruik BAIE, asook lourier. Daar is ALTYD roosmaryn en anys takkies in glas met water in kombuis, en loerier tak met blare wat daar rond hang.
My/ons konneksie met kruie kom uit 'ander deel'van my lewe!!!, het so 15/20 jaar terug kruietee hier plaaslik gesmous, afkomstig uit McGregor, naby Robertson, vanaf die Sing Fefur verwerking van Mossie (Gerald) Moskovitz. www.herbsorganic.co.za
Het hier plaaslik aan apteke, kafees, en Food Lovers verskaf. Was seker so 10 jaar daarmee besig, het staanders gemaak waarop dit opgehang was, en dan elke 2 weke gaan voorraad aanvul. Baie mense het later direk by ons aangekoop. My een kar was agter so ingerig dat ek voorraad (seker so 20 soorte kruietee) daar on ophang, en by afsetpunte net afhaal in karton en gaan inpak. ONS WOU daarvan aftree joppie maak, met karavaan en sleepwaentjie gehaak, en dan so rond te reis!!!, eina - dagdrome!!!!!!
Wat roosmaryn aanbetref (sien fotos van hoender wat ek vir Arie geplaas het), is daar basies net een variëteit wat vir kookdoeleindes gebruik behoort te word, en dis die helder blou-pers blommetjie een. Ek sal later foto plaas. Sy stingels word ook gebruik as jy wil lekker sosaties braai!!!
Ek het ook in kruietuin die "wilde roosmaryn" en hy lyk heel anders as die bekende kwekery soorte. Groei ook totaal anders. Dan, ANYS, maar dis storie vir 'n ander dag!!!
Frans, ek weet dat seep nie…
Frans, ek weet dat seep nie 100% werk nie, maar probeer gerus die resep wat mens met olie meng. Die eiers versmoor agv die olie wat daarop vasklou. Ek kon die kweekhuisie redelik skoonkry deur gereeld te spuit op die eiers wat sit onderkant van blare.
Wonder as mens van die vliegvanger taai linte wat so van die plafon af hang kan probeer, plak so stukkie geel hier en daarop dit vas ?
Magties maar ek sukkel my…
Magties maar ek sukkel my mielie af om n foto te plaas. Probeer een opsit van die "winter slaai". 12 slaaiplantjies in n verfemmer geplant net do voor die winter. Gate so rondom gemaak, en dit werk nogals goed.

Nou moet ek erken dat slaai net geeet word omrede dit nodig is, Von verorber bakke, ek moet haar keer anders kry ek wragtig elke dag.
Dan is daar nou n nuwigheid aan die gang. So 1,8m elektriese element wat om pype gedraai word sodat dit nie vries nie, in n bak gesit bo-op n stuk polistireen en met screed bedek. Geyser termostaat gaan die temperatuur sowat 20 grade hou. Plan is om 2 saailing bakkies daarop te sit sodat die grond warm genoeg is vir ontkieming.

Se nou net om te speel is nie lekker nie.![]()
Jull praat so van tuin maak…
Jull praat so van tuin maak. Ek is besig met proewe om pithium en ander skadelike organises te onderdruk in tonnel water. Hierdie organismes beskadig die plante se wortels en dan ook hulle vermoë om voeding op te neem en effektief te groei.





Frans, dit is nou groente…
Frans, dit is nou groente tuin van fomaat?
Tussen jou, Herman en nog so paar manne hier, bly ek stjoep stil oor my miniatuur tuintjie.